VAN DIE REDAKTEUR
Ek onthou nog kristalhelder die kombuise van my jeug. My ouma Lena se plaaskombuis met sy houtbalie vol koue water en die reuk van suurdeeg wat heeloggend daar gehang het. En ouma Hester se kombuistafel waar ons tot laataand sit en luister het na spookstories tot ons te bang was om te gaan slaap. Ook ons kleintyd-kombuis waar ons in ’n behoorlike produksielyn gestaan het om my ma te help koffiekoekies uitrol. ’n Kombuis moet behoorlik wérk. In my lewe was dit altyd ’n kuierplek, so sitplek is belangrik. Dan is daar ook genoeg ruimte nodig vir opkap, vir deeg uitrol en ’n veilige plekkie vir die kok se wynglas. En dan moet dit natuurlik mooi genoeg wees sodat almal daar wíl wees. Toe ek begin verlede jaar my nuwe kombuis begin…