VAN DIE REDAKTEUR
Vir so lank as wat ek kan onthou, hou ek van goud. Of dit nou ’n goue kandelaar, ’n goue meubelstuk of ’n goue raam is, ek kan altyd ’n plekkie daarvoor in my lewe vind. Selfs my goue vintage-rokkie wat ek twee jaar gelede uit Berlyn saamgebring het, hang teen my muur en nie in my kas nie. ’n Bietjie blieng werk nou maar eenmaal vir my. Duidelik is my voorliefde nie uniek nie – goud is deesdae oral. Dalk nie meer so ornaat of Frans-geïnspireerd soos in die verlede nie, maar daar is niks fout met die moderne weergawe nie. Deesdae is dit ’n gunsteling-kleur vir oulike aanhalings, hetsy op jou T-hemp of teen jou muur, en raak dit tyd om ’n spesiale tafel te dek kan jy maar…