VAN DIE REDAKTEUR
Selfs hier waar ek in my tuiskantoor sit en werk aan mooi, kreatiewe tydskrifte, kan ek nie miskyk hoe die wêreld om my verander nie. Wie kan? Terwyl Covid-19 soveel mense van hul geliefdes, hul werk en hul besighede beroof het, lyk dit asof dié wat reeds werkloos en haweloos was voordat nuwe teenspoed getref het, deesdae net soveel meer sigbaar is. Die enigste goeie ding is dat dit ons dwing om te sien wat om ons aangaan. Nader aan die huis kom ons dit ook agter aan ons verkope soos wat lesers op ander noodsaaklikhede moet fokus of elke sent spaar uit vrees vir waar die brandstofprys gaan draai en die impak daarvan op lewenskoste. Om dus oor Kerstyd te kon sien hoe die buurt ’n mooi lang tafel dek langs ’n…