Idees July/August 2021

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
redakteur

Ons beplan net nooit meer ’n nuwe uitgawe van Idees sonder ’n bakkie Zoo-koekies op die tafel nie. Ek dink dit was Louisa wat daarmee begin het toe dit haar beurt was om gasvrou te wees vir ons tweemaandelikse dinkskrum. Almal was so kinderlik opgewonde daaroor dat dit ’n instelling geraak het. Toe Marguerite se artikel op bladsy 76 oor hoe ons kinderherinneringe ons lewe en kreatiwiteit vorm inkom, het dit dus al die regte snare gestreel met ’n gesonde skoot nostalgie, ’n paar lewenswaarhede en… Zoo-koekies. Maar nie haar óf my eie kinderlekkertes was net in soetgoed te vinde nie. Ek onthou hoe ons midwinter Sondagoggende op die kerkbank ingeryg gesit het, al drie ons dogters met dieselfde styl, maar darem eie kleur geruite poncho aan. Ek wonder nou wie besluit…

f0006-02
7 minutos
nuwe dinge

’N SPUITJIE VROLIKHEID Wie is nie lus vir ’n vrolike en sprankelende parfuum nie? Veral as die winterdae miserabel en mistig is. Die nuwe Kate Spade New York Eau de Parfum (R1 399 vir 100 ml) is ’n moderne vrugtige blomgeur wat spreek van die lewensblyheid wat met die handelsmerk vereenselwig word en voortbou op die optimistiese speelsheid wat die stigter, die ontwerper Kate Spade, se werk gekenmerk het. Die topnote is bruisende sitrus, bergamot en soet wilde aarbei. In die hart skuil intense roosessens en freesia, terwyl die ankernote muskus en amber verteenwoordig. Die mooi bottel se prop is afgerond met die skoppens-embleem, simbolies van Kate Spade se naam. KEN JY DRAKEVRUG? Drakevrug word ál gewilder in Suid-Afrika en is een van die niche vrugteprodukte wat tans die beste vaar by plaaslike…

f0010-01
6 minutos
volhoubaar vernuwe

Haar droomhuis in Oost-Souburg, Zeeland, was eens ’n plaashuis, vertel Annette: ʻEk het geweet daar woon lankal nie meer mense nie en het gesien hoe die plek jaar ná jaar agteruitgaan. Toe die vensters later met planke toegespyker word, het ons die munisipaliteit gekontak en gevra of ons dit kan koop. Dit was nie moontlik nie, maar ons wou nie bes gee nie. Op die ou end is die huis aan ’n eiendomsontwikkelaar verkoop en ons kon dit toe weer van die ontwikkelaar koop.ʼ Teen daardie tyd was die huis ’n totale bouval.ʻAan die binnekant was niks oor nie. Ons moes van voor af bou. Slegs die buitemure het bly staan, en ons het toe besluit om ’n houtraamhuis binne-in te bou. NATUURLIKE MATERIALE Om die huis leefbaar te kry het Annette…

f0018-01
3 minutos
sit knus

KLASSIEK IN PIENK, GOUD EN SWART Die klassieke swart-en-wit blokkiesvloer verleen dadelik aan hierdie sitkamer ’n luukse voorkoms. Saam met die pienk rusbank, goue stoel en tafeltjies het jy ’n wenkombinasie. Kies ’n sagte pienk eerder as helderpienk en dowwe goud eerder as blink geelgoud om die voorkoms gesofistikeerd te hou. Die kunswerk in ’n breë swart raam, kussings in liggrys, houtskool en blomlap asook tikkies groen van die plante is al wat nodig is om die prentjie mooi af te rond. GRAFIES EN JEUGDIG Hierdie is die ideale voorkoms vir mense wat pas huis opgesit het. Basies het jy net ’n mooi bank, ’n pouffe of twee en ’n paar mandjies met verskillende grafiese patrone nodig, die res sorg vir hulleself. Mandjies is deesdae by alle dekorwinkels te kry. Dis lekker om…

f0028-01
2 minutos
mure met oemf!

PATRONE VIR JOU MUUR MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD:’n paar uur, na gelang van hoe groot die muur is Versier’n fokusmuur met gekoopte polistireen-plafonteëls. Die teëls kan met ’n handwerkmes gesny word, dus kan jy dit maklik in enige ruimte laat pas. Jy kan dit selfs vir ’n bedkopstuk gebruik. Verf die teëls met verf in die kleur van jou keuse en laat dit droog word voordat jy dit met polistireenkleefmiddel of alkant-monteerplakband teen die muur aanbring. GROEN VAAS: PEP HOME • LIG EN OTTOMAN: MRP HOME • BLOM: ABODE • MAT: HAUZ BY HERTEX POLISTIREEN-PLAFONROOSTEëLS VAN BUILDERS WAREHOUSE. TURKOOIS KRYTVERF: LAUGHING LEE VAN TJHOKO. SLANKE LYNE MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD:’n paar uur, na gelang van hoe groot die muur is Hierdie panele van halfronde houtlatte sal ’n vroulike sjarme aan enige vaal muur verleen. Die reghoekige vorm van die panele…

f0037-01
8 minutos
kreatiewe nessie

GARE Hou al jou rolletjies borduur-en masjiengare netjies bymekaar en maklik binne bereik op kort tappenne wat in ’n houtblok gemonteer is. SKÊRE Span groter rolletjies tou of koord in om jou skêre in te bêre of aan te haak en hou dit by jou lintstasie sodat alles gerieflik binne bereik is. LINT EN KOORD Skep met ’n tappen wat aan ’n muur vasgemaak is, ’n klein ‘stasie’ waar jy rolletjies lint en koord kan hang. Hou jou skêre en maatband byderhand, gereed vir meet en knip. ‘WELKOM HIER’-DEURMAT Herinner jouself met die intrapslag wat jy hier maak deur met PVA-verf ’n aanhaling op ’n deurmat te stensil. Die letters sal mettertyd verdof, dan kan jy dit net weer verf. GEREEDSKAPSHOUER Skep in ’n nis in die muur bêreplek vir gereedskap soos hamers en skroewedraaiers sodat hulle veilig en…

f0042-01