EXPLOREMY LIBRARY
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose January 2020

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Frequency:
Interrupted
Read More

in this issue

2 min.
y2k twee dekades later

HIERDIE NUWE UITGAWE laat my met nostalgie en ietwat geamuseerd terugdink aan ’n baie opwindende jaar, die jaar 2000, die eerste jaar van die nuwe millennium. Soveel was toe onbekend, selfs vreesaanjaend, ons was so bekommerd dat ons rekenaars gaan vasslaan en dat ons al ons data sou verloor. Dat banke en winkels se stelsels gaan ophou funksioneer, en dat ons ineens sou moes leef sonder water en elektrisiteit en winkelkos, sou die ergste gebeur. Wêreldwyd was daar onsekerheid en redenasies vorentoe en agtertoe. Die optimiste het geglo ons sal die nodige aanpassings betyds kon maak en die pessimiste het begin kos en water opgaar vir ingeval. En boonop was dit duidelik, die mens het in die eerste plek die probleem veroorsaak. Dit was ’n monster wat ons geskep het deur…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Bellabaci International-geskenkpak van R4 000. Bellabaci International bied natuurlike, handgemaakte en holistiese welwees-produkte - een van hul gewildste produkte is steeds die silikoonmasseringskoppies wat wêreldwyd deur luukse-spa’s gebruik word. Dié lieflike masseringskoppies is deesdae ook beskikbaar vir tuisgebruik. Alle Bellabaci Internationalprodukte is aanlyn beskikbaar by bellabaci.com of by uitgesoekte spa’s en salonne landswyd. GENADEPAD Wanneer kanker by jou gediagnoseer word, verander jou lewe vir altyd. Almal het ’n vrees vir kanker, want dit kan jou doodmaak, die behandeling is sleg en die kankerpad is lank en vol hobbels. Maar daar is ook ’n ander sy van kanker: ’n genadepad. Jy ontmoet soveel mense wat in dieselfde bootjie is, en uiteindelik word julle vriende, en dié vriendskappe hou vir altyd, juis omdat dit in ’n…

1 min.
wenbrief

EMANSIPASIE Onlangs trek ek in ’n nuwe huis in. Wonderlik! Die ontwikkelaar het hom gebou. Mure, dak, teëls, kaste, die lot. Maar my gelos met die nodigheid vir vele gate wat geboor moet word. Gordynrelings, rakke en kassies moet op. Gate moet geboor word vir die skilderye, prentjies en foto’s, want die pleister val sommer in stukke uit as jy met ’n hamer en spyker naby die mure kom. Vinnig skraap ek ’n nutsman nader. En toe vaar die nutsman in my mure in. En doen álles wat my pa my geleer het jy nié doen nie. Ná ’n spul gate betaal ek hom en maak die deur finaal agter hom toe. Nutsman #2 en Nutsman #3 het ook gekom en gegaan ... En toe besluit ek: Tot hiertoe! By die ysterwarewinkel het…

4 min.
swart op wit dokter & demoon

SOWAT TWINTIG JAAR gelede het ek een oggend wakker geskrik met ’n vreeslike rugpyn. Ek kon skaars uit die bed klim. Ek het gedink dat ek seker maar in ’n stadium in die nag skeef gelê het en dalk ’n spiertjie verrek het, en dat dit deur die loop van die dag sou regkom. Twee dae later was ek steeds in pyn. Geen salf of room of selfs Lanelle se beste masseringspogings kon enige verligting bring nie. Ons is nou nie juis mense wat vir die geringste skrapie dokter toe jaag nie, maar ons het besluit my mankemente benodig professionele aandag. Ons het ’n afspraak gemaak by ’n goeie chiropraktisyn – of “ruk-en-pluk-dokter”, soos sulke beroepslui in die omgangstaal bekend staan. Wat volg is ’n marteling so reg uit die bose. Ek doen…

2 min.
lesers-forum sluit aan en wen!

Anthea van Heerden (61), boetiekeienares Ons Wêreldbeker-oorwinning was ’n groot ligpunt in ’n jaar wat vol drama en uitdagings was. Linda Rautenbach (48), logistieke kontroleerder Ek het van kleins af heelwat doelwitte vir myself gehad, maar uiteindelik het ek in 2019 die nuus gekry dat my boek gepubliseer gaan word. Dit was vir my ’n baie groot hoogtepunt! Chrisna Matthews (41), entrepreneur Ek het van bagasie ontslae geraak. Daar was soveel dinge wat my “vasgehou” het en verhinder het om voluit te lewe. Dit het lank geneem, maar ek het myself losgemaak van dit wat my teruggehou het in die lewe. In 2019 het ek geleer om dankbaar te wees vir iets wat geld nie kan koop nie: kosbare verhoudings met al my geliefdes. Die mense wat vra: “Hoe gaan dit?” en regtig wil weet. Linda Ehlers,…

2 min.
het jy gehoor?

RRRADIO SEISOEN 2 Het jy al die wonderlike wêreld van podsendings ontdek? Met rrRADIO bied rooi rose jou gratis, opwindende podsendingsreekse wat spesiaal vir jflú, die Afrikaanse vrou, gemaak is. Kom luister saam na seisoen 2 se vier lekkerluisterreekse. Onthou, die vorige reekse en episodes, ook die vervolgverhaal Botox, Barbies & Bietse, is steeds, enige tyd, beskikbaar om na te luister! HOE OM TE LUISTER Al die rrRADIO-podsendings kan direk vanaf rooirose.co.za gespeel word. Klik net op die rrRADIO skakel boaan die rooirose.co.za tuisblad. Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts. As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy die stappe volg by rooirose.co.za/hoe-om-podsendings-af-te-laai/ DANS MET DIE ROOI ROK In Frankryk besef Amelie sy sal haar hormone in toom moet hou…