Idees May/June 2021

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Ek en my drawwerseun sit vanoggend en gesels oor ’n koppie koffie. Ons bespreek sy tone wat nou maar eenmaal nie goed lyk met die naels wat aanmekaar uitval van die aanhoudende gestamp in die drafskoene nie. Maar dit maak nie saak nie, want dis die onafwendbare gevolg van iets wat hy regtig geniet en wat goed is vir hom. Dit laat my dadelik kyk na my hande. Ek sê gereeld vir mense ek dra nie my naels lank en geverf nie, want ek het werkershande. Hulle tik en kook en verf en boor; help my om die goed te doen wat my gelukkig maak. Ek kan boonop aan niks ergers dink as die geluid van lang naels op my rekenaar se toetsbord nie. In haar artikel oor hande op bladsy 78…

f0006-02
8 minutos
nuwe dinge

TATTA, KRAAISPORE Die fyn vel om ons oë en lippe is dun en teer. Daarom wys ouderdom eerste daar met kraaispore om die oë en staafkode-plooie bo die lippe. ’n Produk wat spesifiek aandag hieraan gee, is Filorga se nuwe Global-Repair Eyes & Lips (R1 290). Hierdie teenverouderingsroom bevat 50 meso-faktore (vitamiene, antioksidante, koënsieme), voedingstowwe vir die vel (seramied, die omegasure in kamelia, nagblom en jojoba, vitamiene A, D en K) en sellulêre opkikkers (hialuronsuur om hol plekke te vul en te laat uitswel, kollageenpeptiede om die dermisnetwerk te herstel). Dit bevat ook vyf verhelderingsbestanddele soos niasinamied, vitamien C en fitiensuur, en soetemaling- en sesamsaadekstrak om die vel op te plomp en gladder te laat vertoon. Mwah! KOEL KOMBUISGIERE Kombuistoestelle is lankal nie meer net praktiese masjiene nie. Moderne kombuistoebehore is energiedoeltreffend, slim…

f0010-01
7 minutos
ewig stewig

Tineke is ’n groot aanhanger van ou meubels: Sy bewonder nie net die manier waarop elkeen tydsaam met die hand gemaak is nie, maar ook hoe tyd en daaglikse gebruik letsels laat en die stukke stadigaan laat verweer. Tineke is veral mal oor stewige, byna bonkige ontwerpe wat van werkswinkels, plase en fabrieke afkomstig is. Hierdie industriëlestyl-skatte van robuuste hout en geroeste yster vang dadelik die oog in haar huis op die dorp Heerenveen, Nederland, wat reeds in 1880 gebou is en wat sy deel met haar man, Rick, en hul twee volwasse seuns, Jasper en Bram. Sy is ’n kieskeurige en presiese stilis, erken Tineke. ‘Ek sit nooit enigiets sommer net lukraak neer nie - elke ding het sy plek tot op die presiese sentimeter! Ek sien sommer dadelik as…

f0018-01
3 minutos
soetste slaap

f0030-01
2 minutos
blom teen die muur

MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 2-3 dae JY BENODIG MATERIAAL ♥ diagram op bladsy 40♥ laaghout (ons het berkehout gebruik) - 400 mm x 400 mm x 12 mm dik (dele 1, 2 en 3)♥ SA-dennehout (of ander ligte hout) - 35 mm x 24 mm x 25 mm dik (deel 4) - 22 mm x 28 mm x 25 mm dik (deel 5) ♥ tappenne (dennehout) - 2 x 32 mm x 12 mm in deursnee♥ 1 x 2A55-gleufhanger met skroewe♥ 4 m x omvlegte lampkoord (ons het wit gebruik)♥ 1 x 15 amp-3-tand-prop♥ 1 x wit koordskakelaar♥ 2 x EKL1 6 amp-strookverbinders (klein)♥ 1 x plafonlig: CFO47, 13W, 4000K, wit (verwyder plastiekbedekking)♥ 1 x vlekvryestaal-kabelbeheerstel CM-SS-GS*♥ alkantplakband, 3 mm dik (opsioneel)♥ kleurlose spuitvernis (ons het mat afwerking gebruik)♥ houtlym (Ultra)♥ kleurlose kontaklym GEREEDSKAP ♥ staanboor of…

f0039-01
4 minutos
‘mys’: die kuns vanknus

Namate die dae korter raak en die luggie begin byt, is dit amper onvermydelik dat ons binnekort weer meer tyd binnenshuis sal deurbring. As jy inspirasie soek om 2021 se winter die warmste en knusste tot nog toe te maak, het jy niks anders as ’n goeie dosis ‘mys’ nodig nie. WAT OP ‘MEES’ AARDE? Mys (selfstandige naamwoord): Sweeds vir knusheid; uitgespreek mees; byvoeglike naamwoord mystig Ons is ons vriende in Skandinawië veel dank verskuldig vir die invloed wat hulle sedert die jare vyftig op die dekorwêreld het. Veral danksy die koms van Pinterest en Instagram speel hulle deesdae ook ’n belangrike rol wanneer dit kom by die skep van atmosfeer in huise. Wie kan immers daardie lieflike foto’s weerstaan van gesellige vertrekke waar kerslig die depressiewe donkerte verdryf, waar bonkige handgebreide matte…

f0042-01