ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Crafts
Idees

Idees

November/December 2020

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
IdeesFabriek
Frequency:
Bimonthly
SUBSCRIBE
$30.53
6 Issues

in this issue

1 min.
redakteur

Dis lanklaas dat ek aan die einde van ’n jaar so gespot is oor ’n brief wat ek vir die eerste uitgawe van die jaar geskryf het. ‘2020 – ’n gebalanseerde syfer vir ’n jaar van balans,’ het ek verklaar. Langs my brief die profetiese woorde: ‘Bly kalm en maak iets moois.’ Die vroutjie op ons skelpienk voorblad het wel effe wild gelyk, maar het baie positief ’n bottel borrels in een van haar vele hande gehad. As sy geweet het wat ons teen April geweet het, was daar een in elke hand! En hoe moes ons inderdaad nie aanhoudend mooimaak om kalm te bly nie. Hier is ons nou, aan die einde van een van die vreemdste jare in menseheugenis. ’n Jaar van kansellasies en afsondering, van Zoom en uitgroei-hare,…

6 min.
nuwe dinge

VAN HUIS TOT STYLPALEIS Bykomstighede is die wagwoord om ’n vaal huis in ’n stylvolle tuiste te verander wat ook jou unieke persoonlikheid weerspieël – of dit nou in die vorm van ’n geurige lugverfrisser of ’n kers of ’n strooikussing vol patrone is. Met Biggie Best se jongste produkreeks kan jy dié seisoen nuwe lewe blaas in jou dekor sonder om in die proses jou bankbestuurder die horries te gee. Die fokus is op blou-en-wit keramiekstukke, mandjies, lampskerms, spieëls, kershouers, skinkborde en veel meer. Hulle strooikussings word met vere gestop en sal styl en gemak verleen én die asem wegslaan. Besoek biggiebest.co.za vir inligting. LIGTE BORRELS The Duchess Drinks Studio het pas ’n nuwe produk by hulle innoverende reeks alkoholvrye drankies gevoeg: Die Duchess Spritz is ’n verfrissende ligte alkoholvrye borreldrankie wat…

5 min.
’n fees van ’n huis

‘H eerlike kos, spesiale musiek, seisoenale versierings en ’n ware feesvakansie saam met vriende en familie maak Kersfees ’n baie betowerende tyd vir my en my gesin,’ sê Sabine Wentink-Burkunk, ’n fotograaf en interieurontwerper, wat vanjaar weer Kersfees saam met haar man, Juriaan, en hulle kinders, Vic (7) en Faas (6), gaan vier. ‘Dié tyd van die jaar wil jy saam met jou geliefdes deurbring,’ voeg sy by. En elke jaar is niks vir haar lekkerder nie as om haar huis vir die seisoen mooi te maak. En dan haar familie en vriende te ontvang. ‘My pa was baie siek en daarom is dit regtig spesiaal dat hy die feestyd saam met ons kan wees. Hy kan nie meer voltyds by die huis woon nie en daarom koester ek elke oomblik wat…

8 min.
kalm kersfees

Kersfees met sy versierings, geskenke, kuiermense en hope kos laat sommige van ons se oë skitter soos dié seisoen se liggies, terwyl ander se maag behoorlik op ’n knop trek. Ná ’n besige jaar waar ons almal net wil terugsit en ontspan, kan die realiteit wees dat jy harder werk as ooit. Ook dat jy dikwels jou tafel deel met lede van die uitgebreide familie met wie jy nie noodwendig ’n lewensuitkyk deel nie. Maar vanjaar is anders. Terwyl ek hierdie artikel skryf, weet ons nog nie of ons saam met ons familie sal kan kuier nie. Ons mag dalk nou tussen provinsies reis, maar wie kan vir seker sê of dit so sal uitdraai. Wat ek wel weet, is dat niemand in my familie meer vakansiedae oorhet om te kan…

3 min.
kershuis

RUSHOEKIE Skep ’n hoekie in jou huis waar jy net rustig kan sit en lees of doen wat jou hart begeer. Hier het ons eenvoudig ’n vintage-tafeldoek oor die bank gegooi en kussingoortreksels van geblomde lap gemaak om dit spesiaal te maak. Speel met spieëls en kandelare, dis soos juwele vir ’n huis. En laat die kinders so ’n oulike boekeboom bou, dit kos niks nie. Pak ou ensiklopidieë en ander boeke van groot na klein in ’n piramidevorm en rond dit af met ’n papierster heel bo wat met ’n bietjie bladgoud opgekikker is. Selfs die gaste se boekmerk-geskenkies, wat sommer ook as plekkaartjies dien (blaai om vir die aanwysings), sluit aan by die boeketema. KERSTAFEL Eenvoudig, maar steeds mooi. Skep die Kersgevoel met ’n roomkleurige of wit tafeldoek as jou basis,…

1 min.
toringkers

JY BENODIG ♥ herwinde glasvoorwerpe♥ hars (maak seker jy ken die handelsmerk en dat dit nie geel word nadat dit droog is nie)♥ gebruikte plastiekkoppies vir die meng van die hars♥ skuurpapier van 100-tot 150-grint♥ wondergom♥ roomysstokkies SO MAAK JY 1 Versamel ’n klompie glasvoorwerpe van tweedehandswinkels of vlooimarkte. Daar is geen moets of moenies nie, wat die projek net nog meer opwindend maak. 2 Was al die voorwerpe in warm seepwater en verwyder enige plakkers of etikette. Laat die voorwerpe droog word. 3 Nou kan jy jou kandelaar begin ontwerp. Die basis moet jou swaarste voorwerp wees. Stapel die voorwerpe van groot na klein opmekaar om ’n toring te skep. (Ek het ’n afgesplinterde glasasbak vir die basis gebruik en dit voltooi met ’n gedeelte van ’n glaslampbasis, ’n glasvoet van ’n blompot en…