Idees November 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

Dis amptelik lente, maar die Kaapse weer bly iesegrimmig. Omdat ek nie kan uitkom nie, sit ek nou die dag en kyk na wat alles beskikbaar is in die magdom aanlynwinkels waar ’n mens deesdae kan koop. Te oordeel aan die keuse van produkte en die afgemerkte pryse is die jaareindwinskopieseisoen reeds in volle gang. My oog haak spesifiek vas by die R239-verkoping. Vir man, vrou, huishen of avontuursoeker is daar iets teen dié prys. Persoonlik sou ek ’n afgeronde bedrag soos R250 gekies het - ’n bietjie duurder, maar dit klink net beter en maak die somme lekker maklik. Dit sal interessant wees om te weet hoe daar op dié bedrag besluit is. Dan wonder ’n mens hoe mense met groot gesinne nog kan Kersfees hou. Teen dié winskoop-prys gaan ’n…

ideesza1611_article_004_01_01
4 minutos
jou kalender vir november

Wes-Kaao 31 Oktober 2016-29 April 2017 Die Galileo Open Air Theatre word aangebied by die Hillcrest Quarry, Kirstenbosch, die V&A Waterfront en talle ander plekke in die Wes-Kaap. Gaan na thegalileo.co.za vir meer inligting. 2-6 November Vanjaar se Fees-Idees-mark by Simondium’s Country Lodge tussen die Paarl en Franschhoek spog met meer as 100 stalletjies wat klere, modebykomstighede, juweliersware, dekoritems en delikos verkoop. Geniet ’n glasie wyn in die tuin as jy klaar is met jou inkopies. Die mark is van Woensdag tot Saterdag tussen 9 vm. en 5 nm., maar sluit die Sondag reeds om 3 nm. Toegang kos r30 vir volwassenes. Bel 021 874 1046 of volg @vintagewilna op Instagram. 5 November Die Franschhoek Craft Festival vind tussen 11 vm. en 5 nm. plaas by Môreson. Daar is heerlike eet- en drinkgoed,…

ideesza1611_article_006_01_01
1 minutos
dísin seisoen in november

VRUGTE : Aarbeie, appelkose, avokado's, kersies, koejawels, papajas, perskes, pruime, pynappel, spanspek, waatlemoen. GROENTE: Artisjokkle, aspersies, blomkool, boontjies, er tjies, komkommet, murgpoentjies, preie, spinasie, wortels. KRUIE: Basilie, dille, lourierblaar, marjolein, ment, origanum, roosmaryn, salie, tiemie, vinkel. BLOMME BESKIKBAAR IN NOVEMBER: Achillea, agapante, amarante, angeliere, anthuriums, asters, barbertonse madeliefies, calla-lelies, geelklokkies, gousblomme, hanekamme, inkalelies, keelkruid (Trachelium), kreefkloue (Heliconia), krisante, laventel, Lisianthus, Oosterse lelies, oranjebolle, papierblomme, (sekere) protea- en fynbossoorte, ridderspore, rose, sewejaartjies, sonneblomme, swaardlelies, tjienkerientjees, uieblomme, veronicas, wildepynappelblomme.…

ideesza1611_article_008_01_01
2 minutos
leesgoed vir november

HANDWERK Kaffe Fassett’s bold blooms (Abrams, R404) Die beroemde kwilt- en lapontwerper Kaffe Fassett het blomme as inspirasie gebruik vir dié versameling nuwe kwilt- en naaldwerkpatrone. Hy wys ook wat agter die skerms gebeur as hy ontwerp – van inspirasieborde en kleurkaarte tot hoe hy die kwilts beplan en stik. Die fokus is weliswaar op kwilt- en naaldwerk, maar die idees kan ewe maklik in dissiplines soos handwerk, veselkuns en dekor gebruik word. Stitches from the garden – Kathy Schmitz (That Patchwork Place, R349) Die natuur se ryk verskeidenheid kleure en teksture en die sagte romantiek van vervloë dae was die inspirasie vir dié patrone deur die kunstenaar en materiaalontwerper Kathy Schmitz. Sy gebruik graag eenvoudige borduursteke om mooi erfstukke te maak. Die kussing op die voorblad met ’n voël en ’n nes vol eiers…

ideesza1611_article_010_01_01
2 minutos
blogs van die maand

vermilionroots.com Christine Leong se kookstyl is sterk beïnvloed deur haar Oosters-Maleisiese wortels en haar pa, ’n sjef, wat ’n Chinese restaurant in Kuala Lumpur bestuur het. Al woon sy nou in San Francisco en al is sy mal oor die cuisine van ander kulture, keer sy altyd terug na die kos waarmee sy grootgeword het. Talle van haar resepte is Oosters, maar eenvoudig genoeg sodat enigeen dit kan maak. Sy koop graag by markte en fokus op seisoenale plantgebaseerde resepte. sarahhearts.com Sarah Khandjian het haar blog met ’n reeks handgemaakte sakke en skermdruk-bykomstighede begin wat sy by die universiteit, aanlyn en by markte verkoop het om haar inkomste as student aan te vul. Haar daaropvolgende troue was ‘ ’n eenvoudige, handgemaakte bruilof waarvoor ek die papiergoed met die hand gedruk en al die…

ideesza1611_article_011_01_01
4 minutos
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! NUWE WINKELS & HANDWERK: Dala Watts (dwatts@media24.com) KOS: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) DEKOR & MODE: Carin Smith (carin.smith@media24.com) Hier kom die somer Boschendal se Chardonnay-Pinot Noir is ’n fabelagtige wynkeuse vir enige someronthaal. Dié droë bloospienkwyn is delikaat en ’n goeie pasmaat vir ’n groot verskeidenheid geregte – van sushi, slaaie en seekos tot vars, vrugtige nageregte. • Landwyd beskikbaar teen sowat R100 per bottel. Soetlief ’n Boks luukse sjokolade is altyd ’n welkome geskenk, en Lindt het ’n wonderbaarlike verskeidenheid om van te kies, soos die Lindor Gold Cube vir R64,95 of die Swiss Luxury Selection vir R134,95. Jy kan dinge selfs ’n stappie verder voer en ’n sjokoladeverslaafde geliefde bederf met ’n sjokoladeklas onder leiding van Lindt se Master Chocolatiers. • Bespreek nou by chocolatestudio.co.za vir klasse wat van 3-29 Desember in Kaapstad…

ideesza1611_article_012_01_01