Idees May 2015

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,79 €(IVA Incl.)
19,27 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Seker so vyf jaar gelede het ek my hart totaal en al verloor op ’n mat wat ek glad nie kon bekostig nie. Met sy ligte agtergrond en blompatrone sou hy alles wat ek reeds besit, perfek bymekaartrek. En hoewel ek geweet het die wol én die wewing is fantasties, was dit die voorkoms wat ek in gedagte gehad het eerder as die sagtheid onder my voete. (Hoewel dit natuurlik ook heerlik sou wees.) Die winkelbestuurder het die magnetisme tussen my en die mat simpatiek bekyk en ’n week lank het ek en hy oor en weer ’n plan probeer maak om vir my daardie patroon op ’n goedkoper mat te kry, maar tevergeefs. Hy het my toe maar elke keer laat weet as daar ’n uitverkoping is, maar selfs teen…

ideesza1505_001_001_004_VanDieRedakteur_0
1 minutos
kooopgids

@home 0860 576 576 Abode 072 261 3540 Accessorize 021 447 7718 Aldo 011 884 4141, 021 671 2333 Artvraat jaques@artvraatdesigns.com Biggie Best 021 534 8662 Casamento 021 448 6183 Clarks 011 455 0917 Country Road 0860 022 002 Damn Good Looking jennifer@damngoodlooking.co.za Design Team 021 653 1973 Dulux 0860 330 111 Elbeth Gillis 021 423 2220 Elke Designs 079 601 9726 Elsje Designs 021 976 7111 Emvee Ceramics 021 982 0465 Essie Letterpress 022 921 3789 Exlusive Books 011 798 0000 Fabric Nation f.nation@gmail.com Farriers 021 761 4767 Fidders 021 886 4655 Gonsenhauser’s Rugs 021 462 4819 Habits 021 671 7330 Handmade by Me sera@handmadebyme.co.za Imagenius 021 423 7870 In Good Company 079 041 8927 JT McMaster 021 448 4223 Kartell 021 418 5382, 011 447 7062 Kat van Duinen 021 447 6582 Living Legends 021 447 2077 Lulu Belle 012 346 6424, 021 671 5728 Maizey 086 110 0420 Marigold 021 422 5451 Mitat 021 858 1465, 083 375 8501 Mr Price…

2 minutos
jou kalender vir mei

creativecalendarideas@gmail.com LIMPOPO • 1-3 Mei Die jaarlikse Haenertsburg-koswyn-en-bierfees behels koswerksessies en demonstrasies deur bekende sjefs, wynproeë, boetiekbier en ’n plattelandse mark. Bel 082 370 8567 vir meer inligting of maak ’n draai op die webwerf foodandwinefestival.co.za. WES-KAAP • 2-3 Mei Die Riebeekvallei-olyffees is ’n toonvenster vir die bekroonde olyfolies, olyfprodukte en wyne van die vallei. Dit word tussen 9 vm. en 4 nm. gehou en kos R100 per persoon. Gaan na riebeekvalley.info vir meer inligting. • 28-30 Mei Die South Peninsula Handcraft Centre bied ’n tentoonstelling in die burgersentrum in Vishoek aan. Van borduur-, brei- en hekelwerk tot kralewerk en papierkuns is te sien. Toegang is R5 vir volwassenes; kinders onder 15 betaal nie. • 29-31 Mei Ontwerpers, handwerkers en vakmanne stal hulle produkte by Made in the Cape in Cavendish Square uit. Gaan na facebook.com/MadeInTheCape…

ideesza1505_001_005_008_JouKalenderEnLe_0
2 minutos
leesgoed vir mei

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL Kreatiewe kombinasies – Louise van Rooyen en Suzette Stephenson (Metz, R210) Tuinmaak is net so kreatief soos om waterverfskilderye van blomme te maak. Die kreatiwiteit lê in die byeenbring van elemente soos kleur, vorm, tekstuur en groeiwyses, en in hierdie boek wys twee kenners jou hoe jy dit kan regkry met honderde voorbeelde uit tuine van reg oor die land. Flowers & borders – Maria Diaz (Metz, R155) Hierdie boek bevat 92 kruissteekdiagramme met ontwerpe van blomme, dekoratiewe rande en hoeke. Dit wissel van moeilik tot maklik en daar is iets vir elke smaak – van groot geometriese patrone tot delikate blomme en blomkranse. Gebruik dit om linne, klere en selfs kaartjies en etikette te versier. KOS & WYN A boat, a whale & a walrus – Renee Erickson en Jess Thomson (Sasquatch,…

ideesza1505_001_006_010_LeesgoedVirMei_0
4 minutos
ontwerp jou wêreld

Wanneer jy by ’n konsultasieagentskap werk waar jy mense help om hulle eie kreatiewe stempel af te druk, hetsy aanlyn of in die regte wêreld, besef jy dat selfontwerp (customisation) – oftewel, om jou eie ontwerper te wees – tans een van die warmste ontwerp-giere ter wêreld is. Nie lank gelede nie was dit nog net groot name met vet beursies soos Nike en Levi wat met pasgemaakte ontwerp geassosieer is. Vandag is ’n magdom ondernemings egter deel van die tendens, juis omdat dit so gewild is. Een onlangse plaaslike voorbeeld van ‘skep jou eie ontwerp’ was Magnum Pleasure se pop-upwinkel in Cavendish Square, Kaapstad, waar mense hulle eie roomys kon ontwerp. Die tekstielgroep Design Team voorsien klante weer van laslappies en vra dat hulle hul ontwerpe op Facebook deel. Verbruikers word…

ideesza1505_002_002_014_SkepJouEieOntwe_0
2 minutos
ontwerpersborde

Maak ’n stel van jou eie borde wat perfek by die res van jou mooi breekware pas, of begin ’n nuwe besigheid! Ons droom al lank van ons eie borde en het gaan uitvind hoe ’n mens dit doen. Die metode wat vir ons die maklikste uitgewerk het, bestaan uit twee prosesse: om die ontwerp op wateroordrukpapier te laat skermdruk en om dit dan op geglasuurde borde te laat inbrand. Vir albei het jy ’n spesialis nodig (tensy jy jou eie bakkersoond het), maar dis oor en oor die moeite werd as jy eers jou borde het. Jou ontwerp Jy kan jou ontwerp self teken of verf of enige ander ontwerp gebruik, mits jy dit in hoë resolusie in ’n digitale formaat kan omsit. Jy kan letters deel van jou ontwerp maak.…

ideesza1505_002_003_020_Ontwerpersborde_0