Idees January 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,79 €(IVA Incl.)
19,27 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

4 minutos
jou kalender januarie

creativecalendarideas@gmail.com rd elke Sondag van 10 vm. tot 3 nm. gehou op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes. Daar is meer as 70 stalletjies wat enigiets van vars produkte en internasionale cuisine tot handgemaakte lekkernye verkoop. Lê weg aan geskroeide tuna, Libanese smulkos, kaaskoek en Italiaanse roomys en snuffel dan rond vir handgemaakte leerhandsakke, juweliersware en kunswerke. Daar is ook lekker vermaak en musiek. Besoek lfhm.co.za of facebook.com/ lfharvestmarket vir meer inligting. is ’n artisan-kos-en-wynnagmark met lekker vermaak wat van 5 nm. tot 9 nm. op die laaste Donderdag van die maand by die Southdownswinkelsentrum in Centurion gehou word. Daar is 30 stalletjies wat die heerlikste kos vir alle ouderdomme verkoop. Meer inligting gaan na facebook.com/thestallmarket. Tot 12 Januarie Die Myth Bustervakansieprogram by die Sci-Bono Discovery Centre in Johannesburg verskaf antwoorde op ’n paar…

ideesza1601_002_006_010_JouKalenderEnLe_0
2 minutos
leesgoed vir januarie

Diana.Procter@media24.com HANDWERK Nuwe vintage – Carla Visser (Metz Press, R245) Omskep ou, ongebruikte items in mooi juweliersware, dekor, skryfbehoeftes, meubels en nog meer. Leer hoe om met eenvoudige tegnieke, algemene benodigdhede en net ’n bietjie kreatiwiteit unieke voorwerpe te skep wat jy kan dra, vertoon of gebruik. Buiten die stap-vir-stapprojekte wys Carla hoe jy die vintage-voorkoms skep, waar jy ou prente kry en idees vir tweedehandse items wat jy in jou projekte kan gebruik. Crochet blocks – Sarah Hazell (Struik Leefstyl, R200) Hierdie boek is ’n versameling van 150 klassieke oumablokkiepatrone. Die blokkies is volgens moeilikheidsgraad ingedeel en by elke blokkie word die hekeldiagram en ry-vir-ry-aanwysings verskaf. Die diagramme is ingekleur volgens die hekeldraadkleur. Die boek sluit vyf projekte in. KOS Marianas se vier seisoene – Mariana Esterhuizen (H&R, R350) In 2000 het Mariana en haar man, Peter,…

ideesza1601_002_008_014_LeesgoedVirJanu_0
2 minutos
blogs van die maand

absolutelybeautifulthings. blogspot.com Die interieurontwerper Anna Spiro het dié blog in 2006 begin om haar gedagtes, werk en die dinge en mense wat haar inspireer aan te teken. Anna woon in Brisbane, Australië, en haar winkel, Black & Spiro, is altyd propvol interessante goed wat sy reg oor die wêreld uitsnuffel. Haar grootste passies is versamel, blomme, lap en kleur en sy probeer om te alle tye kreatief te wees. ‘Ek wil jou inspireer om ’n helder, kleurvolle lewe te leef, omring deur die dinge waarvoor jy lief is.’ mydarlinglemonthyme.com Emma Galloway van Perth, Australië, is vegetaries grootgemaak en haar ouers het baie van hulle kos self gekweek. Dié voormalige sjef en haar kinders is gluten- en laktose-intolerant. Sy het My Darling Lemon Thyme begin as ’n plek waar sy glutenvrye vegetariese resepte, stories…

ideesza1601_002_009_015_BlogsVanDieMaan_0
4 minutos
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dala.watts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) WEGNEEM-INKLEURBOEK The little book of calm colouring deur David Sinden en Victoria Kay (R133, Pan Macmillan) is draagbare ontspanning! Min dinge klop die meditatiewe eienskappe van inkleur om stres en angs te verlig. Dit kalmeer ook die stressentrum van die brein sodat ons kan ontlaai en ’n bietjie pret kan hê. Met dié sakgrootte boekie kan jy nou jou inkleurterapie met jou saamneem waar jy ook al gaan. STRANDSTYL Kyk wat het uitgespoel aan die Suid-Afrikaanse kus! Salt Water Sandals kom uit die VSA en word van sagte leer gemaak – hoe meer jy dit dra, hoe meer pas dit by die vorm van jou voete aan. Boonop word dié proses deur water aangehelp, so dra dit…

ideesza1601_002_010_016_NuweEnMooiDinge_0
2 minutos
lig & lewe

Amelia-huis lyk yslik op die webwerf: groot, oop ruimtes, ’n hoë plafon, ’n baie imposante kandelaar en die allermooiste wenteltrap ooit. Die voordeur is ’n volle drie meter hoog en skuif jy die dubbeldeure oop, kan die gesin buite op ’n heerlike groot stoep braai terwyl jy met die mense binne gesels. Daar aangekom, sien jy dit is ’n meesterstuk in spasiegebruik. Alles is nog net so mooi, maar net op heelwat kleiner skaal as wat jy jou voorgestel het. Met die slim gebruik van ’n klein grondoppervlak het jy ’n ruim leefruimte wat heelwat ruimer lyk omdat die plafon so oop en hoog is. Met haar werk vir die Verenigde Nasies as bedryfsinspekteur en projekkoördineerder van streeksvlugte vir die International Civil Aviation Organization (ICAO) in Botswana is Suzette altyd op pad…

ideesza1601_003_001_020_LesershuisKerkH_0
5 minutos
’n lap om te hou

LW Die patroon is geskryf vir ’n gordynpaneel met ’n voltooide breedte van een meter. Tel 3 cm aan elke syrand by vir soompies en 3 cm vir die onderste soompie. Laat ook genoeg toe aan die borand om dit later af te rond soos die gordyn gehang gaan word. As jy ’n breër gordyn of beddeken wil maak, hekel meer blokke en ’n langer kantstrook volgens die voltooide breedte van jou gordyn of beddeken (werk in veelvoude van vyf kettingsteke). JY BENODIG › 2 x 50 g-bolle Vinnis Nikkim-100% katoendubbeldraad in Natural › 3,5 mm-hekelpen › materiaal (volgens die grootte van jou venster of bed) › bypassende masjiengare EKSTRA STEEK GEBRUIK LANGBEENTROSSIE (LB-TR) Do en steek pen in vlg st. Moenie st voltooi nie, sodat daar 2 lusse op pen is. Hekel vlg st op dies wyse,…

ideesza1601_003_002_029_VirJouTrousseau_0