MAART
REACH FOR A DREAM-4X4-PRETDAG
Waar: Base 4, 25km van Centurion
Wanneer: 11 Maart
Hoekom jy moet gaan: Hierdie pretdag is nie net propvol 4x4-aksie nie, dis ook ’n lekker gesinsdag. Daar is ’n 4x4-uitdaging met ’n kort-asafstand-, lang-asafstand- en ’n vroue-afdeling, spanuitdagings, hope aktiwiteite vir die kinders en die opsie om te kamp.
Koste: R350 per voertuig.
Meer inligting: mailto:marketingpta@reachforadream.org.za marketingpta@reachforadream.org.za of 012 346 0811/0373.
CLOCOLAN-PLAASKULTUURFEES
Waar: Clocolan, Vrystaat
Wanneer: 24 en 25 Maart
Hoekom jy moet gaan: Die aktiwiteite, demonstrasies en uitstallings by hierdie fees sal jou lekker nostalgies laat voel, want daar is goed soos ploegkompetisies, ou trekkers, skaapskeer en boeresport. Clocolan is naby aan die Lesotho-grens en van die beste 4x4-roetes in die Vrystaat (Koranna, Moolmanshoek en Rebellie) is net om die draai.
BRIDGESTONE CHALLENGE…
