EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose

February 2020

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Read More
SPECIAL: Get 40% OFF with code: LOVE40 - Web purchases only
SUBSCRIBE
$19.76
12 Issues

In this issue

2 min.
liefde met gevoel

KAN DIT SOWAAR al Februarie, die liefdesmaand wees? Dis moeilik om te glo, maar die kaartjies en blomme en linte en winkelversierings dring hulle al aan ons op. Dit terwyl die koerantopskrifte en twiets om ons die nuus bly uitblaker dat “liefde” vir die ongelukkiges gevaarlik kan wees, dat dit kan seermaak, selfs die dood kan meebring. Hoe op aarde moet ’n mens dan nou weet wat ware liefde is, hoe herken jy dit, wonder mense nou al eeue lank. “Ware liefde”, mymer die Franse filosoof Alain Badiou as hy nadink oor hoe ons verlief raak en bly liefhê, “is ’n liefde wat uiteindelik triomfeer, soms deur pyn, oor die hindernisse wat tyd, afstand en die wêreld daarteen oprig.” Maar wat presies is die adrenalien wat daardie triomf voortdryf, veral aangesien die…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Diego dalla Palma Body Bioenergy-geskenkpak van R4 460. Internasionaal is Diego dalla Palma Professional sinoniem met velsorgprofessionaliteit. Slegs die beste kosmetiese bestanddele word gekombineer met natuurlike plantekstrakte om die beste resultate vir elke individu se veltipe te verseker. Diego dalla Palma Professional hou by eko-vriendelike, gesertifiseerde produksieprosesse, en verminder waterverbruik waar moontlik. AI, HOE DOM Ek koop nooit die rooi rose nie. Maar my oog val op die tydskrif terwyl ek in ’n ellelange ry wag om kruideniersware te betaal. Uit verve-ling en op die ingewing van die oomblik sit ek ’n rooi rose in die trollie. By die huis gekom, gaan ek aan met my daaglikse dingetjies en vergeet van die tydskrif. Toe my werkies klaar is, besluit om deur die tydskrif te…

1 min.
wenbrief

OOR DINGE WAT PLA My hart bloei vir myself. Ek het vandag my laaste kuiken gehelp met die aanry van haar goedjies na haar eerste “eie” woonplekkie. Statistieke van die rampspoedige eindes van tweede huwelike het my laat besluit om eerder te fokus op die wel en wee van my twee kinders. Ek wou hul lewenspad so bultloos en slaggatloos moontlik voor hulle neerlê. My plan het gewerk. Albei is gelukkig, geliefd, selfstandig en selfonderhoudend. Maar my huis is leeg. Hier is nie eens ’n veer oor om te vertroetel nie. My skouers hang, maar ek weet my leë nes is nie al waaroor my klaagliedere gaan nie. Dit is die saamstel van my nuwe lewe wat soos ’n berg voor my lê. Ek wil ’n matertjie hê. Een om dae…

4 min.
nommerpas liefde

EK IS NIE danig spyt oor die dekade wat ons pas agtergelaat het nie. Dit was maar net nogmaals ’n onseker tydperk van geweld en verdrukking en natuurrampe en al die aanslae wat die ou lewe in ’n mens se rigting gooi. Maar daar was iets anders – iets esteties – aan die “twintigtiene” wat my gepla het: behalwe die jaar 2010, was nie een van die daaropvolgende jare ’n “mooi nommer” nie. Maar met die nuwe dekade is daar sommer ’n hele streep van hulle. Gaan kyk maar. Die hippie in my wonder onwillekeurig of die “twintig-twintigs”, soos hulle seker bekend sal staan, nie sommer dalk uit die staanspoor vir ons geluk gaan bring met die mooi nommer 2020 nie – ’n nommer in perfekte balans, byna soos ’n jin-jangsimbool. Dis te…

2 min.
sluit aan en wen!

Trisa Hugo (63), gastehuiseienaar. Op sestig-plus raak dit ironies genoeg weer ’n uitdaging om jouself met jou nuwe skete, kwale en kreukelvel lief te hê en te aanvaar, knap nadat jy deur die jare so mooi geleer het om dit te doen. Nuwe uitdagings help – ek het met paalfiksheid begin waar jy noodwendig min klere moet dra omdat jy velkontak met die paal moet hê. Die innerlike prosesse om ’n mens positief te hou, selfliefde en aanvaarding, lei noodwendig na verdieping in spirituele groei ook sodat jy ook sagter kan kyk na almal om jou. Riana Viljoen (51), finansiële bestuurder. Sienings van selfliefde verskil. Party meet selfliefde aan “ek gun myself aftyd, salontyd, rustyd, bederfies”, ens. Ander sien dit weer as “ek laat niemand toe om my te misbruik nie”.…

1 min.
rooi rose

REDAKTEUR Martie Pansegrouw ADJUNK-REDAKTEUR Hannelie Diedericks ONTWERP & UITLEG Linda Ehlers Christelle Lategan TEKSREDAKTEUR Hugonette Theron PRODUKSIE EN FOTOREDAKTEUR Melissa-Jade Myburgh melissajm@caxton.co.za VERHAALREDAKTEUR Corlia Fourie corlia@caxton.co.za SENIOR SPESIALISJOERNALIS Mariette Snyman mariettes@caxton.co.za BOEKE EN VERMAAK Sonnette Lombaard slombaard@caxton.co.za DIGITALE REDAKTEUR Catherine Schenck catherines@caxton.co.za KOMPETISIES EN DIGITALE ASSISTENT Zoë Salzwedel zoes@caxton.co.za KANTOORBESTUURDER Zerilda Nel rooirose@caxton.co.za SKOONHEIDSREDAKTEUR Suzanne Kotzé suzannek@ctp-mail.co.za ASSISTENT-SKOONHEIDSREDAKTEUR EN STILIS Justine Kroes MODEREDAKTEUR Susra Matthee susram@ctp-mail.co.za ASSISTENT Bea Lingenfelder KOSREDAKTEUR Vickie de Beer vickie@hardrain.co.za LEEFSTYLREDAKTEUR Cornél Dunn cornel@ctp-mail.co.za GESONDHEIDSREDAKTEUR Salomé Delport salomed@ctp-mail.co.za MEDEWERKERS Margaret Gardiner, Bettie Kemp, Justine Kroes, Martjie Roos, Ilse Salzwedel, Anet Schoeman, Martie Swanepoel, Valiant Swart, Lizma van Zyl INTEKENARE (ALLE NAVRAE) HOOFBESTUURDER: Anton Botes HOOF: KLEINHANDELBEMARKING EN INNOVASIE: Dejané Poil FINANSIËLE BESTUURDER: Rohan French BEMARKINGSBESTUURDER: Reinhard Lötz reinhardl@caxton.co.za PRODUKSIEBESTUURDER: Sada Reddhi NASIONALE HANDELSBESTUURDER: Ronell Buitenbos, 087 285 7878 HANDELSBESTUURDER KZN EN KAAP: Eugène Marais ADVERTENSIES: Johannesburg 010 492 8356 Durban 031 716 4444 Kaapstad 021 001 2401…