Idees February 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

1 minutos
koopgids

Accessorize 021 447 7718 Aigle 031 301 2464 Alcolin 021 555 7400 Banks Kitchen Boutique 021 461 3190 Bostik 021 555 7400 Builders 0861 335 2739 Exclusive Books 011 798 0000 Game 011 427 3000, 021 555 7500 H&M 021 826 73 00 Habits 021 671 7330 Lulu Belle 012 346 6424, 021 671 5728 Mango 011 783 7907 Miglio 086 130 4050 My Pretty Vintage 021 551 2242 Onsite Gallery 021 462 1357 Peter Osborn Furniture 021 534 2904 Plan B Vintage 082 491 3677 Plascon 086 020 4060 Poetry 021 464 5893 Witchery 0860 022 002 Woolworths 0860 022 002 Zara 011 302 1500, 021 446 8700…

ideesza1602_002_001_006_Koopgids_0
4 minutos
jou kalender vir februarie

creativecalendarideas@gmail.com in Port Elizabeth word van 8 vm. tot 2 nm.op die eerste Saterdag van die maand gehou in Valleyweg, Baakens Valley. Dit is ’n artisan-kosmark met plaaslike stalletjiehouers wat topgehaltefynproewerskos verkoop – van sjokolade, soetgebak en brood tot paella, boerewors, boetiekbier en vars vrugte en groente. Daar is ook klere en skoene, plaaslik vervaardigde leersakke, stylvolle macramé en handgemaakte velsorgprodukte te kry. Die toegangsgeld van R10 word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Meer inligting: facebook.com/thevalleymarketpe. fokus op alles wat organies, seisoenaal en plaaslik is. Dis dié plek om vars vrugte, erfenisgroente, graswei-beesvleis, sulfietvrye spek, vryloopeiers, handgemaakte kase en nog baie meer te koop. Die stuk of 50 handelaars by die mark kan jou ook help om meer volhoubaar by die huis te leef – daar is selfs byekorwe, wurmtee en saad te…

ideesza1602_002_003_008_JouKalenderEnLe_0
3 minutos
leesgod vir februarie

HANDWERK SuzelleDIY Die boek – Julia Anastasopoulos (H&R, R325) Julia Anastasopoulos, beter bekend as Suzelle, gee wenke vir huishoudelike takies, jou kar, groener leef, lekkerder braai en hoe om jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk. Sy deel ook skoonheidswenke en haar beste resepte. Haar vriendin, Marianne, fokus weer op ons dierevriende. ’n Selfdoengids propvol humor. Kamers – Isabella Niehaus (Jonathan Ball, R295) Van die wêreld van ’n kunskurator tot ’n dag in die lewe van ’n jong bakker wat weekliks honderde brode met die hand vorm. Van fynproewerskos tot juwele, handgemaakte kaartjies tot seep, porseleinskeppings, unieke wyne, klere en meubels. Sielskos wat jou weer sal laat droom en jou ’n kykie gee in die lewe van mense wat hul passie uitleef. Dié boek vier die suksesverhaal van Kamers en die…

ideesza1602_002_005_012_LeesgodVirFebru_0
2 minutos
blogs van die maand

hearthandmade.co.uk Claire Donovan se blog bestaan uit handwerkprojekte, selfdoenhandleidings, hekelpatrone, inspirerende dekor-idees, blink planne vir partytjies en allerlei gratis bederfgoed en mooi patrone en kaartjies wat jy kan uitdruk. Claire is gedurig op soek na bekostigbare planne om jou huis stylvol en gemaklik in te rig met onder meer tweedehandse stukke en upcyclingvoorstelle. As jy hou van Ideesse nuwe joernaalreeks, kan jy gerus loer na haar joernaal-afdeling waar sy idees vir mooi uitlegte en wenke deel. karinecandicekong.com Karine Köng, die blogger agter die interieurontwerp-leefstyl-en-modeblog Bodie and Fou, is Frans met Noorweegse wortels, en sy woon in Londen saam met haar Nieu-Seelandse man. Karine inspireer haar lesers om ’n sjiek gesinshuis en die volmaakte klerekas te skep terwyl sy getrou bly aan haar ontspanne aanslag en kleurskema van swart, wit, grys en denim. Haar…

ideesza1602_002_006_013_BlogsVanDieMaan_0
3 minutos
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) Dié messegoed van Eetrite is net wat jy nodig het om jou tafel mooi te dek. Dit is gemaak van 18/10- vlekvrye staal met ’n roosgoud titaniumafwerking. Pryse wissel van R369 vir ’n vierstukstel tot R4 299 vir 44 stukke. Kyk gerus ook na hul Zareen-porseleinborde. Dit is wit met ’n goue randjie en sal perfek by die eetgerei pas. Beskikbaar by eetrite.co.za, yuppiechef.com en Makro. KOEL KLANKE Egg Beats is nie net ’n gewone selfoonstaander nie – danksy die slim ontwerp word die foon se klank ook versterk. Die houer is geskik vir ’n iPhone 4, 5 en 6 of die Samsung S6 en kos vanaf R99. Maak ’n draai by larryslife.com vir meer inligting. spog…

ideesza1602_002_007_014_NuweMooiEnLekke_0
5 minutos
witwarm

Toe Pieter Vosloo (links) 13 jaar gelede na eiendom in en om Cullinan begin soek het, wou hy twee dinge hê: genoeg plek vir sy hele uitgebreide gesin en lekker groot bome. Wat hy gekry het, was een halfgeboude huis, een houthuis, die bome én plek vir ’n tydelike karavaan vir sy ma. Met inspirasie van die skilder Pierneef se huis, Elangeni, in Pretoria het hy en twee helpers begin bou. Die bestaande groot leef-en-kombuisarea was die buitemure van die oorspronklike huis – die res het oor vier jaar deur ’n organiese proses tot stand gekom en is sommer met die voet afgetree volgens die prentjies in Pieter se kop. Vertrekke se gebruike het verander soos hy gevorder het, en waar daar ook al plek in ’n buitemuur was, het hy…

ideesza1602_003_001_018_LesershuisWitDr_0