Idees September/October 2021

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Dit is so bibberkoud terwyl ek hier skryf dat ek nie kan glo die lente lê net om die draai nie. Moeder Natuur se siklusse bly maar net wonderlik. Ook dié van ons eie lewe en gemoedstemming. Daar was ’n dag verlede week dat ek eenvoudig nie na ons pragtige blaaie kon kyk nie. Nie terwyl mense vir hul lewe vrees en ander se werk en inkomste voor hulle oë weggeplunder en afgebrand word nie. Dit het bloot nie reg gevoel nie. Maar die volgende oggend het ek onthou waarom ons doen wat ons doen. Waarom ons juis ’n ‘gelukkige plek’ skep waarin ons almal kan stil word en skep. Ook van die lawende terapie wat ons almal in kreatiwiteit vind. Of soms net in opbou, skoonmaak en regmaak. Daar was selde…

f0006-01
8 minutos
nuwe dinge

STREK DAAI NEK Tech-nek, enigeen? Estetiese dokters, chiropraktisyns en fisioterapeute sê ál meer mense kla nie net oor ’n seer, stywe nek nie, maar ook oor ’n lelike een - grotendeels te wyte aan ons konstante gebruik van digitale toestelle soos selfone, tablette en skootrekenaars. Die vooroorbuig van die nek terwyl ons afkyk om die skerms te lees, veroorsaak postuurprobleme, diep nekplooie en ’n verslapte nekvel. Dermalogica beskryf hul nuwe Neck Fit Contour Serum (R1 790) as ’n persoonlike afrigter vir jou nek. Dis ’n aanrol-serum wat die vel styf trek, lig en gladder maak. Dit bevat kragtige botaniese bestanddele soos rogsaadekstrak - wat soos retinol werk om die vel te verjong - en ’n polisakkaried geïnspireer deur die Namibiese opstandingsplant om die vel se skermlaag te versterk. Saam met die…

f0010-01
8 minutos
te kies en te kleur

‘Ek het ’n sagte plek vir ou huise en hope kleur. Ek word deur my omgewing geïnspireer, veral die natuur, en wanneer ek góéd voel, vloei my kreatiwiteit behoorlik.’ Ella Vlug beskryf haar styl as eklekties, maar in haar lieflike reënbooghuis wat uit die 1920’s dateer, is dit eintlik die boheemse voorkoms wat die toon aangee. Hier kombineer Ella graag vintage-items met geborduurde materiale in helder skakerings en patrone en kikker dit dan verder op met mure en tapyte in ewe waagmoedige kleure. Die gesin het eers in ’n ander huis, net ’n ent ondertoe in dieselfde straat in Zaandam in die noorde van Nederland, gewoon, maar die plek mettertyd ontgroei. Hulle het die vorige eienaars van die ‘nuwe’ huis gevra om hulle te laat weet as hulle dit ooit wil verkoop.…

f0018-01
3 minutos
die pad na jou hart…

WIT EN AARDS Jy kan letterlik toor met so ’n wit palet. Die wit houtvloer gee aan die kombuis ’n oop, skoon gevoel, en die grofweg geverfde baksteenmuur en kontrasterende moderne kaste komplementeer dit. Skep dieselfde voorkoms met muurpapier wat soos ’n baksteenmuur lyk. Die oorgroot rietlampskerm, houtbalke en -stutte sorg vir ’n aardse element, terwyl die hout- en staalstoeltjies dit mooi bymekaartrek. So ’n kombuis moenie oorvol wees nie, en wat mense wel sien, moet gehalte wees – van die kombuisgereedskap tot die bottels en vase. PLAASSTYL Hierdie kombuis lyk amper asof dit in ’n skuur kon wees. Die growwe, onafgewerkte baksteenmure skep atmosfeer en die oop dakplate en grys sementvloer skakel goed daarby in. Versag die voorkoms met vintage-meubels, soos die slagtersbloktafel, baba-eetstoeltjie en wit kassies. Die groot ottoman is net…

f0028-01
1 minutos
vloer toe

MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 2 dae JY BENODIG ♥ stensil van jou keuse♥ onderlaag vir teëls (epoksiformule)♥ teëlverf in die kleur van jou keuse♥ spuitverf in die kleur van jou keuse (ons het Rustoleum se produk gebruik)♥ kleurlose verseëlmiddel♥ sponsrollers♥ spuitgom Begin deur jou teëls baie goed skoon te maak. LET WEL: As jy oor blink teëls wil verf, moet jy dit eers liggies en egalig met fyn skuurpapier (tussen 180 en 220 gsm) afskuur. Dit sorg dat die verf baie beter aan die teëls klou. Gebruik ’n sponsroller om ’n laag teëlonderlaag oor die teëls aan te wend. Kies ’n epoksiformule – dis makliker om aan te wend. Wag 8 uur tot die onderlaag heeltemal droog is. Gebruik weer ’n sponsroller en wend ’n laag teëlverf oor die onderlaag aan. Wanneer die verf kurkdroog is, kan jy…

f0034-01
2 minutos
botaniese blou

GESTEMPELDE BLOMSILHOEËTTE Jy kan amper enigiets as skilderdoek gebruik – selfs ’n gewone wit stoel. Gebruik blomsilhoeëtte om hierdie lieflike botaniese patroon te skep – dis ’n maklike manier om jou tuin binnetoe te bring. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 2 uur JY BENODIG ♥ houtstoel♥ blomsilhoeët-ontwerpe♥ akrielplakkaatverf in die kleur van jou keuse♥ handwerkkwas♥ karton♥ velle gewone papier♥ handwerkmes en snymat♥ kleurlose verseëlmiddel 1 Begin deur die stoel goed skoon te maak en laat dit dan heeltemal droog word. 2 Gebruik jou handwerkmes en snymat om omtrent vier of vyf verskillende blomsilhoeët-ontwerpe in die grootte van jou keuse uit karton te sny. 3 Verf ’n laag akrielverf in die kleur van jou keuse aan die een kant van die uitgesnyde silhoeët en gebruik dit as ’n stempel om jou blomontwerp te skep. Plaas die silhoeët met die verfkant na…

f0038-01