Reise og friluftsliv
Weg! Platteland

Weg! Platteland

Herfs 2020

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Land:
South Africa
Språk:
Afrikaans
Utgiver:
Media 24 Ltd
Les mer
KJØP UTGAVE
NOK39.96
ABONNER
NOK99.89
4 Utgaver

i denne utgaven

2 min.
as reën ’n ramp word

Water, besef ons weer toe ons in November laasjaar na Mpumalanga, Gauteng en Noordwes reis om stories vir hierdie en volgende uitgawes in te samel, bly maar een van die grootste gawes. Ons het skoon bederf gevoel toe ons vyf dae agtereenvolgens getrakteer is met ’n lieflike donderstorm – lees die storie oor Val (bl. 54) in hierdie uitgawe. Dit is byna hipnoties om op die stoep te sit en kyk hoe goeie reën neerstuif en die aarde voed. Natuurlik kan ’n mens nie reën bestel wanneer jy dit nodig het nie, en ook nie die presiese dosis wat net reg is vir jou behoeftes nie. Deur die somer het ons gelees van vloede in die oostelike dele in die land, veral in KwaZulu-Natal en, meer onlangs, Gauteng. Mense moet vlug;…

1 min.
weg! platteland

REDAKTEURS JOHAN VAN ZYL & PETER VAN NOORD KUNSHOOF SEAN ROBERTSON UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON HOOF VAN MEDIA24?DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBESTUURDER: MAANDELIKSE TYDSKRIFTE NERISA COETZEE HOOF: PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE HOOF: LEEFSTYL JAMEELAH CONWAY FINANSIËLE BESTUURDER MUNEEB ADAMS SIRKULASIEBESTUURDER RIAAN WEYERS 021 443 9964 | riaan.weyers@media24.com SAKEBESTUURDER: VERKOPE DANIE NELL 082 859 0542 | danie.nell@media24.com JEANINE KRUGER 082 342 2299 | jeanine.kruger@media24.com LIZEL PAUW 082 876 8189 | lizel.pauw@media24.com NICK FITZELL 071 430 6311 | nick.fitzell@media24.com SANETHA MEINTJIES 084 416 5797 | sanetha.meintjies@media24.com SHARLENE SMITH 083 853 1604 | sharlene.smith@media24.com THEA THOMAS 078 450 7771 | tthomas@media24.com VERNETTE RAUTENBACH 084 610 6432 | vrautenb@media24.com KOMMERSIEEL: REDAKTEUR GERDA ENGELBRECHT BESTUURDER LISE VAN BREDA | lise.coetsee@media24.com BEMARKING ANDILE NKOSI KOMMERSIËLE HOOF: PROJEKTE FRANCOIS MALAN PRODUKSIE KERRY NASH AANLYNWINKEL DONVÉ MYBURGH | donve.myburgh@media24.com REPRODUKSIE SHIREEN ALLIE…

15 min.
vertelons

LAAT HOOR VAN JULLE! Skryf vir ons en vertel ons van jou skuif of verlange Plattelandtoe, die karakters op jou dorp, die dinge waaroor jy mal is (of wat jou pla)… Stuur ’n e-pos na helloplatteland@gmail.com of skryf aan PlattelandVertel ons, Posbus 526, Moorreesburg 7310. Ons gee voorkeur aan briewe van minder as 300 woorde. Onthou om jou voornaam en van te gee en, belangrik, die dorp waar jy woon. Plattelandbehou hom die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer en verkort. wenbrief Dis die ménse wat ’n dorp maak Sedert die geboorte van Platteland, soos julle dit stel in die Somer 2019-’20-uitgawe, het ek nog elke liewe uitgawe gekoop en dit is netjies in ’n pakkie, van #1 tot #24 (nou #25), opgestapel in my boekrak. Na aanleiding van die brief “Waarom die negatiewe…

2 min.
nuus & dagboek

’n Boomhuis is Riebeek se nuwe roepstem ’n Mens kan nie help om te oe en aa as jy by André Beaurain en Corné Pretorius se nuwe Riebeekvallei-tuinsentrum in die hoofstraat van Riebeek-Wes instap nie. Die plaaslike inwoners beskryf dié planteparadys, wat met ’n kunsgalery, koffiewinkel-en-restaurant, deli-engeskenkwinkel (met Karoolam al die pad uit Prieska) en skoonheidsalon op dieselfde perseel spog, as ’n “bestemming” wat reeds van heinde en ver besoek word en nog baie besoekers na die dorp gaan lok. As die groenvingerkêrels se naam dalk ’n klokkie lui: Ons het inderdaad al in Platteland #8 (Lente 2015) oor hulle geskryf en hulle het in dieselfde uitgawe ook praktiese wenke gedeel om orgideë gelukkig te hou. In Augustus 2015, nog voor die fondament van die nuwe sentrum gegrawe is, het die twee ’n…

1 min.
breek weg na swellendam (en word wys)

Suid-Afrikaners, vernaam dié in die Kaap, is nou maar eenmaal sonverslaafdes wat in die geringste koue in ’n diep, binnenshuise winterslaap wegglip en dit gewoonlik eers weer in die lente sal oorweeg om die pad vat. Hierdie tameletjie het John Paisley en ander lede van die gemeenskap van die Overbergse dorp Swellendam met ’n blink plan vorendag laat kom: die Swellendam-winterskool. Oor ’n tydperk van vier maande – van Mei tot Augustus – wanneer die besoekersgetalle aan die derde oudste dorp in Suid-Afrika dramaties afneem, word daar in hierdie pragtige natuurskoon meer as 50 verskillende praktiese kursusse vir volwassenes aangebied – en nee, hier leer almal iets, maar niemand hoef te stres oor ’n eksamen nie. Verskeie kunstenaars, skrywers, stokperdjie-en-toesiaste, handwerkers, seepmakers, bakkers, distilleerders, joga- en meditasie-instrukteurs, tuinmakers, avonturiers en kenners op…

1 min.
kaapse camino kry nóg twee bene

Die Cape Camino-pelgrimsroete, opgedeel in vier stukke wat uiteindelik sowat 850 km sal beslaan, bestaan reeds sedert 2015 toe die vierde deel, die sirkelroete van 160 km in die Kaapse Skiereiland, bekend gestel is. Nou het die heel eerste groep pelgrims die eerste en tweede deel van altesame 222 km, onderskeidelik bekend as die Limietberg- en Bergrivierseksie, voltooi en Platteland het saam met hulle middagete geniet by Die Rooi Granaat op Aurora toe hulle klaarmaak. Maak ’n draai op die webwerf om uit te vind hoe jy die roete op spesifieke datums in ’n groep of op jou eie kan stap. Kyk gerus ’n kort YouTube-video oor die bekendstelling van seksie 1 en 2 wat een van die stappers, die Nederlander Sandra Korse, gemaak het. Tik “Cape Camino launch of sections…