EXPLOREMY LIBRARY
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose March 2020

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Caxton Magazines
Frequency:
Back issues only
Read More

in this issue

2 min.
sorge & ander seëninge

DIE DING VAN BEKOMMERNIS is dat hy mos ’n vae onrus in jou siel ontketen. Hy lê in jou agterkop en sy donker skaduwee val oor alles, selfs die elkedagse vreugdes en die heerlike klein verkneukelinge wat gewoonlik jou dag ophelder. Dis soos om met ’n donkerbril na die lewe te kyk. Jy vergeet soms van die bril op jou neus, maar die ding waaroor jy jou bekommer, kleur jou hele ervaring van die wêreld donkerder in. Van die oudste filosowe se geskrifte is vol verwysings na besorgdheid oor die menslike toestand en die ondergang en agteruitgang van die wêreld, veral die jeug van die dag. Dit lyk dus asof om sorge te maak oor die toekoms tekenend is van die mens, “ek kwel my, daarom is ek”! Deesdae is dit…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Celltone- geskenkpak ter waarde van R2 500. Celltone is ’n unieke topklas-velsorgreeks gemaak van slakjellie-ekstrak. Dié reeks innoverende produkte bied jou die geleentheid om op jou beste te lyk met ’n vel wat stralend lyk en voel. Celltone is welbekend in die Suid-Afrikaanse velsorgmark, en die reeks is uitgebrei en sluit nou ’n topgehalte-weefselolie en ’n volledige 6-stap-velsorgreeks in. Vir meer inligting besoek celltone.co.za ALTYD ’N UITWEG Dis droogte in die Boesmanland. My eerste een. As ’n betreklike nuwe boervrou wat eintlik ’n skoonheidsterapeut is, bars dit maar sommige dae. Die wind waai en die veld is dood. Ons kry bederfbokse van vroue in ander gemeentes. My vriendin gee vir my ’n November- rooi rose , want sy het twee eksemplare in haar bederfboks gekry. Ek verslind die…

1 min.
wenbrief

DIE DOOPDAG Ek voel geëerd toe my dogter my vra om hul nuwe kleinding in die kerk in te bring vir die doopplegtigheid. Ek koop vir my ’n pragtige wynrooi chiffonbloes, ryklik versier met bypassende stringetjies kraletjies. ’n Yslike oordeelsfout. Sondagoggend is Carla effens koorsig en huilerig. Seker ook maar onbewustelik senuagtig oor die groot dag, dink ek. Ek en oupa moet die kosbare skat kerk toe vervoer, want die ouers moet reeds vroeër daar wees. Net voor ons ry, bring Carla haar hele bottel melk op. Paniekerig trek ek die lang, spierwit dooprokkie uit en dompel dit in water. Maar ons moet ry en die halfnaak dopeling word ingelaai. Oupa bestuur en ek druk die nat rokkie by die venster uit en laat dit in die wind wapper. By ’n rooi lig…

2 min.
sluit aan en wen!

Kathleen de Villiers (50), verpleegkundige My badkamer moes oorgedoen word. Ek het my bad met die hulp van my seun uitgehaal en nou lyk dit sleg! Volgende stap is kwotasies en dan gaan ek dit voor einde Junie gedoen kry. Annelene Crafford (60), afgetree Ek weet ek moet ’n paar kilogramme afskud en beter na my gesondheid omsien. Oefening en reg eet, is dus weer eens op my lysie. Dis vir my moeilik om te oefen, maar ek weet dis al uitweg. Ek beplan om weer baie te stap, en myself geestelik daarop voor te berei dat my gesondheid eerste prioriteit moet kry. Adri Pistorius (45), kommersiële onderskrywer Ai, nou word ’n mens hiermee gekonfronteer. Dit is iets waarvoor jy nie pille kry nie: Om fiks te word en aan pretdrawwe/- stappe deel te neem.…

2 min.
rr radio het jy gehoor?

RRRADIO SEISOEN 3 Die maand sien twee nuwe reekse die lig op rrRADIO en drie van die vorige gunstelingreekse word verleng. In ons nuwe vervolgverhaal, Lam in Wolfsklere, geskryf deur Bernette Bergenthuin, en voorgelees deur Elma Postma, hoor ons van die doen en late van Amie Kühn, ’n belowende jong prokureur wie se byna perfekte lewe ná ’n liefdesteleurstelling in ’n oogwink verander. Ons diere en hul giere is ons nuwe troeteldierreeks wat elke troeteldierliefhebber nie sal wil misloop nie. Al die vorige reekse, Botoks, Barbies & Bietse, Dans met die Rooi Rok en Tussen Ons seisoen 1 en 2 is steeds beskikbaar indien jy dit misgeloop het. LAM IN WOLFSKLERE In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma (links) ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek…

4 min.
smaaklike reis!

EK EN LANELLE het die afgelope Desembervakansie vir die eerste keer in baie jare ’n “netons-tweetjies” road trip meegemaak, drie weke lank. Ons enigste verpligtinge was ’n hand vol optredes waarvoor ek bespreek was. Ons kon aansuiker teen ’n luilekkerpas, sonder enigiets wat ons jaag. Ons het soms op die ingewing van die oomblik ingedraai by klein dorpies, en ander kere sommer met ou agterpaaie gery, geheel en al ontdaan van ’n vaste skedule, buiten die genoemde konserte. Soos altyd, het ’n koelboks met eet- en drinkgoed op die bakkie se agtersitplek gestaan. Met enkele uitsonderings was die inhoud merendeels afkomstig uit plekkies wat enige deurwinterde langpadmotoris baie goed ken: die plaasstalletjies wat telkens langs die langpad opduik. Die “plaasstal” of “padstal” is so deel van die Suid-Afrikaanse landskap soos tolhekke, spoedlokvalle, windpompe…