Idees Jan/Feb 2019

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Kontak my by • terena@ideasfactory.co.za • instagram.com/terenaleroux Die einde van 2018 was vir my die einde van meer as net nog ’n jaar - dit was ook die einde van my huis en my daaglikse lewe deel met my seun, Anton. En ons was lank saam. So lank dat selfs die bouer langsaan vir my gesê het, ‘laat ons nou maar eerlik wees, Terena, dis hoog tyd dat jou kind uittrek’. Maar hoog tyd of nie hoog tyd nie, ’n leë nes is ’n aardige ding. (En 28 jaar is nié so oud nie!) Omdat ek nie vir ongemaklike leemtes in my hart of in my huis kans sien nie, het ek dadelik besluit om ietsie te vind om dit mee te vul. Soos om onmiddellik inspirasieborde te begin bymekaarsit vir die oormaak en…

f0006-03
3 minutos
medewerkers

GESTROOP, MAAR NIE VAN TALENT Toe ons Liesl en Lische Cronje van Kuilsrivier die eerste keer raakloop, was die eerste indruk hoe mooi dié twee is en die tweede hoe goed hulle dit hanteer het toe hulle deel raak van die magdom gesinne onder wie se voete die werkmat uitgepluk is. Gestroop van die luukses waaraan hulle gewoond was, het dié ma en dogter kans gekry om hul kreatiwiteit saam te geniet. Onder die naam LiLiBeth skryf Liesl kort refleksies, wat Lische dan illustreer (sien hul eerste bydrae vir Idees op bladsy 120). Liesl is ’n gekwalifiseerde sakeafrigter wat werk as vryskut-handelsmerkargitek. Lische is ’n student in hotel-en-sakebestuur. * Die Li van Liesl en Li van Lische vorm saam LiLi, ál drie afgelei van die naam Elizabeth, vandaar LiLiBeth. Van die duin…

f0008-01
3 minutos
januarie

1 Januarie: Nuwejaarsdag 9 Januarie: Skole heropen WES-KAAP Tot 30 Januarie Die Festival of Light Art met multisensoriese lig-en klankkunswerke reg oor die plaas word by die Spier-wynlandgoed gehou. Toegang is gratis. Meer inligting: spier.co.za. 2 Januarie Vier die koms van 2019 saam met duisende musikante, sangers en dansers in kleurryke kostuums by die Kaapse Klopse Karnaval. Die optog begin in Distrik Ses en eindig in die middestad. 2-8 Januarie Lyfknopers, sweefstokartieste en ander jong Zip Zap-sirkuswonders tree elke dag tussen 5 nm. en 6 nm. op in die Silo-distrik in die Waterfront. Toegang is gratis. Meer inligting: zip-zap.co.za. 7-25 Januarie Die UCT Summer School bied 113 kortkursusse aan met onderwerpe wat wissel van astronomie tot soölogie, letterkunde, kuns, musiek en aktuele sake. Meer inligting: summerschool.uct.ac.za. 16 Januarie Vier Nasionale Rooibosdag met ’n koppie trots Suid-Afrikaanse tee. Meer inligting: rooibosday.com. 16 & 30…

f0010-01
2 minutos
februarie

creativecalendarideas@gmail.com 14 Februarie: Valentynsdag 25 Februarie: Maart-April-Idees te koop WES-KAAP Tot einde Februarie Gee jou van Vrydae tot Sondae oor aan die Wine and Macaron Experience op die wynplaas Idiom buite Somerset-Wes. Besprekings is noodsaaklik. Meer inligting: idiom.co.za. Tot einde Februarie Die Stellenbosch Hills-wynmakery buite die Eikestad bied sy Fizz & Fudge Summer Pairing aan waar fudge en vonkelwyn gepaar word. Meer inligting: stellenbosch-hills.co.za. 1-3 Februarie Die Diasfees op Mosselbaai is ’n viering van verskillende kulture. Toegang is gratis. Meer inligting: oev.co.za. 7 Februarie Die Scarborough Fair by Camel Rock-restaurant is ’n fees van kos, handwerk, boetiekbier, plante, juwele, gesigverf en veel meer. Nog inligting: Soek ‘Camel Rock Scarborough Fair’ op Facebook. 7-10 Februarie Sluit aan by meer as 3 000 ander partytjiediere by Up The Creek langs die Breederivier buite Swellendam vir vier dae van plaaslike musiek, kamp en natuurskoon. Meer inligting:…

f0011-01
1 minutos
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente: Aartappels, aspersies, beet, blaarslaai, botterskorsie, eiervrug, groenboontjies, knoffel, komkommer, kool, mangetout, murgpampoentjies, pampoen, patats, radyse, rape, sampioene, seldery, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witlof, wortels. Vrugte: Appelkose, appels, bessies, druiwe, granate, grenadellas, kiwivrug, lietsjies, mango’s, nektariens, pere, perskes, piesangs, pruime, pynappel, spanspek, suurlemoene, turksvye, vye. Kruie: Basilie, dille, grasuie, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Blomme: Affodille, agapante, amarante, angeliere, anthuriums, asters, Barbertonse dwergmadeliefies, Barbertonse madeliefies, floksies, freesias, gousblomme, hanekamme, hiasinte, inkalelies, irisse, kantblomme, krisante, krismisrose, laventel, madeliefies, Oosterse lelies, poeierkwaste, proteas, ranonkels, ridderspore, rose, sewejaartjies, somerasters, sonneblomme, strelitzias, swaardlelies, tjienkerientjees, tulpe.…

f0012-01
7 minutos
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Fiksie Sondag - Irma Venter (H&R, R280) Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word die sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die gesin verdwyn spoorloos: Katerien, vryduiker met ’n Amerikaanse paspoort, en ook haar kinders, Willem en Cath. Ná ses weke is daar nog geen leidrade nie, en kaptein AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring. Die joernalis Alex Derksen en fotograaf Ranna Abramson is op die spoor van die 17-jarige Martina Buitendag van Stilfontein. Sy het in Johannesburg vermis geraak en ál leidraad is ’n verslete tas met R20 000 kontant en ’n handvol foto’s. Twee misdade. Talle sondes. Meer vrae as antwoorde. Irma Venter se nuutste stel nie teleur nie. Die vertes in - Zirk van den Berg (Kwela, R295) Dis Duits-Suidwes-Afrika, 1905…

f0014-01