VAN DIE REDAKTEUR
Tot my skaamte moet ek bieg ek was nog altyd een van daardie mense wat alles gelyk probeer doen. So lees ek gereeld die magdom e-posse voor my so vinnig as moontlik en antwoord net so flink terug - net om nadat ek die stuurknoppie gedruk het , to besef ek het dit in my haas verkeerd verstaan. Dan volg die jammer , jammer, jammer , ek sien nou eers... wat net nog meer tyd in beslag neem. Dit beteken ook ek eet sommer you middagete in die kantoor terwyl ek artikels deurlees. Toe ek dus al hoe meer oor mindfulness en die voordele daarvan vir fokus , konsentrasie en 'n kalmer uitkyk op die lewe begin raaksien en -lees , het ek besluit die kursus is ideaal vir my. As dit…