EXPLORARBIBLIOTECA
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Famosos & Celebridades
TV Plus AfrikaansTV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 9/25/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Maiskeyboard_arrow_down
COMPRAR EDIÇÃO
2 €(IVA Incl.)
ASSINATURA
39,02 €(IVA Incl.)
26 Edições

NESTA EDIÇÃO

access_time1 minutos
van lucia

Daar is niks soos ’n sappige storielyn met hope kinkels om die TV-slaaf in ons gelukkig te hou nie. En ons plaaslike sepies het geen tekort daaraan nie. Daar is storielyne wat jou roer – dink maar net aan Michelle en Stefan in Suidooster wie se ouerskapdroom weer aan skerwe lê nadat Gloria besluit het sy soek haar kind terug (bl. 16) – die wat letterlik jou mond laat oophang, soos wanneer arme Azwindini in Muvhango deurloop onder ’n psigiater met ’n obsessie wat hom bekruip. Sy steel tot sy onderklere, skep ’n gedenkmuur oor hom, en ontvoer en hou hom gyselaar om haar siek fantasieë uit te leef (bl. 24)! En verbeel jou ’n dokter wat flou raak wanneer hy bloed sien? Dis Doc Martin in die gelyknamige Britse reeks (bl.…

access_time1 minutos
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Lara Atson, Gerda Engelbrecht, Mariëtte Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur…

access_time3 minutos
opgedonste bosch

Hieronymus Bosch is ’n saaklike speurder. Hy word óf “Harry” óf “Bosch” genoem en hy’s nie juis subtiel in sy benadering in die polisiedrama Bosch (2014-nou, ál vyf seisoene tot dusver kan op Showmax gestroom word) nie. Harry is ’n oudsoldaat van die spesiale magte. Dis soos ’n vlootsoldaat en ’n vloot-SEAL tesame, met die “elite”- faktor ’n kerfie hoër. “Harry Bosch is ’n ou wat nooit die maklike uitweg gaan soek nie,” sê Titus Welliver, wat die ruwe hoofkarakter speel. “Wat Bosch so ’n gunsteling by kykers asook so ’n goeie karakter maak, is dat hy sonder vooroordele sy werk doen. As dit ’n polisieman is wat dit [die misdaad] gedoen het, dan is dit so en Harry gee nie om nie. Hy sal sy man kry.” Bosch is egter in…

access_time3 minutos
suzellediy

Die koningin van selfdoen, SuzelleDIY oftewel Julia Anastasopoulos (36), weet hoe om ’n hamer en ’n boor op die gewone manier te gebruik, soos om spykers in ’n muur in te slaan. Maar die TV-ster gebruik kraggereedskap ook vir ongewone take, soos om eiers met ’n boor te klits. Dis deel van die bekoring van haar web-reeks SuzelleDIY, terwyl haar vermoë om vir haarself te lag daartoe bydra dat sy gevra is om die tuisvideo-reeks Most Ridiculous (2017-nou, Maandae om 21:30 op Comedy Central, DStv *122) aan te bied. Maar wat is Suzelle se geheime as dit by die kleinskerm kom? Wat was die eerste TV-reeks wat jy en jou vriende kamma-kamma gespeel het? Die animasiereeks Adventures Of The Gummi Bears (1985-1991). Dit was so oulik en ek is dol oor…

access_time4 minutos
moenie mis nie

Woensdag 25 September PRAIRIE DOG MANOR NUWE REEKS! Seisoen 1 Nat Geo Wild (*182) 18:00 & 18:30 Episodes 1 & 2 (dokkie) In hierdie natuurdokkie word ’n kolonie prêriehonde in ’n telenovellestyl uitgebeeld met vetes en romanse, egbreuk, moord en kannibalisme. Dit het egter ook ’n goeie dosis skattigheid. Maar moet jou nie laat mislei nie, dis ’n ernstige storie al laat die verspottighede jou lekker lag. Donderdag 26 September NOOT VIR NOOT Seisoen 44 SABC2 (*192) 19:00 Episode 7 (realiteit) Die platejoggie DJ Shelly en die nuwe aanbieder Emo Adams daag die deelnemers uit en laat hulle kopkrap met die musiekspeletjies, en oudergewoonte kuier daar in dié episode ’n gaskunstenaar in die ateljee. Dié keer is dit die sangeres Liezel Pieters wat die gehoor verstom met ’n uitmuntende musiekoptrede. Vrydag 27 September KIMORA: HOUSE OF FAB NUWE REEKS! Seisoen 1 SABC3…

access_time1 minutos
tergende vraag!

Ná die fiasko op SABC3 met die Wêreldbekerkrieket, waar geadverteer is die hele toernooi gaan uitgesaai word, maar omtrent niks is uitgesaai nie, gaan SABC2 die Wêreldbekerrugby uitsaai? – JONWIN, FACEBOOK Dis beslis “nee”, verduidelik SABC2 se reklame-agent Caroline Phalakatshela: “Die eenvoudigste antwoord is ons het nie die regte bekom om enige wedstryd van die 2019-Wêreldbekerrugby uit te saai nie, wat baie teleurstellend is.” SABC2 saai gewoonlik opgeneemde Springboktoetswedstryde uit ’n paar uur nadat dit regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai is. Maar die Wêreldbeker, wat van Vrydag 20 September tot Saterdag 2 November in Japan plaasvind, is anders omdat dit ’n internasionale toernooi is, soos die Wêreldbekersokker en -krieket. Anders as die Wêreldbekersokker word die regte nie tussen die uitsaaiers gedeel nie – die sokker word op SABC1 uitgesaai en op…

help