‘Baie mense vertel ná ’n vertoning hulle kan sien hoe lief ons mekaar het. Dáárin lê ons persoonlike getuienis’ Anders as soveel ander glanspaartjies kies Wynand en Chereé Strydom om hul gesin ver van die stadsgewoel groot te maak. Dit beteken wel baie ure op ’n vliegtuig, maar nie een van hulle sou dit anders wou hê nie. “Kyk, dis baie makliker om in die stad te woon,” sê Chereé (37), “veral in Pretoria, wat die hart van die bedryf is, maar ons vertonings is dwarsoor Suid-Afrika, so reis moet jy reis. Dis dalk moeiliker op die platteland, maar ons sal dit vir niks verruil nie.”
Wynand (41), of Wynie, soos Chereé liefderyk na hom verwys, stem saam. “Ons is net ’n vlug weg van enige vertoning.”
Die Strydoms woon…
