ZINIO-logo
UTFORSKBIBLIOTEK
Reise og friluftsliv
Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep

December - January 2021

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Les mer
Land:
South Africa
Språk:
Afrikaans
Utgiver:
Media 24 Ltd
Hyppighet:
Monthly
KJØP UTGAVE
NOK 32.61
ABONNER
NOK 146.76
6 Utgaver

i denne utgaven

2 min.
op beter dae

Terwyl ek hier tik, het ’n groot farmaseutiese maatskappy aangekondig sy entstof teen Covid-19 is tot 90% doeltreffend. Ons hou duim vas. D it voel vreemd om vroeg in November al ’n jaareindbrief te skryf, maar “vreemd” is ’n woord of konsep wat in 2020 waarlik nuwe betekenis gekry het. Dis vreemd hoe die einde Maart, toe die nasionale inperking ingestel is, soos net nou die dag voel. Vreemd hoe vinnig woorde soos Covid-19, masker, lockdown, Zoom, pandemie, PPE (en ja, die gepaardgaande bedrog... sug), kwarantyn, hand santiser, social distancing en ventilator deel van jou daaglikse woordeskat geword het. Vreemd hoe vinnig jou huis se mure nader aan jou kom wanneer jy nie meer op kantoor werk en ander mense sien nie. Vreemd hoe jy eers besef hoe belangrik kamp, veldry, avontuurreis en…

1 min.
weg ry and sleep

REDAKSIE REDAKTEUR SCHALK JONKER schalk.jonker@media24.com JOERNALISTE LEON BOTHA leon.botha@media24.com CYRIL KLOPPER cyril.klopper@media24.com KYLE KOCK kyle.kock@media24.com UITLEGKUNSTENAARS DOMINIC WIENAND dominic.wienand@media24.com OWEN WILLOUGHBY owen.willoughby@media24.com TEKSREDAKTEUR PETER VAN NOORD peter@subteks.co.za KOSREDAKTEUR JOHANÉ NEILSON MULTIMEDIA MARCELLE VAN NIEKERK marcellevanniekerk@media24.com UITVOERENDE HOOF MEDIA24 ISHMET DAVIDSON UITVOERENDE HOOF DRUKMEDIA RIKA SWART HOOFBESTUURDER LEEFSTYL MINETTE FERREIRA HOOFBEMARKINGSBESTUURDER LEEFSTYL NERISA COETZEE HOOF PROJEKBESTUUR RAJ LALBAHADUR FINANSIËLE BESTUURDER MELANIE LEEMAN SIRKULASIEBESTUURDER ARMAND KASSELMAN MEDIA24 LEEFSTYL KREATIEWE ATELJEE KREATIEWE HOOF MICHAEL DE BEER BESTURENDE REDAKTEUR: KOMMERSIEEL GERDA ENGELBRECHT HOOF: GELEENTHEDE FRANCOIS MALAN HOOF: BORGSKAPPE NIKKI RUTTIMANN nikkir@media24.com BEMARKINGSBESTUURDER ANDILE NKOSI Andile.Nkosi@media24.com TEKSREDAKTEUR: ADVERTENSIES BRIGITTE BLANCKENBERG PRODUKSIE KERRY NASH AANLYNWINKEL AMINA ESSOP Amina.Essop@media24.com KONTAK ONS AMINA ESSOP Amina.Essop@media24.com KAAPSTAD POSADRES Weg Ry & Sleep, Posbus 740, Kaapstad 8000 STRAATADRES 19de verdieping, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 JOHANNESBURG POSADRES Weg Ry & Sleep, Posbus 785266, Sandton 2146 STRAATADRES Kikuyustraat 6, Sunninghill 2191…

1 min.
biliebrief

Ryk wen ’n koelsak ter waarde van R220. Of jy nou kamp, piekniek hou of langs die krieketveld sit, dié koelsak het onder meer plek vir ’n kosblik én genoeg ruimte vir ’n 1,5 ℓ-koeldrankbottel. Daar is ook nog pakplek in die boonste helfte vir ’n bottel die helfte van dié grootte. Verder is die binnekant met ’n PVC-laag uitgevoer wat dit maklik maak om die koelsak skoon te hou. Die sak het ook ’n handvatsel wat bo-oor kom en met klitsrits heg, asook ’n skouerband as jy jou hande los wil hê. winkel.weg.co.za…

5 min.
waarom tuis sit en wonder?

Ek en my vrou, Gert, het besluit om saam met ons vriende Smartie en Libet Genade sterre te gaan kyk op Sutherland, en so vertrek ons middel Oktober. Ons bespreek plek vir twee nagte in The Whitehouse Inn op die dorp. Ons val in die pad en geniet eers ’n lekker koppie koffie op Matjiesfontein vóór ons afdraai Sutherland toe. Die Karoo is mos maar droog, maar steeds is die teer-pad wat deur die berge kronkel, ’n mooi gesig. Dit is 32 ºC en ons koel af met ’n koue bier in die “Withuis”. Dieselfde aand nog maak ons ’n draai by Jurg Wagener om sterre te kyk. (Jurg besit ook die Sterland-kampplek op die dorp.) Jurg se aanbieding is puik, maar wat kan ’n mens nog hier op Sutherland doen? Die…

4 min.
van heinde en ver...

Twee-twee deur blommeland “Hierdie is ’n plaaspaadjie so 13 km anderkant Nieuwoudtville, in die rigting van Papkuilsfontein. Dit loop nie regtig iewers heen nie, maar hier sien ’n mens mooi blomme.” Dié foto is oënskynlik “leeg” en lyk doodeenvoudig, maar verskeie elemente werk saam om dit boeiend te maak: As jy die eerste keer daarna kyk, is dit moeilik om weg te kyk. Dit is ’n goeie voorbeeld van passiewe komposisie, en die foto het verskeie sterk komposisie-elemente wat mekaar komplementeer. Die eerste wat ’n mens raaksien, is natuurlik die tweespoorpad, wat maklik die helfte van die foto-oppervlak beslaan. Dit is dus die fokuspunt, maar omdat die pad weg van jou loop, volg jou oog die spoor tot waar dit in die verte verdwyn. Dit is van hier af waar die komposisie jou…

9 min.
bela-bela is ’n boskampplek ryker

Veldry-entoesiaste wat die wêreld rondom Bela-Bela al platgekuier het, kan nou by ’n nuwe bestemming afsaal. Lekwena Ranch is 27 km buite die dorp, op die Alma-pad, en hier is pas ’n nuwe kampplek ingerig. Dele van die grondpad tot by Lekwena is nie bedoel vir padwaens nie, maar nommerpas vir jou bos- of -woonwa. Die kantoor is sowat 1,5 km van die hek af en dien sommer ook as onthaalplek, waar jy boonop goed soos koeldrank, lekkergoed, ys, hout en houtskool kan aanskaf. Langsaan is ’n ronde swembad en die badkamers. Hier is nie kragpunte op die staanplekke nie, maar as jy dalk ’n foon of iets anders wil laai, kan jy by die badkamers of onthaalplek regkom. (Hoewel die selfoonsein maar power is, is hier wifi by die onthaalgebied.) Die tien staanplekke…