Idees March/April 2018

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Ek is ’n lysiemaker. Eerstens omdat ek van nature ietwat deurmekaar en aandagafleibaar is en my lewe móét orden. En tweedens omdat dit my ongelooflik baie plesier verskaf om afgehandelde take af te tik. Ek is inderwaarheid een van daardie mense wat iets wat die oggend bygekom en ek toe gedoen het, by die lys sal voeg net sodat ek dit ook kan afmerk. Voor my lysies het ek elke gedagte en afspraak neergeskryf op geel plakpapiertjies wat my kantoor vol opgeplak was. Tot ek een Maandagoggend by die werk kom en ontdek my nuwe PA het elke iedere een van hulle afgetrek en weggegooi. Sy wou my verras met ’n silwerskoon, minimalistiese kantoor…Siestog, ek dink nie sy het enigeen ooit weer só probeer verras nie. Maar nou is daar ’n nuwe…

f0006-01
2 minutos
medewerkers

VOORSKOOT WIL SY DRA Troukoek, verjaardagkoek, mooi soetkoekies – vra en sy kan dit maak! Tani Kirsten van Bake Me Happy loop al ’n lang pad saam met Idees, en danksy haar koekversierreeks weet ons almal nou al hoe om met fondant te werk. Vanjaar is dit botterversiersel waarmee ons ons gaste kan beïndruk. Probeer dié maand se dahlias op bladsy 62. Kontak Tani by 084 588 8184 of info@bakemehappy.co.za as jou spesiale geleentheid ’n mooi koek benodig. Kunspresente Vir hierdie eerste verjaardaguitgawe wou ons vir almal ietsie present gee. ’n Mooi kunswerk om te raam, in te skandeer en te vergroot of verklein vir kaartjies, boekomslae, plekmatjies of oordruk op lap vir kussings… julle verras ons elke keer met waarvoor júlle ons kreatiewe blaaie gebruik. Dankie dus aan Sammy Sheppard, Elsbeth Eksteen…

f0008-01
1 minutos
trots sa sopies

Lys van handelaars en gratis patrone op nurturingfibres.com NURTURING FIBRES THE ART OF WELL-DYED YARNS katoen | bamboes merinowol | angora ♥ ’n halwe hand vol vars aarbeie ♥ Barker and Quin Hibiscus Tonic Water ♥ komkommerlinte ♥ vars dilletakkies, vir garnering Stamp ’n paar aarbeie liggies in ’n jenewerglas tot dit oopbars en die geur vrystel. Voeg lekker baie ys by. Vul die glas met Barker and Quin Hibiscus Tonic Water. Garneer dit met komkommerlinte, vars dille en nog ’n paar aarbeie.…

f0009-01
5 minutos
teken dít aan

creativecalendarideas@gmail.com Maart WES-KAAP 1-5 Maart Ontspan met joga, meditasie en dans by die SpiritFest, wat by Somerset Gift op Swellendam gehou word. Kaartjies is te koop by webtickets.co.za. Vir meer inligting besoek spiritfest.co.za. 2-4 Maart Flieks, werksessies en tentoonstellings wag by die Kaapstadse Internasionale Animasiefees, wat by die River Club in Observatory aangebied word. Kaartjies is te koop by webtickets.co.za. Meer inligting: ctiaf.com. 3 Maart Die Ommiberg-oesfees in die Paarl beloof om ’n heerlike gesinsdag met pieknieks, wyn, fynproewerskos en vermaak te wees. Kaartjies is te koop by webtickets.co.za. 3 Maart Geniet ’n oesfees met ’n Italiaanse tema by die Idiom Tasting Centre op Somerset-Wes. Kos, wyn, prosecco, boetiekbier, Italiaanse musiek en ’n operakonsert is op die spyskaart. Kaartjies is te koop by webtickets.co.za. Meer inligting: idiom.co.za. 4 Maart Wyn, opwip-kosstalletjies, druiwetrap en vermaak wag by die Eikendal Weintaufe-oesfeeskarnaval. Kaartjies kos R120…

f0011-01
1 minutos
pluk, oes, koop en kook in seisoen

Groente Aartappels, avokado, beet, blaarslaai, blomkool, broccoli, eiervrug, groenboontjies, jerusalemartisjokke, knoffel, komkommer, kool, mielies, murgpampoentjies, pampoen, patats, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witwortels, wortels. Vrugte Appels, druiwe, granate, kwepers, mango’s, pere, perskes, piesangs, pruime, pynappel, spanspek, suurlemoene, vye, waatlemoen, winterspanspek. Kruie Basilie, dille, grasuie, lourierblaar, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roosmaryn, salie, tiemie. Blomme Angeliere, anthuriums, asters, barbertonse madeliefies, dahlias, floksies, gipskruid, goudroede, hanekamme, inkalelies, jakobregops, kangaroepote, kreefkloue, krisante, krismisrose, laventel, lisianthus, nerinas, Oosterse lelies, papierblomme, perdesterte, rose, sintjanskruid, sintjosefslelie, soetemalings, sonneblomme, strelitzias, veronicas, rooi vleirosies, tuberose, veronicas.…

f0012-01
5 minutos
op jou leeslys

(diana@ideasfactory.co.za) Handwerk Verftegnieke – Winnie Saayman (Metz Press, R225) Of dit ou meubels is wat ’n nuwe baadjie kort, of ’n moderne stuk wat smag na ’n sagter voorkoms, dié boek wys jou hoe om alles van ’n houtklavier, staalkabinet, sementvloer, tafels en stoele tot ’n ingeboude kas, baksteenmuur, trappe en selfs ’n hele badkamer met verf te omtower. Stap-vir-stapfoto’s en -aanwysings wys hoe jy tegnieke soos kleurwas, laagwerk, verwering, ombreeskakering, vergulding, stensilwerk en nog vele meer op enige oppervlak in jou huis kan toepas. Meer as 40 inspirerende projekte help om nuwe lewe in jou huis te blaas. Sewing happiness – Sanae Ishida (Sasquatch, R298) Sanae Ishida het gedog haar lewe is verby toe sy met ’n chroniese siekte gediagnoseer is en haar werk in die korporatiewe wêreld verloor. Dié uitdagings het haar gedwing om haar…

f0015-01