EXPLORARBIBLIOTECA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Famosos & Celebridades
TV Plus AfrikaansTV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 7/31/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Maiskeyboard_arrow_down
Nota Get 40% OFF with code: BIG40
COMPRAR EDIÇÃO
2,10 €(IVA Incl.)
ASSINATURA
40,86 €(IVA Incl.)
26 Edições

NESTA EDIÇÃO

access_time1 minutos
van lucia

Skokwekkend! Dis al hoe die onlangse verwikkelinge by 7de Laan beskryf kan word. Kykers was nog skaars oor die skok dat Hilda (Annelisa Weiland) een van die dae die Laan groet, toe kom nóg groot nuus – Vinette Ebrahim, die Oppiekoffie-baas Charmaine, verlaat in Oktober óók Hillside ná 19 jaar! Luidens ’n persverklaring was die storielyne vir Charmaine en haar bose tweelingsuster Vivian, wat sy ook speel, uitgeput. Dié uitgawe is propvol bederfbrokkies waarvoor jy in Augustus en September moet uitkyk. Getroud Met Rugby is omtrent ’n kykfees. Daar’s ’n verlowing, troue, en ’n lyk word ontdek! En iemand in Arendsvlei beland agter tralies. Die regsdramareeks Suits se negende en laaste seisoen is amper hier en ’n splinterreeks Pearson, wat draai om die vuurvreterprokureur Jessica Pearson (Gina Torres), maak ook sy debuut.…

access_time1 minutos
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Lara Atson, Gerda Engelbrecht, Mariëtte Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur…

access_time2 minutos
gesels met minki

Het jy gedink modelle het net mooi gesiggies en vietse lyfies? Moenie glo daar’s geen brein agter daardie perfekte glimlag nie. Minki van der Westhuizen, model, TV-liefling en nou ook ma van drie, is deesdae die sjarmante aanbieder van haar eie leefstyl-geselsprogram Minki (indien jy die eerste seisoen misgeloop het, kan jy al 13 episodes op Showmax stroom). “Die verskil tussen Minki en ander geselsprogramme is dat ek nie met glanspersoonlikhede of bekendes sit en gesels oor hul loopbane en wat hulle met hul lewe doen nie,” vertel Minki. “My program gaan oor my mense, gewone mense met buitengewone en inspirerende stories.” HAAR SOUT WERD Jy dink dalk Minki het slegs die program gekry omdat sy bekend is as ’n voormalige FHM and Sports Illustrated-model, maar watwou. Sy bied reeds leefstylprogramme aan sedert…

access_time3 minutos
francois lensley

Francois Lensley se karakter Marko Greyling is ’n regte man onder die manne in 7de Laan (2000-nou, lees meer op bl. 14). Marko is alsbehalwe perfek, het ’n stoppelbaard, is altyd reg vir ’n drankie saam met sy pelle rondom die braaivuur en is die tawwe ou op wie se nommer die mense in Hillside druk wanneer hulle probleme het wat ’n fisieke oplossing benodig. En terwyl Marko homself te wyte aan sy humeur dikwels in die moeilik bevind, is sy stout skoolseungryns genoeg om hom uit die moeilikste situasies te kry met niks minder as ’n vermaning nie. Die 42-jarige Francois is egter ’n bietjie meer volwasse as sy 7de Laan-karakter, Marko. Jy gaan hom waarskynlik eerder tuis voor die kassie kry, besig om sy volgende avontuur in die…

access_time3 minutos
moenie mis nie

Woensdag 31 Julie BOLHUIS NUWE SEISOEN! Seisoen 2 kykNET (*144) 21:00 Episode 1 (ware misdaad) Die sekuriteitspesialis en privaat speurder Mike Bolhuis is terug vir ’n tweede seisoen. In episode 1 fokus Mike en sy span op die voorkoming van dwelmmisbruik en ons leer meer van Mike se program waarin hy dwelmverslaafdes en hul gesin help om van verslawing verlos te raak. Donderdag 1 Augustus KOKKEDOOR Seisoen 3 kykNET (*144) 20:00 Episode 3 (realiteit) In hierdie episode kry die spanne die geleentheid om ’n tradisionele en ’n moderne weergawe van ’n klassieke trooskos, soos melkkos, aanmekaar te slaan en by die Dairy Shed aan inwoners van ’n ouetehuis voor te sit. • Lees meer op bl. 36. Vrydag 2 Augustus KOM ONS BRAAI Seisoen 13 VIA (*147) 18:00 episode 8 (realiteit) In Pretoria maak Morné en Amorie piesangbrood-braaibroodjies vir hul soet gereg,…

access_time1 minutos
tergende vraag!

Hoekom vul DStv nie kanale soos 196 wanneer Idols nie uitsaai nie? Hulle kan maklik daar nuwe programme vir ons sit. – ANDREW, FACEBOOK Die antwoord is maklik, verduidelik DStv se reklameagent Nadine Moonsamy. “Kanale soos dié word oopgehou vir realiteitsreekse, soos Idols SA (2002-nou), en uitsendings van ander spesiale gebeure wat nou en dan opduik en waarvan die tydsberekening onvoorspelbaar is.” Dit sluit in Oscar Pistorius se moordverhoor in 2014 wat 24/7 gedek is. Hoekom vul die uitsaaier nie tydelik dié kanale met ander kykstof nie? Die antwoord is eenvoudig: Nuwe programme en reekse sal gesoek moet word wat nie op huidige kanale is nie, die uitsaairegte moet bekom word en ook die videobande – dit verg baie werk en daar is ook ander goed agter die skerms om te…

help