EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Crafts
Idees

Idees

March/April 2020

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
IdeesFabriek
Read More
BUY ISSUE
US$4.02
SUBSCRIBE
US$22.09
6 Issues

In this issue

2 min.
van die redakteur

Seker die grootste voordeel van my blyplek in Kaapstad is die nabyheid van die Seepunt-promenade. Hier kan ek soggens vroeg, voor my werkdag begin, my liggaam aan die beweeg en my kop skoon kry. Dit het ’n gewoonte geword nadat ek ’n program op TV gesien het oor hoe belangrik stap is om jou brein gesond te hou. En toe lees ek boonop ’n rukkie gelede oor ‘Vitamien See’ en die voordele wat dit vir ons inhou om naby water te wees. Volgens die artikel in The Guardian word ’n blou ruimte, wat die see en kuslyn, riviere, kanale en selfs fonteine insluit, verbind met positiewe fisieke en geestelike welsyn – met van hoër vlakke van vitamien D tot beter sosiale verhoudings. Behalwe vir al dié onverwagte genades wat dit oor my…

8 min.
nuwe dinge

MESO-FAKTORE IN ’N POTJIE Baie van ons se ore spits as ons hoor ’n produk is gerig op vroue bo 50. Filorga het pas hulle eerste produkte om verouder(en)de vel te behandel bekend gestel. Die Global-Repairreeks is geformuleer om al die probleme wat met veroudering vereenselwig word, aan te roer: dehidrasie, plooie, ’n verlies aan fermheid en volume, donker vlekke en futloosheid. Daar is ’n serum en ’n room sover wat soggens en saans gebruik kan word. Die formule sluit 50 faktore in wat in mesoterapie gebruik word (vitamiene, antioksidante, koënsieme), supervoedingstowwe (omegasure, seramied) en sellulêre opkikkers (hialuronsuur, kollageen, niasinamied), asook retinol. Die serum, Global-Repair Intensive (R1 395), en room, Global-Repair Cream (R1 395), kan ook as maskers gebruik word. BORRELS IN ’N BLIK Chateau Del Rei is ’n nuwe vonkelwyn in ’n…

6 min.
kreatiewe hawe

Martijn Zijderlaan was maar 25 toe hy dié woonhuis uit die jare twintig in Stolwijk, Nederland, gekoop het. Die oomblik toe hy die ‘Te koop’-bordjie voor die huis gewaar het, net ’n entjie op in die straat waar hy grootgeword het, het hy die eiendomsagent (in die huis langsaan) gekontak om uit te vind of dit nog beskikbaar is en ook verduidelik hoe graag hy die plek wou hê. Goeie nuus: Die huis was sowaar nog op soek na ’n eienaar. ’Jy sal ver moet soek om ’n meer prentjiemooi plek raak te loop,’ sê Marije. ’Ek was klaar halsoorkop verlief op Martijn, maar nadat hy my die eerste keer hierheen gebring het, was die koeël deur die kerk.’ Toe Marije 12 jaar gelede hier ingetrek het en die paartjie reg…

5 min.
hase-kind

Hierdie is ’n wonderlike speelgoedprojek om mee te begin, aangesien daar nie moeilike nate is of ledemate wat aangelas moet word nie. Die voltooide kussing is omtrent 23 cm van bo tot onder, hoewel jy ook die patroon groter of kleiner kan uitdruk, as jy dit so wil hê. Ons grootte is net reg vir klein mensies om vas te hou, maar as ’n moderne dekorbykomstigheid vir volwassenes is dit ’n oulike fokuspunt op ’n rak of bank of aan die uitloer agter ’n potplant. JY BENODIG ♥ haaspatroon op bladsy 30 (druk dit op die oorspronklike grootte, nie om op die bladsy in te pas nie)♥ effekleurige wit materiaal, verkieslik 100% katoen (die materiaalverf sal beter heg, maar ’n katoenmengsel sal ook goed wees)♥ 15 cm satynlint van 45 mm breed…

8 min.
klara konyn

MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: omtrent 10 uur VOLTOOIDE GROOTTE Sowat 30 cm. JY BENODIG ♥ 1 x 50 g Nurturing Fibres Eco-Cotton in die kleur Anvil♥ 1 x 50 g Nurturing Fibres Eco-Fusion in elk van die kleure Ruby Pink, Sweet Pea en Lime♥ 3 mm-breipenne♥ poliësterspeelgoedstopsel (ons het Ball Fibre gebruik)♥ 1 knopie (lemmetjie) vir die rok♥ 2 baie klein knopies (rooipienk) vir die skoene♥ swart borduurgare♥ borduurnaald♥ tapisserienaald AFKORTINGS aw – aweregs do – draad oor gl1 – glip 1 st regs manier her – herhaal ks – koussteek m1 – maak 1 ekstra steek deur die lus tussen die 2 ste met die linkerbreipen op te tel en regs agter in die lus te brei. r – regs rif – riffelsteek RK – regte kant r2tes – regs 2 tesame st(e) – steek(steke) tglso – trek glipsteek oor KOP Stel 11 ste op met Anvil – laat ’n draadpunt van…

5 min.
’n bietjie boheems

MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: naweek GROOTTE Pas medium tot groot. As jy die trui groter wil hê, hekel net meer rondtes. NOTA: Die oortrui is met oorskietbreidraad gehekel – jy kan enige dubbelbreidraad van jou keuse en kleure waarvan jy hou, gebruik. JY BENODIG ♥ dubbeldraadkatoen, bamboes, wol en akrielmengsels♥ 4 mm-hekelpen♥ tapisserienaald AFKORTINGS beg – begin dies – dieselfde do – draad oor gl – glip gls – glipsteek her – herhaal kb – kortbeen kn – knoop ks – kettingsteek lb – langbeen rdte(s) – rondte(s) sp – spasie vlg – volgende STEKE GE BRUIK langbeen kortbeen kettingsteek bloksteek LET WEL: Laat die laaste rondte van die agterpant vir later om te las soos jy hekel. TRADISIONELE OUMABLOKKIE (Hekel 2 groot oumablokke vir voor- en agterpante) Rdte 1: Maak ’n gl-kn, ks3 (= 1lb), 2lb in eerste ks-sp, ks1, 3lb, ks1, 3lb, ks1, 3lb, ks1, gls in 1e ks aan beg van rdte, heg af [12 lb]. Rdte 2:…