EXPLORARBIBLIOTECAREVISTAS
CATEGORIAS
EM DESTAQUE
EXPLORARBIBLIOTECA
 / Para Mulheres
Sarie WoonSarie Woon

Sarie Woon

2019/2020

Sarie Woon fokus op stemming en mooi oomblikke. Dit bring die beste in dekor (plaaslik en internasionaal) en slim handwerk en doen-dit-self bymekaar, en vang só ‘n ware SA leestyl vas. Dit kos dikwels net ‘n eenvoudige idee om ‘n huis te verander in ‘n liefdevolle tuiste. Kyk hoe sulke sleutel-idees oorloop op elke bladsy en floreer in die huise van gewone Suid-Afrikaners wat buitengewoon kreatief en innoverend is.

País:
South Africa
Língua:
English
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Mais

NESTA EDIÇÃO

1 minutos
sarie woon

REDAKSIONELE SPAN REDAKTEUR Michélle van Breda DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma TEKSREDAKTEURS Aniel Botha, Natasja Lochner, Liesl Roodt (hoofsub) REPRODUKSIE Dewald Spies, Noorieyah Fakier DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER Jameelah Conway SIRKULASIEBESTUURDER Riaan Weyers 021 503 7179 KORPORATIEF: SARIE word uitgegee deur Media24 (Edms) Bpk Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 Tel. 021 406 2121 UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 Ishmet Davidson UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA Rika Swart HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL Minette Ferreira…

3 minutos
tasbare tekstuur

Agtergrondfoto Getty Images/Gallo Images; FOTO HENK HATTINGH…

2 minutos
wolkberg se mense

Ons het ’n paar vrae aan Ramielle de Jager, medestigter en besturende direkteur, gevra: Wat is Wolkberg Casting Studio? Wolkberg is seker meer bekend vir sy besonderse teëls, maar ons doen ook ander gietwerk soos kombuis-en badkameroppervlakke, doelgemaakte argitektoniese panele, tafelblaaie, ligte, bankies, koper-inlegwerk en bewoording in ons Limesite produk (’n hoëwerkverrigting beton), en nog veel meer. Ons het die besigheid Wolkberg gedoop, omdat dit die plek is waar die idee ontstaan het, en omdat dit iets sterks en onbreekbaars versinnebeeld. Hoe en waar het dit begin? Graeme Bramley en Reando Potgieter het as Industriële Ontwerp-studente ’n passievolle belangstelling in beton gehad. Toe hulle een naweek aan die voet van Wolkberg in Limpopo deurgebring het, het hulle die idee uitgebou dat beton vir veel meer aangewend kan word as net in die konstruksiewêreld. Maar…

7 minutos
ontdek die warm hart van die laeveld

“Jy sak deur Schoemanskloof na mý land toe. Die groen Hoëveldvlaktes steek skielik kop tussen die bene, smyt jou ’n onverwagte moot in; jy sak weg en laat die eenvormige bulte agter […] die berge maak oop voor jou, staan tru, laat jou verbygaan, en daar is eensklaps soetdoring-en dikbasbome, aalwyne, waterbessies, hier en daar ’n verdwaalde mangoboom langs ’n rooibaksteenhuis. En kort voor lank voel jy dit, ruik jy dit, wéét jy: ek is in die vallei van die lemoene.” Wie is daar beter as die skrywer Chris Barnard, wat in dié omtes gebore en getoë is, om die Laeveld te beskryf? Dit is hoeka nie meer die rustige vallei van Barnard se grootwordjare nie – al word daar soms mee gespot as synde die Slowveld vanweë ’n tydsamer manier van…

1 minutos
doendinge

• Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Nelspruit is van 24-27 Junie 2020. Dit is ’n gesinsfees by uitstek op die feesterrein by die Hoërskool Bergvlam, met ’n propvol musiekprogram en hope gratis vermaak. Daar is ook toneelstukke, ’n boek-en uitgebreide visuele kunsprogram wat by venues elders in die stad aangebied word. Kry meer inligting by innibos.co.za en teken sommer daar in op die Tjirp-nuusbrief om op die hoogte van Innibos se feestelikhede te bly. • By die Mpumalanga Skou, elke jaar teen einde Augustus, is dit pure landbouskou soos van ouds met lewende hawe en interessante uitstallings. Daar is ook musiekverhoë en eetstalletjies. Kyk wat kan jy als sien by thempushow.co.za. • Fietsry is groot in die Laeveld met verskeie wedrenne oor berge en in dale. Die Jock Classic en Sabie…

1 minutos
maak ook ’n draai hier!

• Die Graskop Hotel vir verblyf in ’n kunstige omgewing. In 19 van die 35 kamers is die binneversiering aangevul met die werke van ’n SA kunstenaar, onder wie Claudette Schreuders en Gordon Froud. Elders in die hotel is daar om elke hoek en draai kontemporêre kunswerke te sien. Gaan na graskophotel.co.za of bel 013 767 1244. • Geniet bierplesier by Sabie Breweries in die hoofstraat van dié dorp en teug lank en lekker aan boetiekbiere met name soos Long Tom Lager en Wheelbarrow Weiss, of doen ’n brouerytoer (’n bierproe ingesluit) teen R150 per persoon. Oop daagliks, met meer inligting by sabiebrewery.com en 013 764 1005. • Hops Hollow, net so duskant die hoogste piek van sowat 2 500 m bo seevlak in die Long Tom-pas tussen Sabie en Lydenburg, is…