‘Ek was skielik visueel wakkerder vir berge, geboue, figure, gesigte, wolke…’ Op 83 stap ’n opgewekte Paul Andrew steeds ’n dag binne soos ’n nuuskierig-ontdekkende kind. Altyd gretig om dít wat hy waarneem en ervaar met ander te deel – of dit nou sy weergawe van die kurwes van ’n vrou se lyf of die spel van lig en skaduwee op die kontoere van ’n landskap is.
Hierdie oudargitek se verhaal is tekenend van hoe dinge wat ’n lewe skeeftrek, soms juis die aansporing kan wees vir mense om uit te breek in nuwe, opwindende rigtings.
“Ek het in 1993 in die Mediparkstadshospitaal 60 geword ná ’n driedubbele hartomleiding,” vertel Paul. In daardie stadium was hy ’n baie gerekende argitek wat hom onder meer met ’n lewenslange hartstog – laekostebehuising…
