VAN DIE REDAKTEUR
Die aantal hotelkamers sonder ’n bad gaan my verstand te bowe. As die trotse eienaar van krulhare wat met die geringste bietjie vog begin mince, soos ons Kapenaars graag sê, wil ek regtig nie staan en koes vir die water van bo nie. Ek wil boonop ná ’n stresvolle dag vol vergaderings en rondjaag in die verkeer net vir ’n rukkie ontspan in ’n geurige warm bad. Dalk is dit ’n vroueding, dié salige verhouding met ’n bad. Ek onthou hoe die vroue in ons gesin in die badkamer saamgekuier het terwyl een ná die ander bad, hoe ons drie op ’n ry in die koshuisbad gesit het met ons bene wat oor die rand hang, en hoe my beste vriendin op ’n hartbreekdag vir my ’n diep bad vol borrels…