Idees Jul/August 2019

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Dit is nou twee en ’n half jaar dat ons ons eie potjie krap, soos die oumense sou sê. En daarom dat ek uitgawe vir uitgawe hierdie brief in my tuiskantoor sit en skryf. Wanneer mense my vra of dit nie ’n eensame lewe is nie, wys ek hulle altyd daarop dat ek onverstoord kan werk, dat ek met ’n kombers oor my bene kan sit sonder dat enigeen vir my kyk, en dat ek my verwarmer tot styf teen my kan trek sonder om ’n brandgevaar vir die maatskappy in te hou. Ook dat ek darem gereeld ander spanmaats sien. Maar ja, dit is nie die mees sosiale lewe nie en ek mis dit soms om sommerso oor die koffiekan idees uit te ruil en te hoor en sien wat…

f0006-02
5 minutos
teken dit aan

creativecalendarideas@gmail.com Julie 9 Julie Skole heropen 18 Julie Nelson Mandela-dag WES-KAAP Junie- Augustus Die Swellendam Winter School bied meer as 40 kreatiewe kortkursusse aan. Vir meer inligting, gaan na winterschool.co.za. 14-16 Junie en 21-23 Junie Gordonsbaai hou sy jaarlikse Winter Wonderland Festival of Lights oor twee opeenvolgende naweke. Maak jou reg vir ’n straatoptog, kermis, kostrokke, kuns- en handwerkstalletjies en jolige musiek. Meer inligting: winterwonderland.co.za. 5-14 Julie Bespreek jou kaartjies vroegtydig vir die gewilde Stellenbosse Internasionale Kamermusiekfees by Computicket. Vir meer inligting, besoek sicmf.co.za. 11-13 Julie Loer in by die Tops at Spar-wynskou by die GrandWest Casino waar jy voortreflike wyne kan proe en koop, fynproewerskos eet en jou ore op goeie musiek trakteer. Vir meer inligting, gaan na wineshow.co.za. 13-14 Julie Franschhoek vier oudergewoonte weer Bastilledag met die dorp se beste wyn en kos, musiek, markte en veel meer. Gaan na franschhoekbastille.co.za vir…

f0010-01
1 minutos
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Kruie: Grasuie, kappertjies, laventel, lourierblare, marjolein, meerjarige basilie, ment, origanum, perdeblom, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente: Aartappels, aspersies, beet, blaarkool, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, brusselse spruite, ertjies, komkommer, kool, pampoen, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, appels, avokado, grenadellas, kiwivrug, koejawels, koemkwats, lemmetjies, lemoene, lukwarte, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Blomme: Affodille, anemone, angeliere, aronskelke, barbertonse madeliefies en dwergmadeliefies, bergbruidjies, erikas, freesias, geelbos, gipskruid, goudroede, gousblomme, heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, krisante, leeubekkies, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, proteas, ranonkels, ridderspore, sintjosefslelies, soetemaling, speldekussings, sterretjies, stokrose, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe.…

f0012-01
5 minutos
op jou leeslys

Fiksie ’n Spook in die huis – François Loots (Umuzi, R260) Die spook in sy huis kry die alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani-saak by die nuuskantoor waar hy werk. ’n Skaduwêreld kom tydens die Dewani-ondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan die ander hoofkarakter, die staatswerker Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkiebroer. As die gedaante van die vermoorde Anni lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie. Wat jaag…

f0013-01
1 minutos
redakteur se keuse

Lost dog - Kate Spicer (Ebury Press, R396) Die Britse leefstyljoernalis Kate Spicer is ’n middeljarige vrou wat halt probeer roep in ’n lewe wat besig is om te ontspoor. Wanneer sy Wolfy, die ontredderde brak, by ’n hondeskut aanneem, raak hy háár redding. Maar dan verdwyn hy en Kate vaar die strate van Londen in om hom te gaan soek. Soos sy straatop en straataf na hom roep in die skamele hoop om hom te vind, kruis haar pad met dié van ander mense, hulle landskappe en lewens. Sy vind bondgenote in sieners, bloggers en misterieuse middernagtelike drawwers. Die soektog na Wolfy plaas druk op haar verhouding en beproef haar geestelike gesondheid – en in die proses begin sy dink oor haar lewe en waar dinge vir haar begin skeefloop…

f0014-05
1 minutos
mooi op instagram

@MAJASMANUFAKTUR Arvika, Swede @DIEKAALKONYN Stellenbosch, Suid-Afrika @MATANNAKATZ Kaapstad, Suid-Afrika…

f0015-01