1 Dinsdag
SOOS DIE SON
U is die “Son van Geregtigheid”, Here. U kom op oor die donker en skyn U lig, warmte en liefde daar. Straal ook warm in my lewe. Amen.
2 Woensdag
SOOS ’N ROOS
U is die “Roos van Saron”, Here. U woorde, dade, hart is vir my mooi! U gee Uself vir ons, “like a rose, trampled to the ground”. Amen.
3 Donderdag
SOOS ’N STER
U is die “Blink Môrester”, Here, wat duidelik die rigting wys waarin ek moet gaan, wat my ware doel is. My doel is U. Amen.
4 Vrydag
ALTYD WAAR EN EG
U is die “Getroue Getuie”, Here. Wat U sê, is die waarheid. Wat U van my verwag, is my opdrag, want U weet die beste. Amen.
5 Saterdag…