Idees May/June 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Sommige maande is net wilder as ander en hierdie was een van hulle. In ’n roesemoes van jaareinde-belasting, reisreëlings, partytjiebeplanning en hierdie uitgawe wat moet drukkers toe, het die nuus dat ons e-pos vir ’n hele dag af gaan wees, my laat voel asof ek in ’n bus sonder remme by ’n afdraandpad afstorm. Geen beheer nie. Totdat ek diep asemgehaal en besef het hierdie onderbreking is presies waarvoor ek gewag het - ’n oomblik van stilte in die storm. En in die kosbare ure sonder e-posse wat inkom en beantwoord moet word, het ek meer uitgerig gekry as in die voorafgaande twee weke. Ek kon skryf met volle fokus, liasseer, regpak en elke item op my aftiklysie sistematies takel en afhandel. Die goed wat gestuur moes word, was almal gereed…

f0006-03
5 minutos
kreatiewe kalender

Mei 1 Mei Werkersdag 13 Mei Moedersdag GAUTENG 24 April-5 Mei Die Suid-Oos-geskenkmark word by die Nederduitsch Hervormde kerk in Witbank aangebied. Handwerk, kuns, dekor, kos en drinkgoed is te koop. Soek ‘Geskenke Mark’ op Facebook vir meer inligting, of bel 082 512 9849. 25-29 April Wêreldklas mooigoed, alles met die hand gemaak, wag by Kamers/Makers wat tussen 9 vm. en 5 nm. by St David’s Marist in Sandton gehou word. Besoek kamersvol.com. 26 April-1 Mei en 4-6 Mei Gee jou oor aan die kos en kultuur van Portugal by die Lusito Land Festival in Alewynspoort - volksdanse, vermaak en heerlike kos is op die spyskaart. Meer inligting: lusitoassocation.org.za. 27-29 April Die Protea Cullifest vind plaas in Zonderwaterweg, Cullinan, ’n klipgooi buite Pretoria. Koop proteas, loer in by die magdom stalletjies, of gee jou oor aan die groot verskeidenheid kos, wyn,…

f0010-01
1 minutos
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie: Grasuie, knoffelgrasuie, lourierblare, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, brusselse spruite, ertjies, groenbone, jerusalemartisjokke, komkommers, kool, krulkool, lemoenpampoentjies, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, radyse, rape, sampioene, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado’s, koejawels, lemmetjies, nartjies, papajas, pere, piesangs, pomelo’s, pynappels, suurlemoene. Blomme: Affodille, angeliere, aronskelke, asters, barbertonse madeliefies, goueroede, gousblomme, Ierse klokkies, inkalelies, irisse, kangaroepote, konfettiblomme, kreefkloue, krisante, leeubekkies, nerinas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, (sekere) protea- en fynbosspesies (insluitend speldekussings, heide en erikas), ridderspore, rose, seehuls, sintjanskruid, sintjosefslelies, soetemaling, sonneblomme, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe, veronicas, vilette.…

f0012-01
4 minutos
op jou leeslys vir mei/junie

(diana@ideasfactory.co.za) Handwerk & leefstyl Flower loom blooms - Haafner Linssen (Penguin Random House, R200) Dié boek leer jou hoe om afvalstukke hekelgare en wol in fabelagtige blommeversierings te verander wat jy op ’n magdom verskillende maniere kan gebruik. Blommeweefkuns - ook bekend as flower looming - is eenvoudig, vinnig en pret. Die boek bevat nie net gedetailleerde stappe om 30 soorte blomme te maak nie, maar ook tabelle en groot foto’s. Die blomme kan direk van die weefraam af gebruik word, of jy ka How to be a craftivist - Sarah Corbett (Unbound, R320) Dié boek word as ’n ‘manifes vir stille aktivisme’ beskryf: hoe om die ‘maak’-proses te gebruik om diepsinnig met kwessies om te gaan sodat jy dit positief kan verander, sonder ’n geraas of aggressie. Tussendeur stories oor ‘goeie sake’ met ’n positiewe uitkoms…

f0015-01
1 minutos
mooi   op instagram

(@hanneskoegelenberg) @SWEET.LIONHEART Kaapstad Nikki Albertyn en Karmen de Reuck is mede-eienaars van LionHeart, ’n pâtisserie-ateljee in Woodstock wat spesialiseer in koeke en soetgebak. Van hulle kleurryke, kreatiewe skeppings pryk op hul Instagram-blad - en ons is behoorlik verlief. @SELFIEFELTIE Gauteng Selfiefeltie maak die oulikste snoesige viltdiertjies. Die vilt word hoofsaaklik van die wol van merino-skaap gemaak en met die hand gespin en gekleur. Dit is die perfekte geskenk vir jou kleinding - maar ook jou innerlike kind. @LEXIMIRE JACKSONVILLE, Florida, VSA Ons is altyd op soek na nuwe borduurtendense, en Lexi Mire se blomgeborduurde pette val netjies in hierdie klas. Elke pet word met ’n unieke blomontwerp geborduur. Die pette is met inspirasie op die koop toe op Etsy.com te kry.…

f0017-01
7 minutos
nuwe dinge

MOOI EN MAT As jy hoë eise aan jou onderlaag stel en verwag dit moet die hele dag perfek hou, kan jy gerus kyk na die nuwe Bobbi Brown Skin Long-Wear Weightless Foundation SPF15 (R630). Die produk verleen volledige bedekking met ’n natuurlike, mat voorkoms wat vars bly van sonop tot saans. Dit bevat natuurlike mineraalpoeiers om olierigheid en blinkheid te voorkom, asook vitamien C en E om die vel te hidreer. Mat onderlaag kan soms droog voel, maar danksy hierdie bestanddele in kombinasie met galambotter voel jou vel heeldag lank bevogtig. Die onderlaag is beskikbaar in 30 skakerings. stadsjiek Aura Café, ’n sjiek nuwe koffiewinkel-en-restaurant wat onlangs sy deure in die Signature Lux-hotel in Sandton geopen het, het Cottle & Bergh Architects (C+B) gekies om sy binne- en buiteruimtes te ontwerp. Die…

f0018-01