EXPLORARBIBLIOTECA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Famosos & Celebridades
TV Plus AfrikaansTV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 9/11/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Maiskeyboard_arrow_down
COMPRAR EDIÇÃO
2 €(IVA Incl.)
ASSINATURA
39,02 €(IVA Incl.)
26 Edições

NESTA EDIÇÃO

access_time1 minutos
van lucia

Dit is lanklaas dat ’n plaaslike seisoen van Survivor mense so op die punt van hul stoel gehou en in die kuberruim laat gal braak het. Hoe Mmaba, Mike en kie. toegelaat het dat die Amigos – Rob, Steffi en Nicole – hulle so aan hul neus laat lei in Survivor: Island of Secrets en hulle boonop soos prooi op uitstemtyd geslag het, sal die hemel alleen weet! ’n Mens wou omtrent uit pure frustrasie voor jou kassie skree wanneer hulle die een na die ander die trekpas kry. In dié uitgawe kyk ons terug na ál die gekonkel en rugstekery (bl. 34). En daar kom nóg Survivor-aksie! Jonk en oud pak mekaar nou in Survivor: Millennials vs. Gen X (bl. 35). Vir dié wat die liefde wil sien seëvier, deel ons…

access_time1 minutos
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Lara Atson, Gerda Engelbrecht, Mariëtte Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur…

access_time3 minutos
die laaste fluitjie

Dwayne Johnson het sy hart, liggaam, siel en bankrekening in sy sport-dramedie Ballers (2015-nou, stroom ál vyf seisoene eksklusief aan Showmax) gestort. En met goeie rede. Dis basies sy verhaal. Daardie wedstrydmontages van ’n jong man wat voetbal speel en soos Dwayne lyk, is die voormalige WWE-stoeier – hy was die verdediger aan die Universiteit van Miami, Florida, met ’n volle studiebeurs. Hy sou beroepspeler in die NFL geword het as dit nie vir sy talle beserings was nie. DIE HOOF-MAN Dwayne se karakter, Spencer Strasmore, se onderneming was al so hoog soos die hemel en so laag soos die seebodem. En dis ook ’n weerspieëling van Dwayne se lewe. “Ek weet wat dit is om baie mense baie geld te skuld en om niks te besit nie. Ek weet ook wat…

access_time3 minutos
rehane abrahams

Rehane Abrahams laat menige kyker vuur spoeg wanneer sy begin konkel as die slinkse superfeeks Wendy Newman in die telenovelle Arendsvlei (2018-nou), wat onlangs vir ’n tweede seisoen hernu is (lees meer op bl. 19). “’n Mens kan sê sy is die mafiabaas van Arendsvlei. Sy regeer die gemeenskap met ’n ysterhand,” sê Rehane, wat in 1991 haar televisiedebuut in die dramareeks Die Allemans gemaak het. Weg van die woelinge in Arendsvlei, pink dié Kaapse aktrise maklik ’n traan weg as daar ’n mooi storie op die kassie is en sy kettingkyk graag reekse. “Ek het nou net die Britse donker komediereeks Flowers (2016-2018) klaar gekyk. Daar was net ses episodes in elk van die twee seisoene. My hart is gebreek,” vertel Rehane. Daar is egter baie ander kykstof wat…

access_time4 minutos
moenie mis nie

Woensdag 11 September THE VIRTUES NUWE SEISOEN! Seisoen 1 ITV Choice (*123) 21:00 Episode 1 (drama) Joseph se afskeidsete met sy negejarige seun is hartverskeurend danksy die akteur Stephen Graham se aangrypende vertolking van ’n liefdevolle pa met donker geheime. Die toneel kort voor hy totsiens sê, het Stephen én sy karakter byna tot trane gedryf, terwyl hy kinders op ’n speelterrein dopgehou het. • Lees meer op bl. 31. Donderdag 12 September SURVIVOR SA: ISLAND OF SECRETS SEISOEN EINDIG! Seisoen 7 M-Net (*101) 19:00 Episode 18 (realiteit) Altesame 21 gestrandes, 39 dae en ons is gereed om die laaste Survivor in dié spesiale twee uur lange episode te ontmoet. Die seisoen was epies, ons kan dus nie wag om te hoor wat almal by die reünie te sê het nie. • Lees meer op bl. 34. Vrydag 13 September KOM…

access_time1 minutos
tergende vraag!

Hoekom kos dit soveel meer om plaaslike programme as internasionale programme te maak? – PETER, E-POS Die hoofrede is dat die plaaslike inhoud steeds die hele produksieproses moet deurloop, terwyl die internasionale inhoud se rolverdeling reeds gedoen is, dit reeds geskryf, verfilm, vervaardig, geredigeer en vir verspreiding verpak is, verduidelik DStv se kanaal-en-bemarkingspan. “Eers moet dit deur die produksiemaatskappy voorgelê en goedgekeur word indien die uitsaaier dit kan finansier. Daarna moet die draaiboek uitgedink en geskryf word, die akteurs vir die rolle (hulle is nie altyd beskikbaar nie) en die plekke vir die opnames gevind word, asook kamera- en produksiespanne gehuur en die verfilmde materiaal geredigeer word.” Dit dra alles by tot die koste. Verder verhoog die prys van feitlik alles deesdae, insluitende elektrisiteit, want die beligting in die ateljee en…

help