Idees July/August 2017

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Wie sou ooit kon dink ek sou my skryfwerk kon sit en doen met ’n verwarmer net hier langs my, ’n kombersie oor my bene en my dikste sokkies aan my voete? Toe ek ’n tydjie gelede vir ’n groep kollegas vertel het dit raak nou lekker om van die huis af te werk, het een van hulle dadelik gesê: ‘En dis nog nie eens winter nie! Wag maar en sien hoe lekker dít is.’ En hoe reg was sy nie. Nou kan ek van sonkol na sonkol deur die huis trek, of soos vandag lekker knus voor my rekenaar sit met die hondjies wat rustig op hul kombers agter my lê en slaap. Maar dié gevoel van warmte en veiligheid het met meer as net my laag-op-laag-verhitting te doen. ’n…

ideesza170701_article_006_01_01
2 minutos
medewerkers

LIFE DE MET DIE 1STE, 2DE ÉN 3DE OOGOPSLAG Almie Louis, ook bekend as die blogger The Grand Recycler, is ’n ou bekende in die handwerkgemeenskap en ook ’n meester op die gebied van herwinning. Sy is die skrywer van die boek Van saai tot fraai (Struik, R230) en tans ook ’n beoordelaar op die kykNET-program Kunsvlyt. Almie het haar blog begin in Engeland, waar sy 15 jaar gewoon het, maar is nou terug op Stellenbosch en reg om haar slim herwinningsidees met ons te deel. Loer na haar madeliefiestoel wat nuwe lewe kry op bladsy 66. OUWÊRELDSE ONTWERPE Bridget Henderson van Cowgirlblues IS ’N OU VRIENDIN VAN IDEES EN KAN DEESDAE NIE GENOEG KRY VAN OUTLANDER NIE.SY WAS DUS BAIE GRETIG OM VIR ONS ’N SJAAL (SIEN BLADSY 68) TE HEKEL…

ideesza170701_article_007_01_01
4 minutos
teken dit aan

JULIE WES-KAAP Julie en Augustus LAAT DIE WINTERKOUE WYK MET DELHEIM SE JAZZ & CHEESE FONDUES-GELEENTHEDE. BESPREKINGS IS NOODSAAKLIK. STUUR ’N E-POS NA RESTAURANT@DELHEIM.COM OF BEL 021 888 4607. 7-16 Julie DIE PICK N PAY KNYSNA-OESTERFEES IS DIÉ PLEK VIR SPORTLIEFHEBBERS, GESINNE EN PARTYTJIEDIERE. MEER INLIGTING: OYSTERFESTIVAL.CO.ZA. 10 Julie-6 Augustus LAG ’N SLAG BY DIE JIVE CAPE TOWN FUNNY FESTIVAL WAT BY DIE BAXTER-TEATER GEHOU WORD. MEER INLIGTING: BAXTER.CO.ZA. 15-16 Julie FRANSE FLAIR WAG BY FRANSCHHOEK SE BASTILLEFEES. MEER INLIGTING: FRANSCHHOEKBASTILLE.CO.ZA. 18 Julie Nelson Mandeladag 21-22 Julie GENIET WYN, SOP, ’N BOEREMARK EN PLAASLIKE KUNS BY DIE SOETESEN-SOPFEES IN DIE RAWSONVILLE-DISTRIK. BEL 023 349 1791 VIR MEER INLIGTING, OF STUUR ’N E-POS NA INFO@BREEDEKLOOF.COM. 24 Julie Skoolkwartaal begin 29 Julie GENIET KAAPSE PORTSTYL WYNE EN WINTERKOS BY DIE FLAVOURS OF WINTER FESTIVAL WAT OP DIE WYNPLAAS MURATIE BUITE STELLENBOSCH GEHOU WORD. MEER INLIGTING: MURATIE.CO.ZA. NOORDWES 18-21 Julie DIE POLKADOT…

ideesza170701_article_010_01_01
1 minutos
in seisoen in julie en augustus

Kruie Grasuie, kappertjies, laventel, lourierblaar, marjolein, meerjarige basilie, ment, origanum, perdeblom, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel. Groente Aartappels, aspersies, beet, blaarkool, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, brusselse spruite, ertjies, komkommer, kool, lemoenpampoentjies, pampoen, patat, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, soetrissies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte Appelliefies, appels, avokado’s, grenadellas, kiwivrug, koejawels, koemkwats, lemmetjies, lemoene, lukwarte, nartjies, papaja, piesangs, pomelo’s, pynappel, suurlemoene. Blomme Affodille, anemone, angeliere, aronskelke, banksias, barbertonse madeliefies, bergbruidjies, blombos, buxifolia, erikas, freesias, gipskruid, goudroede, gousblomme, heide, inkalelies, irisse, kangaroepote, kolkol, krisante, leeubekkies, leucadendron, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, pronkridderspore, proteas, ranonkels, ridderspore, sintjoseflelies, soetemaling, speldekussings, sterretjies, stokrose, strelitzias, tjienkerientjees, tulpe.…

ideesza170701_article_012_01_01
5 minutos
op jou leeslys

diana@ideasfactory.co.za Handwerk Hekel teëlmotiewe met ’n verskil – Karen Adendorff (H&R, R195) Almal – oud en jonk – is tans oor die wêreld heen aan die hekel. En oraloor maak die geliefde, alombekende oumablokkie weer sy verskyning. In hierdie hekelboek deur ’n topverkoper-outeur is daar nuwe idees vir motiewe. Marokkaanse, Delftse, Persiese en Mediterreense blokpatrone met tegnieke soos oppervlakwerk maak die patrone, wat op verskeie maniere gebruik kan word, anders en interessant. Elke patroon bevat ’n diagram, die grootte, die aantal kleure, die moeilikheidsgraad en die volledige patroon. Quick and easy quilts – Lynne Goldsworthy (Kyle Books, R343) Kwilts kikker enige vertrek met interessante kleure en motiewe op en word dikwels familie-erfstukke, maar baie naaldwerkers is skrikkerig om self een aan te pak omdat dit te veel tyd en moeite verg. Dié boek fokus op…

ideesza170701_article_015_01_01
2 minutos
blogs vir jou lys

sarahshermansamuel.com Sarah se blog, Stories, voorheen bekend as Smitten Studio, is ’n eenstopontwerp-en-leefstylbestemming waar sy stories deel oor hoe om ontwerp in die alledaagse lewe te inkorporeer. Die temas sluit in dekor, onthaal, persoonlike styl en reis. Sarah het in 2012 begin blog om die restourasieproses van haar houthuis in Michigan op te teken, maar die blog het gou ontwikkel tot ’n gemeenskap vir ontwerpers, stylkenners en mense wat die fyner estetiese dinge in die lewe geniet. sprinklebakes.com Heather Baird het in 2009 begin blog as ’n selfgeleerde bakker en nageregentoesias. Deesdae is sy ’n opgeleide fyngebaksjef, kosskrywer en resepontwikkelaar. Haar missie is om alles menslik moontlik oor bak en fyngebak te leer en dit deur middel van handleidings en stap-vir-stap-aanwysings met haar lesers te deel. Heather was ’n opkomende kunstenaar voor sy…

ideesza170701_article_017_01_05