VAN DIE REDAKTEUR
Ek staar by my kantoorvenster uit, maar sien vandag nie veel nie. Die wolke hang swaar oor die Kaapse hawe en die skeepshyskrane wys net so hier en daar spokerig hul gesig. Dis inderdaad winter in die suide. En toe land hierdie maand se sop-artikel op my lessenaar. Dit lyk warm en ryk en hier kort voor middagete laat dit my mond behoorlik water. Ek’s nog nie halfpad deur nie, toe bel ek my seun, Anton. ‘Watter sop klink vir jou die lekkerste?’ En ek weet vanaand op pad huis toe gaan ek een van my supervinnige winkelstoppe doen – net genoeg goed in die mandjie vir ons sop-ete. En dalk ’n bietjie donkersjokolade vir ’n laataand-hot chocolate. Winter bly maar net spesiaal, wel in elk geval wanneer hy op die regte…