Idees March/April 2021

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Dit maak nie saak hoeveel keer ons iets oor wabi-sabi doen nie, dit praat net altyd met my hart. Imperfeksie is nou maar eenmaal net mooi perfek vir my. Vanmiddag nog praat ek met iemand wat graag foto’s vir haar boek teen die beskadigde muur in my voorportaal wil kom stileer. Ek kan eenvoudig nooit daardie water-verwoeste muur laat regmaak solank ek hier woon nie – dis ons beste foto-agtergrond nóg. Alles lyk goed teen sy verrinneweerdheid. Selfs ’n eiendomsagent wat die huis kom waardeer het, het tot my verstomming gesê sy’s mal oor my ‘fokusmuur’. Om nie te praat van die druk wat dit van ’n mens afneem as jy net so ’n bietjie kan ontspan oor die goed in jou huis en lewe wat nie juis fotoof storiegereed is…

f0006-01
7 minutos
nuwe dinge

٭ NUWE WINKELS, DEKOR EN HANDWERK dala@ideasfactory.co.za ٭ KOS EN RESTAURANTE ideasmagazinefood@gmail.com OORNAGSKILFERING Pigmentasie en ’n onegalige velkleur laat ’n mens voor jou tyd ouer lyk, selfs erger as plooie. Dit is ’n moeilike probleem om effektief te behandel. Die Franse SVR Clairialreeks is spesifiek gemik op die behandeling van pigmentasie en bruin vlekke en volkome veilig vir ’n sensitiewe vel. Die SVR Clairial Night Peel (R630 vir 50 ml) is ’n sagte skilfering wat bestaande en latente vlekke oornag help korrigeer. Dit bevat papajaensiem, wat die dooie vel lig en vlekke bleik. Dit kom boonop met ’n ingeboude kwas-aanwender. DIE ‘GAP’ KOM WEER Die Amerikaanse klerehandelsmerk GAP wat bekend is vir sy moderne benadering tot ‘toeganklike’ modes het ’n splinternuwe winkel in die Mall of Africa oopgemaak. GAP is in 1969 in San Francisco…

f0016-02
5 minutos
plaasromanse

Toe die Lima-egpaar ’n paar jaar gelede dié huis in Nieuw-Vennep in Nederland gekoop het, was die interieur ’n steen des aanstoots. Die eerste eienaars, wat die huis in die jaar 2000 laat bou het, het nooit self hier gewoon nie en dit vir 17 jaar verhuur. Behalwe vir die struktuur en die gebruikswaarde was daar in dié tyd nie eintlik sprake van liefdevolle aandag nie… die huis én die tuin was bra verwaarloos. Die res was alles redelik basies en byna niks is met verloop van tyd opgedateer en gemoderniseer nie. Die vloere was goedkoop en uitgetrap, die mure het gesmeek vir ’n vars pleisterlaag en die kombuis moes van voor af toegerus word. Ook die vensterrame en deurkosyne het gesmag na ’n vars laag verf. Op ’n manier was…

f0024-01
4 minutos
huisparadys

BRONNE: SMALLBIZTRENDS.COM/2014/11/INDOOR-OFFICE-PLANTS.HTML • HOUSEBEAUTIFUL.COM/LIFESTYLE/GARDENING/G28471402/BEST-BATHROOM-PLANTS/…

f0034-01
2 minutos
sssso koel!

MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 3-4 dae JY BENODIG MATERIAAL ♥ tegniese tekeninge op bladsy 44 ♥ hout (in dié geval meranti) - 2 x 2,4 m lengtes, 44 mm x 22 mm dik ♥ houtskroewe (versink) - 12 x M3.5 x 40 mm ♥ 6 mm x 30 mm-berkehouttappenne ♥ houtlym (ultra) ♥ 500 ml krytverf (ons het Asgat gebruik) ♥ kleurlose glansseëlaar vir krytverf ♥ 160 mm potplanthouer (opsioneel) GEREEDSKAP ♥ staanboor of handboor ♥ 2,5 mm-, 3,5 mm-, 6,5 mm-en 10 mm-boorpunte ♥ versinkboorpunt ♥ versteksnyer ♥ kurwesaag ♥ klein halfronde vyl ♥ gleuf- en sterskroewedraaiers ♥ skuurblok of sirkelskuurder ♥ skuurpapier: 100-, 220- en 300-grint ♥ houtklampe ♥ 30 mm-verfkwas MAAK VAN DIE BASISMAMBA 1 Maak dele 1, 2 (x 2) en 3 en volg die tegniese tekeninge op bladsy 44 vir presiese spesifikasies. 2 Wanneer deel 1 gemaak is, lym en klamp ’n stuk meranti van 105 mm vas waar dit op die…

f0043-01
1 minutos
groen kombuis

VERMINDER NATUURLIKE VEELDOELIGE REINIGER Moenie skadelike chemiese middels in jou huis gebruik nie. Probeer eerder dié veeldoelige skoonmaakmiddel met bestanddele wat jy waarskynlik reeds in die kombuiskas het: Meng ½ koppie witwynasyn met ½ koppie water en die sap van 1 suurlemoen. Voeg sowat 20 druppels tiemie-, laventel- of roosmaryn- essensiële olie by om ’n lieflike geur aan die skoonmaakmiddel te verleen. Giet dit in ’n glasspuitbottel en gebruik dit soos benodig. WENK: Asyn is ’n goeie reiniger en ontsmettingsmiddel omdat dit hope superkragtige asynsuur bevat - dit is so sterk dat dit mineraalneerslae, vuiligheid, vet en selfs bakterieë kan oplos. Indien ’n bietjie skuurwerk nodig is, moet jy eers koeksoda sprinkel en dan die reiniger aanspuit. HERWIN TEEDOEK-GROENTESAK MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: halfuur Maak ’n sak met ’n toetrekkoord vir groente: Vou eenvoudig ’n teedoek in die…

f0046-01