Idees February 2015

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
Nota Get 40% OFF with code: READ40
3,61 €(IVA Incl.)
19,86 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

1 minutos
koopgids

Abode 183 372 4651 Accessorise 132 558 8829 Bed King 132 :62 7316 Chair Crazy 132 576 :::2 Edgars 1971 7:3 385 Elbeth Gillis 132 534 3331 Elsje Burger 194 553 2862 Essie Letterpress 133 :32 489: Exclusive Books 122 8:9 1111 Gonsenhausers Fine Rugs 132 573 592: Greengrass Design 122 558 9681 Habits 132 782 8441 Hartedief 18: 5:3 1657 In Good Company 132 782 5963-122 558 2739- 182 328 2351 Love Lolla 193 879 2783 Lulu Belle 123 457 7535- 132 782 6839 Markgoed 132 962 5947 Ménagerie 132 557 1796 Merci 193 9:6 6::6 Merrypak 132 642 3355 Miglio 197 241 5161 Mr & Mrs 132 535 5498 Mr Price Home 1911 32 36 46 My China Ceramics 132 899 :22: My Pretty Vintage 132 662 3353 Nap 132 532 7593 Onsite Gallery 132 573 2468 Peter Osborn Furniture 132 645 3:15 Photoblox 193 52: 7391 Plan B Vintage 193 5:2 4788 Present Space 132 533 3573 Queue…

2 minutos
van die redakteur

Elke jaar, net mooi wanneer die jaar te lank en die lywe moeg begin voel, kry ek ’n heerlike inspuiting van inspirasie. Want dis wanneer ek en Dala ons wieletjie-tassies pak en die land vol reis om te gaan kuier by die kreatiewe mense wat ons entrepreneursuitgawes moontlik maak. Só spring ons toe vir hierdie uitgawe weg in Pretoria › by Corlie van Cleilap. Tipies ons mense het sy gou die vorige aand ’n kleurvolle voorskoot gemaak omdat sy gedink het dit sou mooi lyk vir die foto’s › en dit hét. Die ruimte wat sy met Minette Zaaiman deel, is kleurvol en nie lank nie of ons is in die huis om na Minette se mure (en vloere) vol van haar eie en versamelde kunswerke te kyk. Die gemmertee vloei…

ideesza1502_002_002_006_VanDieRedakteur_0
3 minutos
jou kalender vir februarie

creativecalendarideas@gmail.com GAUTENG • 26 Februarie-1 Maart Kry inspirasie vir jou dekor en leefstyl by die Johannesburgse Homemakers Expo by The Dome in Northriding. Kaartjies kos R90 vir volwassenes, R60 vir pensioentrekkers. Navrae: homemakersonline.co.za, 086 111 4663. • 20-22 Februarie Die jongste rolprente met uiteenlopende genres deur Suid-Afrikaanse en internasionale rolprentmakers draai by die Jozi-filmfees op verskillende plekke oraloor die stad. Navrae: jozifilmfestival.co.za. KWAZULU-NATAL 14 Februarie Vang ritme by die Old Mutual Music at the Lake - Valentynskonsert met Kahn van The Parlotones en die Durban-stadsorkes in die stad se botaniese tuin. Die opbrengs gaan aan die Garden Window Project. Navrae: durbanbotanicgardens.org.za, 031 322 4021. WES-KAAP • Elke Woensdag in Februarie en Maart Doen ’n keldertoer en kyk hoe werk dinge by die Durban Hills-wynplaas se kelder in die oesseisoen. Die prys van R450 per paartjie sluit ’n…

ideesza1502_002_004_008_JouKalenderEnLe_0
2 minutos
leesgoed vir februarie

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL The life-changing magic of tidying up – Marie Kondo (RH, R225) Die skrywer beweer as jy jou huis een keer behoorlik vereenvoudig en organiseer, sal jy dit nooit weer hoef te doen nie. Sy help jou om te besluit watter goed in jou huis vreugde bring (en watter nie), en haar boek help jou om van onnodige goed ontslae te raak en die geluk van ’n netjiese huis – en ’n kalm gemoed – te ervaar. Painting and decorating – Alison Jenkins (RHS, R170) Dié nuttige versamelboek propvol wenke, tegnieke, kits-oplossings en kennersgeheime is gemik op beginners wat hul eerste groot huis-regrukprojek beplan. Lesers leer hoe om afwerkings blitsig en perfek reg te kry en terselfdertyd die slag-gate te vermy wat selfdoeners soms onderkry. KOS & WYN Geheime van ’n Franse…

ideesza1502_002_005_010_LeesgoedVirFebr_0
1 minutos
na aan die hart

carin.smith@media24.com 1 Bakhand Verras jou geliefde met soetgoed in ’n hart-bakkie (R130) van Elsje Burger. 2 Magneetveld Sit liefdesboodskappe teen jou yskas vas met dié magnete (R265 vir 20 hout- en 15 perspeksmagnete) van Greengrass Design. 3 Skryf ’n brief Skryf ’n liefdesbrief en bêre jou penne in dié stylvolle potloodsakkie (R89) van Typo. 4 Borrel oor van liefde Laat die romantikus in jou uitkom met Stormhoek Sparkling Rosé Moscato (R49,95) van Woolworths. 5 Taal van die hart In The Art of I Love You (R210) van Quirky Me kan jy liefdeswoorde van reg oor die wêreld leer koer. 6 My juweel Bederf iemand met ’n hangertjie (R499) van Miglio. 7 Soete skimp Laat dié vlag (R210) van Zana Products jou daagliks herinner aan die liefde. 8 Streng privaat Bêre liefdesbriewe…

ideesza1502_003_001_012_KoopSlimOnsSoek_0
1 minutos
boheems

ideesza1502_004_002_018_Boheems_0