Idees Sept/Oct 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Die vraag wat ek die meeste hoor is ‘waar kom al julle idees vandaan?’. En soms kom die idees uit die mees onwaarskynlike plekke. Soos toe my finansiële raadgewer so ’n paar maande ná ons onafhanklikheidswording vir my vra ‘hoe verseker jy dat jy jou span behou?’. Sy kop het na risikobeheer gemik, maar myne het anders gewerk – deur hierdie ’n aantreklike plek te maak om te wees, natuurlik! En wat kan ’n mens beter inspireer en motiveer as om jou vlerke te sprei? En so begin ons toe beplan aan ’n reis om ons tenkies weer vol idees te maak. Ons spring op Instagram en kyk watter Europeërs ons lesers inspireer. (Ja, ons ken julle name.) En so ontdek ons die kunstenaar Nathalie Lété in Parys en die beeldjiemaker…

f0006-01
1 minutos
raam ons inspirerende aanhaling

Twee weke van inspirasie het tot dié ekstra-dik uitgawe gelei. Terena, Dala, Hannes en ons fotograaf Anelle Britz het gaan inneem en afneem, gaan kyk, gaan eet en vir ure gaan rondloop en kuier om idees bymekaar te kry. Van Amsterdam se gragte, gewelhuisies en moderne aanslag tot Parys se bloeisels, straatkafees en muurkuns. Toe na Italië vir ’n skeut kultuur, katedrale en Venesië met sy sonsoekers. Van daar is ons Portugal toe – die mooiste plek met die vriendelikste mense en héérlikste kos. Wat ’n ondervinding en wat ’n lekkerte om dit weer te beleef met die bymekaarsit van dié uitgawe.…

f0007-01
5 minutos
teken dit aan

creativecalendarideas@gmail.com September 23 September Lente-sonkeerpunt 21 September Sunflower Day (sunflowerfund.org.za) 24 September Erfenisdag en Nasionale Braaidag 28 September Skole sluit WES-KAAP 24 Augustus-2 September Die Clanwilliam-veldblommeskou word in die Blommekerk in die Hoofstraat gehou. Besoek clanwilliamwildflowershow.co.za. 30 Augustus-2 September Die Homemakers Expo vind plaas by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Besoek homemakersonline.co.za. 31 Augustus-2 September Die Voorkamerfest-teaterfees word in die voorkamers van 21 huise op Darling gehou. Stuur e-pos na tasha@thedarlingtrust.org of bel 022 492 3384 vir meer inligting. 1 September Verwonder jou aan die bloeisels by De Krans op Calitzdorp se Lentebloeiselfees, wat ’n markdag insluit. Gaan na dekrans.co.za vir meer inligting. 1-2 September Proe ons straatkos by die Street Food Festival in Woodstock. Bespreek by Quicket. Meer inligting: streetfoodfestival.co.za. 1-2 September Kos, wyn, musiek en vermaak is op die spyskaart by die Botrivier-lentenaweek. Koop jou kaartjies by Quicket of stuur ’n e-pos na melissa@genevievemcc.co.za vir meer inligting. 5-9…

f0010-02
1 minutos
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente Aartappels, (jong) aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, ertjies, groenbone, knoffel, komkommer, kool, mielies, murgpampoentjies, pampoen, patat, preie, rabarber, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, spinasie, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, waterblommetjies, witwortels, wortels. Vrugte Aarbeie, appelkose, appelliefies, avokado’s, kappertjies, kiwivrug, koejawels, lemmetjies, lemoene, moerbeie, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, rabarber, suurlemoene. Kruie Basilie, (meerjarige) basilie, (meerjarige) bonekruid (winter savory), brandnetel, dille, dragon, gousblom, grasuie, kappertjies, knoffelgrasuie, laventel, lourierblare, marjolein, ment, origanum, perdeblom, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, suring, tiemie, vinkel. Blomme Agapante, anemone, angeliere, anthuriums, barbertonse madeliefies, dwerg-barbertonse madeliefies, (sekere) erikas, freesias, (sekere) fynbos, goueroede, hanekamme, (sekere) heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, konfettiblom, koringblomme, kreefkloue, krisante, leeubekkies, lisianthus, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, (sekere) proteas, ridderspore, rose, sewejaartjies, sintjanskruid, soetemaling, speldekussings, swaardlelies, tjienkerientjees, tulpe, vilette, watsonias.…

f0012-01
5 minutos
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Fiksie Liefde in die tyd van internet – Fransi Phillips (Queillerie, R265) Al sê haar shrink wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut. Om haar nagmerrieverhouding en werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap kry sy werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die hulp van die skrywerkarakter Fransi Phillips, wat self daar Engels gee en haar as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van haar eerste Skype-leerders die Nureyev-lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat. Maar sy’t dan juis hierheen gevlug om haar as professionele vrou te bewys, nie om halsoorkop verlief te raak nie! En wat voer Phillips in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat sy agtergelaat het… In dié verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser régdeur oorrompel…

f0015-01
1 minutos
mooi op instagram

@MRCHANDLERHOUSE Kaapstad, Suid-Afrika Michael Chandler, kunstenaar, kurator en eienaar van Chandler House, deel sy paradys met foto’s van sy werk, die mooiste blou-en-wit geskilderde teëls en antiekware met boonop ’n goeie skeut humor daarby. @THEBLOMBOY Stellenbosch, Suid-Afrika Met die lente wat wink soek ons almal ’n paar idees om ons huis op te vrolik. Die blomontwerper Alwijn Burger, aka Blomboy, se kleurryke Instagram-blad sal nuwe blomdeure vir jou oopmaak. @ANDIEREEVES Kaapstad, Suid-Afrika Die tekstielkunstenaar Andie Reeves inspireer hot en haar met haar borduur- en weefwerk. Haar speelse benadering tot onder meer verpakking sal jou vingers laat jeuk om iets kreatiefs aan te pak.…

f0017-01