VAN DIE REDAKTEUR
Ons het die laaste maande meer as een keer verwys na die tendens om minder besittings te hê, maar meer ondervindings. Ook hoe dit belangriker raak dat die min goed wat ons wel het, meer betekenis vir ons het én hoe daar agter alles ’n storie skuil. Ek kon nooit so vinnig uitgooi soos wat Marie Kondo in haar blitsverkoper The lifechanging magic of tidying up aanraai nie. Met my gaan dit een dag flink en die volgende teen ’n slakkepas gewoonlik omdat ek iets raakloop waaroor ek stroperig sentimenteel voel. Toe ek ’n ruk gelede my klerekas takel, was ek so begeester dat ek nou nog na stukke soek wat duidelik óók in die liefdadigheidstas beland het. Wat my uiteindelik tot stilstand gebring het, was ’n fyn synagrokkie wat ek…