VAN DIE REDAKTEUR
Laas Kersfees (wat klaar weer soos ’n leeftyd gelede voel) was die eerste keer dat ek nié my Kerstafel op Instagram gesit het nie – iets wat ek nogal graag doen. Die rede was dat my inspirasie uit hierdie uitgawe gekom het en dus nog hoogs geheim was. Toe Hannes vroeg in Desember by die kantoor instap met die kunsblikkies wat vandeesmaand op ons voorblad pryk, het ek net geweet: Hiér is die vonk waarvoor ek gewag het. Dit was die inspirasie wat my lus gemaak het vir tafeldek en pakkies toedraai en sommer kook ook! Kort voor lank het die blikkies, wat my seun, Anton, en sy vriende met groot entoesiasme vir my leeggemaak het, die bottel modge podge en die kunsfotostate die hele eetkamertafel vol gestaan vir een van…