Op ’n blink toekoms – tjorts!
“Vanaf volgende maand gaan WegRy en WegSleep een gekombineerde tydskrif wees getiteld Weg Ry & Sleep.” In Blade Runner, Ridley Scott se ikoniese wetenskapfiksiefliek van 1982, is daar ’n toneel waar ’n androïede, net voordat hy sterf, die volgende sê: “I’ve seen things you people wouldn’t believe. Attack ships on fire off the shoulder of Orion. I watched C-beams glitter in the dark near the Tannhäuser Gate. All those moments will be lost in time, like tears in rain.” Die goeie nuus is dat ek nie binnekort gaan sterf nie. Selfs al is my vrou nou en dan erg die hoenders in vir my. Die slegte nuus is dat ek WegRy ná sewe baie lekker jare gaan verlaat. Ek gebruik die dialoog uit Blade Runner omdat dit ’n bietjie van…