VAN DIE REDAKTEUR
Toe ek nege jaar gelede my eerste hondjie gekry het, het ’n vriend gesê: ‘Jy wil net ’n hond hê sodat jy mooi hondebedjies kan koop.’ Hy was reg wat die hondebed betref – dit was pragtig en het perfek in my kamer gepas. Maar enigeen wat al ooit ’n baba-Scottie gesien het, sal weet dit was Sofie se oulike lyfie en spelerige lojaliteit wat my hart gesteel het. En selfs toe ek ’n jaar later verwoed met ’n baba-Zizou moes meeding oor wie top dog in die huis is, was sy hardkoppige streep presies die ding wat hom laat uitstaan het tussen sy ander boeties en sussies. Uiteindelik was dit die diere se oulikheid wat hulle so onweerstaanbaar gemaak het – al die mooi ekstras was net ’n bonus. Met…