ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Huisgenoot

Huisgenoot

05 Aug 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
$2.57
$100.08
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ELKE DAG IS ’N ROLLER COASTER’ ’n Jaar nadat hul seun sy eie lewe geneem het weens boelies is dit nog moeilik vir sy ouers. Maar hulle moet aangaan, sê Arina Odendaal van Kestell Ek weet hoe dit voel. My dogter was 25 jaar oud en sy het baie gely. Ek as ouer kan sê die hartseer gaan nooit weg nie, maar God gee jou krag om aan te gaan. Dis moeilik, maar Hy maak alle harte heel. ISABELLA Die dag toe my seun dood is, was die ergste dag van my lewe. Ná twee jaar is dit nog nie vir my duidelik waarom dit gebeur het nie. Ek bid vir openbaring oor sy dood. Ek is jammer, ek weet hoe jy voel. HELEN Sterkte. Nie een van ons weet waardeur jy gaan nie. Dit…

2 min
redakteurbrief

VIR my is die lekkerste deel van sport kyk die dinge wat so tussendeur gebeur: My pa wat mor oor iets wat die skeidsregter besluit het. Rassie Erasmus wat skielik as “waterboy” op die veld verskyn. My broers wat oornag stérk menings het oor Italië se spel in die Euro Cup. My seuntjies wat Siya, Bongi, Handré, Lood en Faf op hul voorname noem asof hulle ou vriende is. Die vurige gesprekke oor of die geskiedenis Djokovic bo Federer en Nadal sal beskou. Frankryk se dorpies vanuit die lug wanneer Pogacar in sy geel trui oor die heuwels van die Tour de France trap. Die trane van die vrou wat goud wen in die fietsry by die Olimpiese Spele en van die een wat gedink het sy gaan beter vaar…

6 min
drankduiwel, koebaai met jou

TOE hy die soveelste oggend wakker word met die wete dat hy die vorige dag weer die belofte aan homself verbreek het om op te hou drink, het Rudi Claase besef hy sal nie die stryd teen die drankduiwel alleen kan wen nie. Daarom het die sanger en liedjieskrywer die drastiese besluit geneem om ’n inplanting teen alkoholmisbruik te kry om hom uit die greep van alkoholisme te bevry. Maar min het hy toe geweet watter groot eise daar alles in sy eerste nugter jaar in ’n lang tyd aan hom gestel sou word – ’n pandemie wat sy sangloopbaan tot stilstand laat ruk, ’n kankerskok, ’n mantelvliesbreukoperasie en ’n beroerte. En net toe dit lyk asof die lewe ophou houe uitdeel, het Rudi (38) en sy vrou, Suzette (49), albei in Junie…

1 min
’n inplanting teen verslawing

Die inplanting teen alkoholmisbruik verwys na die chirurgiese gebruik van Disulfiram, ’n middel teen chroniese alkoholverslawing, sê dr. Wessel Vermeulen, ’n algemene praktisyn van Oudtshoorn in die Wes-Kaap met kennis oor behandelingsmetodes vir middelmisbruik. Pleks daarvan om ’n middel soos dié mondeliks in te neem, word dit in ernstige gevalle onder die vel ingeplant. “Jy kan daarom nie besluit om te drink en eenvoudig nie jou medikasie te neem nie,” verduidelik Wessel. Die middel word stelselmatig in die bloedstroom vrygelaat en veroorsaak ’n akute sensitiwiteit vir alkohol; daarom is daar ernstige neweeffekte soos braking as jy wel sou drink. Die misbruik van alkohol ná die toediening van die middel kan selfs dodelik wees. So ’n inplanting is nie “algemene praktyk” nie, sê Wessel. “Disulfiram is ’n ‘artikel 21’-middel – dit beteken ’n spesialis…

9 min
die bokkies agter ons bok-brekers

WAT is ’n Bok dan nou sonder sy blaar – veral in die tyd van covid en kwarantyn? Toe die Springbokke onlangs in die eerste van hul drie toetswedstryde teen die Britse en Ierse Leeus in die Kaapstad-stadion uitdraf, was die land se rugbygees eindelik weer aangevuur. Die Bokke het die taai stryd weliswaar net-net verloor, maar gelukkig lê nog twee toetse op 31 Julie en 7 Augustus voor. Vir kaptein Siya Kolisi en kie was dit sekerlik ’n vreugde om weer as ’n span saam te speel nadat die pandemie, inperking en die coronavirus hulle lank van die veld af gehou het. Maar ten minste was baie van die Bokke nie alleen in die uitdagende tyd wat gevolg het sedert hulle in 2019 die Wêreldbekertoernooi in Japan gewen het nie. Talle van ons…

8 min
spiertier met die steun van span steyn

WYS my wat’s lekker en maak bietjie lyf los vanaand… So hoor jy Gerhard Steyn in “Groter as Goliat” sing. En dit lyk kompleet of hy sy eie raad gevolg het, want die 44-jarige wat nou voor jou staan, het omtrent 15 kg se vetjies “losgemaak”. Begin vanjaar het die sanger, TV-aanbieder, akteur en sakeman nog 149 kg geweeg, maar deesdae is hy ’n gespierde 134 kg. Jy kan maar sê hy’s nou meer Dawid as Goliat. “Om te dink dat ek myself toegelaat het om soveel te weeg! Nee, ek gaan nie weer terug na daardie ou nie,” sê hy beslis. TV-kykers het die afgelope drie maande sy gewigsverliesreis dopgehou in die VIA-program Skud dit af. In dié reeks het hy en sy vriend en Konings van kitskos medeaanbieder, Alvin Bruinders,…