Idees November 2015

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,79 €(IVA Incl.)
19,27 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Vremd hoe daai aha-oomblikke soms jare neem voordat dit opduik. So loop ek nou die dag by ons naaldwerknaweek op Cullinan tussen ons lesers se halfgemaakte voorskote deur en ineens tref dit my hoe net 'n paar rye stiksels iets pragtigs van 'n stuk doodgewone wit lap kan maak. Niks ingewikkelds nie, nie moeilik om to maak nie, nie duur nie , en dit neem nie eens baie tyd nie. 'n Paar rye siersteke met jou naaldwerkmasjien en daarsy - 'n mooi present. En toe begin dit broei in my agterkop: Wat kan ek alles maak met net 'n paar eenvoudige steke? Teen die spoed waarteen hierdie jaar vlieg is Kersfees om die draai , maar met die hartseer stand van geldsake (die land s'n en my eie) is ek nie…

ideesza1511_001_001_004_VanDieRedakteur_0
1 minutos
kopgids

Accessorize 021 447 7718 Baleia Wines 087 234 8621 Biggie Best 021 534 8662 Builders 0861 335 273 Call it Spring 021 551 1527, 031 584 7431 Candle Deli 021 552 4937 Coco Africa 072 383 3227 Exclusive Books 011 798 0000 Frazer Parfum 021 421 9159 Global Beads 021 976 8091 Habits 021 671 7330 Havaianas 011 327 1540 Hoi P’loy 021 447 1433 Jasmine Tea Mill 083 408 1273 Jet Clothing 0860 113 639 Le Creuset 021 671 9550 Mango 011 783 7907, 021 418 0916 Melissa’s 011 614 5757, 021 424 5540 Merrypak 021 531 2244 Mr & Mrs 021 424 4387 MRP Home 0800 21 25 35 Mungo 044 533 1395 My Pretty Vintage 021 551 2242 Non-European 021 408 7600 Nostalgie Textiles 072 246 3483 Pandora 012 368 9140 Plan B Vintage 082 491 3677 Poetry 021 464 5893 Pylones 021 418 1388 Quirky Me 021 447 8194 Sharon B Design 021 465 8090 Skinny laMinx…

ideesza1511_001_003_006_Koopgids_0
1 minutos
my november project

GOU & MAKLIK Raam ons aanhaling en kunsafdrukkeBêre ons geskenkpapier en -patroneStik en borduur ’n voorskoot – vier ideesGee alles van vryfmengsels tot fudge’n koffie-skopGebruik oorskietlap vir sleutelhouersKnip en borduur lap-onderbordeVorm sout- en peperbakkies uit kleiSny mooi bottels in kruie-houersHang ’n vintageblik-ligGeur eet- en drinkgoed met rose HANG UIT Skep ’n deli-sjokoladeplakStrope, poeiers en koppies vir ’n koffiesnobVersier ’n drielaagkoek elegantString die mooiste porselein-juwelierswareOmtower ’n borduurlap in ’n handsakKoop ons spesiale naaldwerk-uitgaweideesred@media24.com facebook.com/IdeesSA OP JOU TYD Stik en versier oulike geskenksakkies Stempel en stensil geskenke en geskenkversierings vol delftpatroneMaak ’n laphoedjie en hekel-beanieGiet seep en ander badprodukteHou die blikke vol koekies, tertjies en biscottiBottel Mediterreense lekkernyeBrand ’n ontwerp op ’n opdienplankMosaïek ’n potstaanderStik ’n patrone-teddieMaak lekkers in hul eie mooi boksies…

ideesza1511_001_004_008_JouNovemberProj_1
2 minutos
jou kalender vir november

creativecalendarideas@gmail.com WES-KAAP • 30 Oktober-1 November Moenie Made in the Cape – ’n toonvenster van die beste plaaslike talent – by Cavendish Square in Kaapstad misloop nie. Die uitstallers sluit in silwersmede, juweliersontwerpers, keramiek-, tekstiel- en leerkunstenaars, skrynwerkers en vele ander kreatiewe entrepreneurs. Besoek facebook.com/MadeInTheCape vir meer inligting. • 7-8 November Handwerk, dekor, speelgoed, klere, keramiekware en kuns word verkoop by die Leisure Isle Festival op Knysna om geld in te samel vir ses liefdadigheidsorganisasies. Daar is ook ses skoutuine, ’n tentoonstelling van klassieke motors, ’n stalletjie met tweedehandse boeke, fynproewerskos en ’n biertuin asook speelplek vir die kinders. Meer inligting: leisureislefestival.co.za. KWAZULU-NATAL • 7 November Die Innistraat-straatfees op Winterton sluit in kulturele aktiwiteite, musiek (onder meer ’n marimba-orkes en die Drakensbergse Seunskoor), kosstalletjies, boetiekbier, wynproeë en nog baie meer. Bel 082 548…

ideesza1511_001_006_010_JouKalenderEnLe_0
2 minutos
kersmarkte

• GAUTENG 28 Oktober-7 November Die Moreleta-Kersmark in Pretoria-Oos spog met meer as 200 uitstallers. Bel 082 453 7933 of gaan na craftersfair.co.za. 30 Oktober-1 November Die Glenshiel Christmas Fair ten bate van die Orde van St. John word in Westcliff Ridge, Johannesburg, gehou. Meer inligting: facebook.com/pages/ Glenshiel-Christmas-Fair. 20-29 November Die Kersmark van die Transoranje Skool vir Dowes word by die Tshwane Event Centre op die Pretoriase skouterrein aangebied. Gaan na transoranje.webs.com of bel 012 386 6072. 27-29 November Die Parkview Charity Christmas Market vind plaas by George Hay Park. Dit is ten bate van die Nicarelaliefdadigheidsorganisasies. Besoek facebook.com/ Nicarela. • WES-KAAP 3-6 November Moenie die Markgoed-Kersmark by Forest 44 tussen Somerset-Wes en Stellenbosch misloop nie. Bel 072 376 4935 of e-pos markgoed1@gmail.com. 4-8 November Die Constantia Gift Fair vind plaas by SA Riding for the Disabled Association in Brommersvleiweg, Constantia. Besoek thegiftfair.co.za…

ideesza1511_001_007_011_Kersmarkte_0
2 minutos
leesgoed vir november

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL Plak dit ook – Jaclyn Venter (Metz Press, R200) Hierdie nuttige boek is propvol idees vir die gebruik van tradisionele fotoplaktegnieke om jou huis te verfraai, gewone alledaagse artikels in lieflike geskenke te omskep of weggooigoed en optelgoed vir verdere gebruik te herwin en op te dollie. Dit wys jou hoe om bykans enigiets persoonspesifiek te maak deur foto’s en onthougoed slim met fotoplakpapier, karton en tooisels te kombineer. Upcycle – Rebecca Proctor (Laurence King, R473) In dié praktiese boek wat deur die herwinnings- en handwerkgier geïnspireer is, wys 24 internasionale produkontwerpers hoe jy hul upcycling-ontwerpe by die huis kan herskep. Dit wissel van ’n waterdigte mat gemaak van tou, ’n geometriese lampskerm van stroke Tetrapak-karton en ’n hangreling van afvalstukke koperpyp, tot dekoratiewe blommerangskikkings van ou plastiekbottels en ’n rottangstoel wat…

ideesza1511_001_008_012_LeesgoedVirNove_0