EXPLORARBIBLIOTECA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Casa & Jardim
TuisTuis

Tuis

April 2019

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Maiskeyboard_arrow_down
COMPRAR EDIÇÃO
2,90 €(IVA Incl.)
ASSINATURA
32,64 €(IVA Incl.)
12 Edições

NESTA EDIÇÃO

access_time2 minutos
hallo

Want dis mos ’n soentjie, dan nie? Date ons dalk?’n Kruisie is nie tegnies ’n emoji nie, maar dit val volgens my in dieselfde kategorie. En daai woordeboek-sonder-woorde met al sy astrante ikoontjies raak mos net dikker by die dag. Trouens, sinne met regte woorde is feitlik ’n bedreigde spesie. Wat jy deesdae op jou selfoonskermpie kry, is ’n boodskap in kodetaal, ’n soort raaisel.Dis soos daardie aanlegtoetse wat jy moet invul wanneer jy aansoek doen om bevordering. Byvoorbeeld: Als wat groen is, is positief. Sirkels ook. Maar vierkante is negatief. Strikvraag: Wat beteken ’n groen vierkant dan? (My antwoord op laasgenoemde vraag: DEURMEKAAR. En ek is reg, al sê die psigometris ook wat.)In die staat Queensland in Australië kan jy nou sowaar ’n emoji op jou motor se…

access_time1 minutos
dagboek

OP DIE KASSIE In Tuis se nuwe TV-program, 1,2,3, fixit! (elke Donderdagaand om 17:30 op VIA, kanaal 147 op DStv), sê drie spanne mekaar die stryd aan in ’n regruk-kompetisie waarin ’n gelukkige leser se huis vertrek vir vertrek opgeknap word. In die volgende vier weke fokus die spanne op verbeterings in die slaapkamers en badkamers. Misi Overturf staan by as selfdoenkenner en Tuis se redakteur, Wicus Pretorius, swaai die sweep as hoofbeoordelaar. Die aanbieder, Lynelle Kenned, volg die vordering én die drama agter die skerms. 21 Maart Dis dag 5 en 6 van die kompetisie en die spanne se fokus verskuif na die slaapkameruitdaging. 28 Maart Die beoordelaars is op pad, gaan die spanne betyds klaarkry met hul projekte? 4 April In dié episode val die kollig…

access_time1 minutos
kamers/makers, johannesburg

26 April–1 Mei: St David’s Marist, Inanda, Sandton KAMERS/Makers is terug in Sandton met handgemaakte mooigoed en nuwe uitstallers. Vier innovering in mode, dekor, juweliersware, kos en wyn! Kry kaartjies teen R60 by plankton.mobi of betaal R90 by die ingang en kry ’n inkopiesak en tydskrif; sien kamersvol.com.…

access_time1 minutos
gesinspret!

20: Sardiniabaai, Port Elizabeth Bring die hele gesin (vierpootkinders inkluis!) vir ’n middag se pret by die Sards-Paasmark. Jy kan uitsien na tuisgemaakte geskenke, smullekker kos, lewende musiek en aktiwiteite vir die kleinspan. Toegang is gratis. Vir inligting, soek Sards Market op Facebook. 21: Jan Smuts-stadion, Oos-Londen Bring die dag saam met jou kinders deur by die Garden of Colour Picnic! Deel in die liefde, gelag en pret in ’n feestelike atmosfeer met lewende optredes, kosstalletjies en hope vermaak. Kinders moet vergesel word van ’n ouer of voog. Kaartjies is beskikbaar by computicket.com en kos R100 per kind; toegang is gratis vir ouers. 21: Grande Provence Heritagewynlandgoed, Franschhoek Besoek Grande Provence vir ’n gesinspiekniek kompleet met ’n Paaseiersoektog vir die kleinspan, lewende musiek en…

access_time2 minutos
april-flitse

6: Die Fools and Fans-bierfees is terug op Greyton! Proe bier van brouerye reg oor die land en neem deel aan die kompetisie vir tuisbrouers of broodbakkers. Kaartjies kos R100 by ticketrush.co.za. Skakel 028 254 9690. 7: Bring jou harige vriende vir ’n dag vol pret by die Bloemfontein Animal Fair in Bobbiespark. Die bes geklede eienaar en troeteldier wen ’n prys! Skakel 081 883 6912. 13: Beleef die herfs op die Tokarawynlandgoed in Stellenbosch, waar die plaastuin oop sal wees vir die publiek. Besigtig kunswerke op die terrein en loer in by die jaarlikse skaarsplantverkoping. Toegang kos R50 per volwassene. Sien meer by tokara.com. 15: Mei se Tuis is op die rakke! 18–22: Besoek Underberg tydens die Splashy Fen-musiekfees vir optredes deur plaaslike en internasionale musieksterre. Bespreek…

access_time3 minutos
ons lesers sê

WENBRIEF Nooit te oud nie Christine Janse van Rensburg van Upington skryf Op laerskool het my ouma my hekelwerk vir my gedoen, en my ma my breiwerk. Skandelik, ja, maar ek het nie belanggestel nie. Terwyl ek en my twee niggies in Januarie 2018 op Keurboomstrand kuier, is die een nig fluks aan die hekel. En daar byt die hekelgogga my. Terug by die huis leer hekel ek – op 45 –van YouTube-video’s af, en Ouma se hekelwerk kry sommer weer nuwe waardering in my hart (ek sou graag haar gesig wou sien as sy my met ’n hekelpen in die hand kon gewaar!). Ek begin met babakombersies en daar kom die bestellings die een ná die ander in; so tussendeur sommer vir ’n paar…

EDIÇÕES ESPECIAIS

help