Idees October 2016

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
IdeesFabriek
Periodicidade:
Bimonthly
3,72 €(IVA Incl.)
20,47 €(IVA Incl.)
6 Edições

nesta edição

2 minutos
van die redakteur

D it verstom my altyd as mense praat oor papier versus digitaal asof die twee niks met mekaar te doen het nie. En hoe dikwels hulle sommer aanneem omdat jy vir ’n tydskrif werk of verkies om jou inligting uit ‘outydse’ tydskrifte of boeke te kry, jy nie die digitale wêreld verstaan nie. Soveel te meer as jou inhoud so handgemaak is soos ons s’n. As dit lyk asof ek effe sensitief oor die onderwerp is, is dit reg: Dit ís ’n teer punt. Want toe ek vanoggend voor die bord staan en sien hoe dié uitgawe bymekaarkom, besef ek weer presies hoe wonderlik die twee wêrelde mekaar aanvul. Waar sal jy meer inspirerende handwerk sien as op die talle kreatiewe blogs en op Pinterest en Instagram? Om die waarheid te…

ideesza1610_article_004_01_01
4 minutos
jou kalender vir oktober

Landwyd 9 Oktober Vier Nasionale Tuindag en al die wonderlike redes waarom tuinmaak so ’n plesier is. Laai die app ‘Gardening with Babylonstoren’ af vir gawe voorstelle – daar is hope inligting, planne én direkte toegang tot tuinkenners. Besoek die webwerf gardenday.co.za of stuur e-pos na info@gardenday.co.za. KwaZulu-Natal 29-30 Oktober Kengai Bonsai Kai hou vanaf 9 vm. sy jaarlikse skou by Laerskool Hillcrest. Daar is demonstrasies, praatjies deur kenners en bome en potte te koop. Toegang: R20. nog inligting: 083 254 1022 of mistymoonbonsai@gmail.com. GEReeLDE MARKTE • Die Family Market Mik op die eerste Saterdag van die maand na Halls Gateway langs die N4 sowat 2 km buite Nelspruit vir stalletjies met kos, organiese leefstylprodukte, kuns, handwerk, klere, antiekware, fotohokkies en veel meer. Die hele gesin sal dit gate uit geniet. Lees meer oor die…

ideesza1610_article_008_01_01
1 minutos
dís in seisoen in oktober

BLOMME BESKIKBAAR IN OKTOBER: Agapante, angeliere, anthuriums, (sekere) astersoorte, barbertonse madeliefies, (sekere) fynbossoorte, hanekamme, inkalelies, kreefkloue (Heliconia), krisante, Latefolia, laventel, Liatris, Lisianthus, Oosterse lelies, papierblomme, (sekere) proteasoorte, ridderspore, rose, sewejaartjies, swaardlelies, tjienkerientjees, uieblomme, wildepynappelblomme, veronicas, watsonias. GROENTE Aartappels, artisjokke, aspersies, beet, blaarslaai, blomkool, boerbone, broccoli, ertjies, knoffel, komkommer, kool, pampoen, patat, preie, rabarber, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, spinasiebeet, sprietuie, tamaties, uie, waterblommetjies, witwortels, wortels. VRuGTE Aarbeie, appelkose, kiwivrug, koejawels, lemoene, moerbeie, nartjies, papajas, piesangs, pomelo’s, pynappels, rabarber, suurlemoene. KRuIE Basiliekruid, brandnetels, dille, dragon, grasuie, kappertjies, laventel, lourierblare, marjolein, ment, origanum, pietersielie, roket, roosmaryn, salie, sitroengras, tiemie, vinkel.…

ideesza1610_article_010_01_01
2 minutos
leesgoed vir oktober

handwerk & LeefstyL Mal oor metaal – Monica Fischer e.a. (Metz Press, R225) Handwerkmetaal is buigsaam en kan om byna enige oppervlak gevou of daarop geplak word. Dié boek fokus op gekleurde handwerkmetaal – hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, kleur en 3Dontwerpe – en hoe jy daarmee unieke artikels vir jou huis kan skep. Leer meer oor die metaal en items waarop dit aangebring kan word asook die tegnieke en gereedskap wat gebruik word. Daar is projekte vir van beginners tot gesoute handwerkers. Kleurkels: Kunswerke – Thomas Pavitte (H&R, R165) Ontdek van die grootste kunswerke met hierdie kopkrap-inkleurboek. Hoewel dit net soos ’n klomp sirkels lyk, skuil daar op elke bladsy ’n meesterstuk wat wag om onthul te word. Dit sluit bekende kunswerke in soos Die soen en Die Venus van…

ideesza1610_article_012_01_01
2 minutos
blogs van die maand

foodiecrush.com Heidi Larsen het haar liefde vir kosmaak gekombineer met haar ou loopbaan as ontwerphoof in die uitgewersbedryf en só ontpop in ’n kosblogger wat ook foto’s neem, stories vertel en tydskrifte en e-kookboeke ontwerp. Sy skep en deel graag resepte en fokus meestal op vars, seisoenale, dikwels gesonde trooskos – met af en toe so ’n bietjie ekstra kaas en botter! Haar indeks is propvol idees oor wat om vir ete te maak – of loer na ander kosbloggers se resepte in haar aanlyn-tydskrif, Foodiecrush. younghouselove.com Sherry en John Petersik klets oor die transformasie van hulle huis en hoe hulle daar leef. Hulle het al ’n magdom selfdoenprojekte agter die blad en drie huise opgeknap terwyl hulle tussendeur kinders grootgemaak, twee boeke geskryf, produkte ontwerp en met ’n paar potgooie (podcasts) geëksperimenteer…

ideesza1610_article_013_01_01
4 minutos
nuwe dinge

DEEl jou nuus! nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kos: louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor & mode: Carin smith (carin.smith@media24.com) MY BEKER LOOP OOR Hierdie eetrite urban Flowerbekers sal lank ná die winter nog jou huis opvrolik. Beskikbaar by Yuppiechef teen R179 vir ’n stel van vier. FAMILIETRADISIE ons is mal oor die verpakking van MammaMia Boerseep. Elke koekie word met die hand gemaak (en gesny) volgens ’n ou familieresep wat van een geslag na die volgende oorgedra is. • Te koop by De Malle Meul in Philadelphia of aanlyn by facebook.com/mammamiaboerseep. Nuut op die gRaankosRak Probeer gerus Woolworths se nuwe bakkery-geïnspireerde muesli wat in drie verleidelike geure te kry is: piesangbrood, klapper-en-bosbessie-macaroon en appelstrudel. Dit kos R42,95 vir 750 g. Hulle nuwe enkelporsie-pakkies gesonde staalgesnyde hawermout is ook heerlik en baie gerieflik: Verhit eenvoudig die sakkie vir 90 sekondes…

ideesza1610_article_014_01_01