UTFORSKBIBLIOTEKBLADER
KATEGORIER
FREMHEVET
UTFORSKBIBLIOTEK
Mat og vin
SARIE KOS

SARIE KOS

Apr/Jun 2020

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

Land:
South Africa
Språk:
Afrikaans
Utgiver:
Media 24 Ltd
Les mer
KJØP UTGAVE
NOK28.20
ABONNER
NOK91.66
4 Utgaver

I denne utgaven

2 min.
kospraatjies

Op die hoek van die straat waar ek woon, is daar ’n groot ou akkerboom. Hierdie boom is my kalender. Want elke dag as ek by die straat indraai, herinner die boom my aan hoe die seisoene draai. Ná die winter sien ek hoe sy weer haar groen rok aantrek, en dan skielik maande later begin die blarerok weer verander. Vir my bly hierdie tyd van die jaar die mooiste: Herfs. Dis daardie geel, oranje, rooi, pers en bruin kleure van die akkerboom se blare wat my kombuis toe roep vir brood bak, sop kook en krummelpap maak. Dit is dié einste geregte wat my hart warm laat klop om hier in Afrika te woon. Nêrens kry jy ’n plek soos hierdie kontinent nie en jy kan nie help om #ImStaying op…

1 min.
franse flair

Peugeot se nuwe generasie modelle raak al hoe mooier, deftiger en meer indrukwekkend. Die nuwe 5008-sportnuts wat ons onder hande gehad het, is ’n toonbeeld hiervan. Boonop is dit ’n ruim en praktiese gesinsvoertuig met sitplek vir tot sewe passasiers, terwyl dit baie gerieflik is en met topveiligheidskenmerke spog. Selfs die intreevlak-Allure-weergawe het ’n oorvloed van luukse kenmerke en die binne-afwerking is indrukwekkend. Onder die enjinkap is ’n 1,6 liter-turbopetrolenjin wat hom goed van sy taak kwyt en ook goeie brandstofverbruik lewer. Pryse begin by R539 900…

2 min.
ons hou van

BUON APPETITO! Hou jou lyf Italianer en maak jou eie pasta. Met dié duursame pastamasjien van Marcato Atlas kan jy van lasagnevelle tot linguine tuis maak. Beskikbaar in verskillende kleure. R1 599 by yuppiechef.com PROE JAPAN “Roku” beteken in Japannees “ses”. Dié boetiekjenewer word in Japan gedistilleer van ses hoof- botaniese bestanddele: joezoe-skil, sakoerablom en -blaar, sensjatee, giokoero-tee en sansjo-peper. Ook met tradisionele jenewerbessies en lemoenskil, en in ’n pragtige bottel. Vanaf R359 vir 750 ml by uitsoekdrankwinkels GESONDE(R) SJOKOLADE Vry van suiker, gluten, suiwel, gemaak van die beste gehalte bestanddele en veganis-vriendelik. Nova Choc se donker rissie-sjokolade met kasjoeneute is heerlik en ondersteun ook ’n goeie saak. ’n Deel van die opbrengs uit die verkope gaan aan Goodbye Malaria, ’n program wat malaria help beveg. Vanaf R20 vir ’n 40 g-stafie by novachocolate.co.za BROODNODIG Suurdeegbrood is…

2 min.
likeurs net in sa

KAAPSE PASSIE Die bekroonde Pittekou Granadilla Liqueur van Kaapse Liqueurs het die verfrissende smake van grenadella, oftewel Passiflora edulis. Dit word gemaak van suiwer natuurlike bestanddele, met vars grenadellapulp wat tydens die vervaardiging bygevoeg word. Skink dit net so oor ys, of voeg vonkelwyn en sodawater by vir ’n tropiese spritzer. Probeer gerus ook Kaapse Liqueurs se tradisionele Limoncello en Buchu Limoncello. Vanaf R209 by Yuppiechef MELKTERT-WOEMA MET TANT SANNIE Slim het nog nooit só lekker gesmaak nie! Die storie loop dat tant Sannie se melktert legendaries was in die Karoo, maar dat oom Dawie gevoel het dit benodig meer skop. ’n Knertsie uit sy heupfles is by die resep gevoeg en so het ’n nuwe likeurdrank, Tant Sannie se Melktert, ontstaan, wat gou aanhangers ver wyer as die Karoo getrek het. Vanaf…

2 min.
blik sonder bloos

Wyn in blikkies wys hoe die tradisionele wynbedryf ook buigsaam kan wees. En dat Suid-Afrikaners nie agterbly as dit kom by tendense nie. Koop ’n paar blikkies en pak ’n piekniekmandjie. Of gaan stap saam met vriende en knak ’n wyn terwyl julle op ’n berg na ’n sonsondergang kyk. Gaan kamp of vat dit saam na ’n buitelugkonsert . . . die moontlikhede is baie en die wyn pas by enige moderne mens se leefstyl. Ons sê gesondheid! op ’n nuwe era van wyn. 11 VOORDELE VAN WYN IN BLIKKIES 1. Vervoer maklik 2. Verkoel baie vinnig 3. Blikkies is maklik om te herwin 4. Dis ligter as ’n bottel 5. Kan nie breek nie 6. Net soos met bier, word die smaak van wyn nie in ’n blikkie geraak nie 7. Danksy die kleiner volume is…

2 min.
saartjie gee raad

Ek wil weet hoe ek hoenderborsies gaar maar sappig kry? Dis altyd te droog, of nie gaar genoeg nie! Veronique Richter, Pretoria SAARTJIE: Hoenderborsies is geneig om vinnig uit te droog, dus moet jy versigtig wees om dit oorgaar te maak. ’n Veiliger opsie is om eerder hoender op die been gaar te maak en dit dan later te ontbeen, of gebruik ’n snit met meer vet soos ’n dytjie. HOEKOM RYS DIE KOEKE WAT EK MAAK NOOIT SOOS OP DIE FOTO’S IN DIE TYDSKRIF NIE? Deune Schutte, Oos-Londen SAARTJIE: Soos enige ander bestanddeel kan bakpoeier ook oud raak. Kyk dus altyd na die vervaldatum voor jy begin bak. Ek sal aanbeveel dat jy eerder bakpoeier in klein pakkies koop as in ’n groot blik. SARIE-REDAKSIE VRA: Hoe keer jy dat ’n kerriegereg ’n bitter smaak…