VAN DIE REDAKTEUR
Toe my seun, Anton, ’n klein seuntjie was, het sy besluit oor of hy van mense hou, afgehang van die antwoord op sy vraag ‘Is hulle familie?’. Indien wel, is jy dadelik beloon met ’n wye glimlag en sy eindelose lojaliteit. Indien nie – wel, dan moes jy die glimlag eers verdien. Sy fassinasie met familie het nooit heeltemal weggegaan nie, en vele Saterdagoggende in ons huis word op genealogy.com deurgebring om nog voorsate te probeer vind. Ons weet ons storie begin in Blois in Frankryk se eertydse Orléanais-provinsie. Stamvader Gabriël le Roux en sy broer Jean is eers Delft toe voordat hulle in 1687 vanaf Rotterdam op die Voorschoten Suid-Afrika toe gevaar het. Anton was nog besig om te lees oor die eerste familieplaas, La Concorde in die Paarl waar die KWV…