UTFORSKBIBLIOTEKBLADER
KATEGORIER
  • Kunst og arkitektur
  • Båt og fly
  • Forretning og finans
  • Biler og motorsykler
  • Kjendiser og sladder
  • Comics & Manga
  • Håndverk
  • Kultur og litteratur
  • Familie og oppdragelse
  • Mote
  • Mat og vin
  • Helse og trening
  • Hjem og hage
  • Jakt og fiske
  • Barn og tenåringer
  • Luksus
  • Livsstil for menn
  • Film, TV og musikk
  • Nyheter og politikk
  • Fotografi
  • Vitenskap
  • Sport
  • Teknologi og spill
  • Reise og friluftsliv
  • Livsstil for damer
  • Vosen
FREMHEVET
UTFORSKBIBLIOTEK
 / Reise og friluftsliv
WegSleep Oordgids

WegSleep Oordgids

2018

Met WegSleep kan jy 2016 op ’n hoë noot afskop. Op 9 Januarie is ons nuwe oordgids op die rak. Ons het die WegSleep-oordgids 2016 saamgestel om jou te help om jou volgende kampe te beplan. Dit is ’n gids met inligting oor 197 kampplekke en oorde in al die provinsies en in die Wildtuin. Die gids gee vir jou inligting oor die kampplek se staanplekke en geriewe, hoe om daar te kom en die prys en kontakbesonderhede. Met dié gids kan jy jou kampnaweke en vakansie(s) vir die nuwe jaar en sommer vir 2017 begin beplan. Geniet dit en lekker kamp.

Land:
South Africa
Språk:
Afrikaans
Utgiver:
Media 24 Ltd
Les mer
KJØP UTGAVE
NOK34.59

I DENNE UTGAVEN

1 min.
help ’n bietjie daar

Ek en my kollegas is reisjoernaliste. Nié reisagente nie. Ons het egter ’n effense idee hoe dit moet voel om laasgenoemde te wees, want daar beland weekliks tientalle e-posse by ons wat almal min of meer dieselfde strekking het: “Waar kan ons gaan kamp naby (bestemming) waar dit netjies is met ’n warmwaterswembad en skoon badkamers? Dit moet ’n lekker plek wees en die pad moet mooi wees en hoeveel kos dit en watter nommer moet ons bel en is daar mense wat ons kan help met die tent?” (sic) Dis nie dat ons onwillig is om te help nie, maar dit is nogal ’n tydrowende besigheid en dan moet ons boonop raai oor wat jou idee van ’n “lekker” plek is. Die 2018-weergawe van ons immergewilde Oordgids maak dus die lewe…

2 min.
kliphoek-rivieroord

Net meer as 150 km van Kaapstad af, en skaars 10 km voor jy die drielingdorpe Velddrif, Port Owen en Laaiplek binnery, lê die Kliphoek- rivieroord op die oewer van die Bergrivier. Dié oord lê in ’n voëlreservaat in die enorme mondingsgebied van die Bergrivier en ewe gewild onder voëlkykers van reg oor die wêreld, natuurliefhebbers, watersportentoesiaste en hengelaars. Op Kliphoek haak jy af op een van 8 groot staanplekke naby die water. As bonus het jy jou eie groot koelteafdak en private badkamer op jou staanplek. Vier van die 8 groot staanplekke is in ’n ry langs mekaar naby die water en die ander vier net bo dit op ’n hoë terras. Tussen elke twee staanplekke is ’n netjiese badkamergebou met ’n aparte badkamer, opwasplek en kuierstoepie vir elke staanplek. Die koeltebome is…

2 min.
donkieskraal-gastelodge-en-private-wildreservaat

Tussen Langebaan en Lambertsbaai in die Weskus strek die Sandveld soos ’n uit- gerekte boontjie die binneland in. Hier, drie uur se ry van Kaapstad af, kan jy in ’n stil, klein kampplek langs ’n kliprantjie vergeet van die stadsgedruis en jou 40 uur-werkweek. Die Donkieskraal-kampplek is in ’n private natuurreservaat langs ’n groot aartappelplaas. As jy die dag gelukkig is, verwelkom ’n wiegende kameelperd jou in die pad, nog voordat jy die grond-ensandpad van 4,7 km tot by die kamphek klaar gery het. Vlak by die hek staan helderrooi en oranje speldekussings en jou staanplek is 150 m verder. Jy kan nie net uit die bloute by Donkieskraal opdaag nie, want die kans is goed dat jy nie gaan plek kry nie. Hier is net vyf staanplekke. Dit is onmoontlik om deurmekaar…

2 min.
algeria

Met die eerste oogopslag voel ’n paar dinge rondom Algeria nie pluis nie. Eerstens is die Franse naam ietwat ontuis tussen al die eg Afrikaanse name soos Lot se Vrou, Koerasieberg en Rondegat. En dan lê die kampterrein in ’n bloekombos, ’n uitheemse boom wat seker nie baie vriende het hier in die middel van ’n Suid-Afrikaanse bewaringsgebied nie. Uitheems ofte nie, dié bome vorm ’n welkome blaredak wat die sonnetjie uit die grootste deel van die kampterrein hou wanneer hy op sy ergste bak. Met die Rondegatrivier wat sterk deur die kampterrein vloei – en ’n paar sproeiers tussen die staanplekke – kan dié dors bome ook maar na hartelus drink, en die gras bly heeljaar groen. Algeria is waarskynlik die Sederberg se gewildste kampplek, en jy moet maar sorg dat…

2 min.
the baths

Vir dié soort oord moet ’n mens maar altyd bespreek, want dis gewild. Die staanplekke begin regs van die pad soos jy deur die hek ry. Die grondpaadjie klim ’n raps meer as ’n halwe kilometer teen die bultjie uit, maar dis smal en twee woonwaens kan nie verby mekaar skuur nie. ’n Stroompie loop links van die inrypad terug hek se kant toe, en weerskante van die water staan groot bome weerskante ingeryg. Buiten vir die klompie staanplekke regs van die pad is die res van die staanplekke onder die bome by die stroompie uitgelê. Die twintig of wat staanplekke loop langs die stroom teen die berg op tot by die kantoor. Die staanplekke is nie ewe groot nie en wissel van enorme tot piepklein lappies waarop net ’n klein tent…

2 min.
imhoff-woonwapark

Imhoff is skaars 650 m se stap van Kommetjie se Langstrand af en nie te ver van die aangrensende Noordhoekstrand nie. Dis nie ’n luukse of deftige oord nie, maar dit is netjies en lyk of dit goed bestuur word. Hier is altesame 100 staanplekke in dié boomryke woonwapark, maar op ’n hand vol van hulle is voltydse inwoners. Van die hek af loop die pad in drie sirkels deur die park, en die staanplekke lê min of meer in drie groot sirkels langs en oorkant mekaar. Jy kamp op groen gras met grondkolle hier en daar. Al is jy in die middel van die dorp en al hoor jy die verkeer op jou staanplek, kwetter en sing die voëls tussen al die park se hoë denne-, palm-, ander bome. Dit voel…