EXPLORARBIBLIOTECAREVISTAS
CATEGORIAS
EM DESTAQUE
EXPLORARBIBLIOTECA
 / Famosos & Celebridades
TV Plus AfrikaansTV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 11/6/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

País:
South Africa
Língua:
Afrikaans
Editora:
Media 24 Ltd
Ler Mais
COMPRAR EDIÇÃO
2,05 €(IVA Incl.)
ASSINATURA
39,91 €(IVA Incl.)
26 Edições

NESTA EDIÇÃO

1 minutos
van lucia

Vandag onthou ek ek wou eintlik ’n dokter gewees het. Enige mediese drama of storie fassineer my dus steeds eindeloos. Maar die nuwe reeks The Act is selfs meer as ’n reeks met effense mediese wortels: Dis ’n indiepte kykie na ’n tragiese misdaad wat gepleeg is omdat ’n dogter nie haar ma se manipulering langer kon verduur nie. Die reeks het my geboei. En soms het ek simpatie met die dogter gehad, en soms het ek gedink sý is eintlik die groot manipuleerder. Kyk dit gerus, al is dit ontstellend en het dit ’n sterk seksuele ondertoon – dis geregverdig in dié geval. Maar daar is ook ander lekker, en nuwe, kykstof in dié uitgawe. Huis Lelieveld en Tydelik Terminaal het my aandag getrek. En lyk Anna-Mart nie nog net…

1 minutos
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Gerda Engelbrecht, Mariëtte Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur…

3 minutos
mislukte sending

Die TV-netwerk HBO se satiriese drama Succession (2018-nou, stroom seisoen 1 en 2 op Showmax) is ’n moeilike, diepgaande kykie na die disfunksionele Roy-gesin, verduidelik Brian Cox, die Skotse akteur wat die sieklike sakemagnaat Logan Roy speel. Hy’s uiters gemeen. Logan het baie opsigtelike en kwellende foute gemaak wat hom miljoene gekos het. Maar hy het elke keer weer sy pad teruggeveg. Hy laat nie eens toe dat ’n beroerteaanval hom doodmaak nie. Maar omdat Logan ’n baie ryk en magtige mediareus is met werknemers wat vir hul inkomste van hom afhanklik is, moet die vraag wie sy plek by Waystar Royco moet inneem, beantwoord word. En dis nie ’n maklike antwoord nie, want hoewel Logan lief is vir sy kinders, voldoen hulle net nie aan sy standaarde nie, waaraan…

3 minutos
craig adriaanse

Elke week steel Craig Adriaanse kykers se hart as die oulike hoofseun Wesley Rossouw van die Hoërskool Arendsvlei met sy breë glimlag, opregtheid en mooi geaardheid. Aanvanklik het die 24-jarige krulkop van Macassar by Someset-Wes ’n oudisie vir die rol van Anton (wat Dean Richard Olivier nou speel) in Arendsvlei gedoen, maar is as Wesley gekies. “Om stories van ons mense op so ’n eerlike manier te vertel het my diep ontroer, en ek dink daar is ’n bietjie Wesley in my. Ek dink ons albei het nog ’n bietjie kind in ons.” Buiten toneelspeel is hy ook versot daarop om in die gim te sweet. “Dit hou my kop skoon,” is sy rede. Hy was hoeka in die gim toe sy agent bel om te sê hy het die…

3 minutos
moenie mis nie jou daaglikse keuse van wat jy nie moet misloop nie

Woensdag 6 November SPYSKAART NUWE SEISOEN! Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:00 Episode 1 (leefstyl) Die sjefs Lindé Watson en Yolani Abrahams is terug met heerlike kookdemonstrasies en in dié episode fokus hulle op byderwetse bestanddele. • Lees meer op bl. 32. Vrydag 8 November BAARD, BORD EN KOS NUWE SEISOEN! Seisoen 2 VIA (*147) 17:30 Episode 1 (leefstyl) Die Baard-entoesias Meyer le Roux en sjef John Hall maak weer kos in die boendoes en in dié episode stoei John om ’n taai soetribbetjie gaar te maak. • Lees meer op bl. 47. Donderdag 7 November THE NEXT BRAND AMBASSADOR SEISOEN EINDIG! Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Episode 13 (realiteit) Die laaste vyf deelnemers vind uit wat die beoordelaars van hul werk dink by die Live Better Talks-geleentheid voor die top-12 byeenkom. Hulle kyk na die hoogtepunte en drie wenners word aangekondig. Saterdag 9 November TAKE ME OUT NUWE SEISOEN! Seisoen…

1 minutos
tergende vraag!

Wat het met Showtime At The Apollo gebeur? Dit was een Sondag op e.tv, en toe verdwyn dit sonder waarskuwing. Nie net e.tv doen dit nie. – RENIQUE, FACEBOOK Dis ’n algemene probleem met die loodsepisode van ’n nuwe reeks of terugkerende seisoene van programme soos America’s Got Talent (2006-nou) en Survivor (2000-nou). “Ons verwag ’n eerste episode van 50 minute nadat dit gesny is en met advertensies,” verduidelik die kanaal se publisiteitsagente, “maar opnames van 90 of 120 minute kom hier aan. Dít skep ’n groter probleem, want die span wat oor hul insluiting vir uitsending moet besin, moet vinnig besluit.” Sommige reekse, soos Survivor, het hul redigering so saamgestel, dat die kanaal dit op een aand (as ’n spesiale uitsending) of oor twee weke kan uitsaai. Dit is nie…