VAN DIE REDAKTEUR
Ek was selde in my lewe al so kniediep in verfkaarte, muurmates, ligkatalogusse, meubelwebtuistes, toonkamers en inspirasieborde soos vanjaar. In elk geval selde terwyl daar absoluut níks in my eie huis gebeur nie. Eers was dit my vriendin wat nog altyd gesweer het sy koop níks as daar enige werk aan gedoen moet word nie, wat verlief geraak het op ’n bergerf met die allermooiste seeuitsig. Al wat gekort het, was ’n bouer en ’n klompie idees. En so het ek langafstand help bou, uitsoek, kleure kies en raad gee totdat ek uiteindelik teen die berg kon gaan kuier in ’n splinternuwe huis wat terselfdertyd baie bekend gevoel het. Enkele maande later en ek is weer daar. Dié keer was ek en Carin al die pad Cullinan toe waar ons ’n klompie…