Pienk in al sy skakerings is sekerlik die vroulikste kleur op aarde. Deur dié sagte kleur reg te gebruik kan jy jou gesig behoorlik laat straal. Pienk is ook ’n uiters maklike kleur om te dra, dit verleen ’n gesonde blos aan die gesig, en daar is talle skakerings om van te kies. Maar die geheim lê in die regte kleurkeuse en aanwending. Dra pienk op jou wange, lippe, vingers en tone en selfs op jou oë.
Kies altyd ’n kleurtint wat by jou velkleur pas. Vermy pienk as jou vel ’n rooierige ondertoon het. As jy goed lyk in warm, aardse kleure, behoort jy ’n pienk met ’n bruin ondertoon te dra. Pruim- en perspienk lyk mooi by ’n olyfkleurige gelaat. As jy mooi lyk in koel kleure soos…
